• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kerriesult

Started by Assie, September 15, 2021, 06:25:26 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Assie

Ouma Poppie maak KERRIESULT

3kg beesskenkels (jy kan ook 'n mengsel van vark-pootjies of Eisbeins en skaap-skenkels! Gebruik)
15ml swartpeper en sout gemeng
3 middelslag uie in ringe gesny
30ml sonneblomolie
30ml kerriepoeier
15ml borrie
375ml bruinasyn
30ml appelkooskonfyt of perskeblatjang
2ml gemaalde koljander

Bedek die vleis met koue water, geur met sout en peper en prut tot baie sag. Verhit die olie en soteer die uie, kerriepoeier en borrie daarin. Voeg die res van die bestanddele by die kerriemengsel, verhit stadig tot kookpunt en laat afkoel. Ontbeen die vleis en sny dit in klein stukkies op. Voeg die kerriemengsel by die vleis en prut dit 'n uur lank. Giet dit in 'n nat bak en laat afkoel.
Bedek die bak met kleefplastiek en plaas die sult in die yskas om te stol.
Hou in yskas vir tot 2 weke.

:mumum:

Meraai vannie Baai

#1
 :icon_bigsmurf: Gou seker maak by Ouma Poppie, is kerriesult ook 'bron' in die volksmond Assie?

Assie

#2
Dis hoeka hy daai.
Oom Naas het vir my al Ouma Poppie se resepte in haar eie handskrif gestuur.
Ek is besig om die oor te tik. Gaan dit ook afneem sodat die nageslag dit verder kan bewaar. Ongelukkig bak en brou mense nie meer so gereeld nie want alles is mos klaargemaak volgens hedendaagse metodes en die oorspronklike proe is nog net hersinskimme op die tong.
Die sweet van jou aangesig is mos een spesery wat besig is om geheel en al te verdwyn.

:mumum:

Meraai vannie Baai

#3
Outop gaan dink ons is terug op die delwerye en hou krismis tussen die kleimsgate met 'n boersemandjie vol bederwe as ek die ene probeer Assie! Sal ek wat gee om deur ouma Poppie se resepte te kon dwaal.

PM

Dit sal wonderlik wees.  Ons kan 'n "topic' begin met Ouma Poppie se resepte. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Assie, jy mag maar die resepte hier plaas soos jy die klaarmaak.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

 :hello2:   So sal ons my ouma Naas se nagedagtenis hoog hou.  As jy wil foto's aanstuur sal ek help tik en plaas. 
Sal jy self die onderwerp begin of moet ek help. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Miskien daar by koeke en gebak 'n bord begin met "Ouma Poppie se resepte"

:mumum:

Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

#8
Ek het probeer, maar weereens het die arme grysstof in die slag gebly.  Ek wou vir jou 'n e-pos stuur maar het nie eers meer jou adres nie, stuur tog 'n briefie.
Kom ons kyk of dit werk, of laat weet vir my waar moet ek wat verander.   :color:
Jy en Raaitjie is nog steeds global modurators.  Julle het volle toegang. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

My plek geboek in die voorste gestoelte vir Ouma Poppie se eie reseptehoekie  :headbang: :notworthy: :love7: :hello2:

PM

Ek het die onderwerp  Resepte van ouds  geskep met die onderwerp  Ouma Poppie se resepte.  Dink julle dit is goed genoeg?

Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Om te weet is om te verstaan.

Naas

Hier moet julle nou bietjie geduld aan die dag lê. Ek is aan de trekke en erg besig om nog laaste paar houtwerkstukke klaar te maak anders moet dit saam trek. Hopelik gaan ek by nuwe plekkie meer tyd hê vir resepte. Ek wil darem ook van die resepte beproef voor ek en Assie dit plaas.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Naas, enigiets sodra ek nie nodig het om te help trek nie.  Ons wag geduldig hoor!
Om te weet is om te verstaan.