Author Topic: Kerriesult  (Read 5697 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Kerriesult
« on: September 15, 2021, 05:25:26 AM »
Ouma Poppie maak KERRIESULT

3kg beesskenkels (jy kan ook 'n mengsel van vark-pootjies of Eisbeins en skaap-skenkels! Gebruik)
15ml swartpeper en sout gemeng
3 middelslag uie in ringe gesny
30ml sonneblomolie
30ml kerriepoeier
15ml borrie
375ml bruinasyn
30ml appelkooskonfyt of perskeblatjang
2ml gemaalde koljander

Bedek die vleis met koue water, geur met sout en peper en prut tot baie sag. Verhit die olie en soteer die uie, kerriepoeier en borrie daarin. Voeg die res van die bestanddele by die kerriemengsel, verhit stadig tot kookpunt en laat afkoel. Ontbeen die vleis en sny dit in klein stukkies op. Voeg die kerriemengsel by die vleis en prut dit 'n uur lank. Giet dit in 'n nat bak en laat afkoel.
Bedek die bak met kleefplastiek en plaas die sult in die yskas om te stol.
Hou in yskas vir tot 2 weke.

 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kerriesult
« Reply #1 on: September 15, 2021, 05:32:18 AM »
 :icon_bigsmurf: Gou seker maak by Ouma Poppie, is kerriesult ook 'bron' in die volksmond Assie?
« Last Edit: September 15, 2021, 06:13:42 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Kerriesult
« Reply #2 on: September 15, 2021, 05:46:14 AM »
Dis hoeka hy daai.
Oom Naas het vir my al Ouma Poppie se resepte in haar eie handskrif gestuur.
Ek is besig om die oor te tik. Gaan dit ook afneem sodat die nageslag dit verder kan bewaar. Ongelukkig bak en brou mense nie meer so gereeld nie want alles is mos klaargemaak volgens hedendaagse metodes en die oorspronklike proe is nog net hersinskimme op die tong.
Die sweet van jou aangesig is mos een spesery wat besig is om geheel en al te verdwyn.

 :mumum:
« Last Edit: September 15, 2021, 05:55:13 AM by Assie »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kerriesult
« Reply #3 on: September 15, 2021, 06:14:55 AM »
Outop gaan dink ons is terug op die delwerye en hou krismis tussen die kleimsgate met 'n boersemandjie vol bederwe as ek die ene probeer Assie! Sal ek wat gee om deur ouma Poppie se resepte te kon dwaal.
« Last Edit: September 15, 2021, 11:06:56 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kerriesult
« Reply #4 on: September 15, 2021, 11:57:25 AM »
Dit sal wonderlik wees.  Ons kan 'n "topic' begin met Ouma Poppie se resepte. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kerriesult
« Reply #5 on: September 15, 2021, 08:58:14 PM »
Assie, jy mag maar die resepte hier plaas soos jy die klaarmaak.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kerriesult
« Reply #6 on: September 16, 2021, 05:01:34 PM »
 :hello2:   So sal ons my ouma Naas se nagedagtenis hoog hou.  As jy wil foto's aanstuur sal ek help tik en plaas. 
Sal jy self die onderwerp begin of moet ek help. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kerriesult
« Reply #7 on: September 16, 2021, 06:48:42 PM »
Miskien daar by koeke en gebak 'n bord begin met "Ouma Poppie se resepte"

 :mumum:

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kerriesult
« Reply #8 on: September 16, 2021, 10:58:22 PM »
Ek het probeer, maar weereens het die arme grysstof in die slag gebly.  Ek wou vir jou 'n e-pos stuur maar het nie eers meer jou adres nie, stuur tog 'n briefie.
Kom ons kyk of dit werk, of laat weet vir my waar moet ek wat verander.   :color:
Jy en Raaitjie is nog steeds global modurators.  Julle het volle toegang. 
« Last Edit: September 16, 2021, 11:00:54 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kerriesult
« Reply #9 on: September 16, 2021, 11:04:14 PM »
My plek geboek in die voorste gestoelte vir Ouma Poppie se eie reseptehoekie  :headbang: :notworthy: :love7: :hello2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kerriesult
« Reply #10 on: September 16, 2021, 11:07:04 PM »
Ek het die onderwerp  Resepte van ouds  geskep met die onderwerp  Ouma Poppie se resepte.  Dink julle dit is goed genoeg?

Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kerriesult
« Reply #11 on: September 17, 2021, 03:34:05 AM »
Is reg so. Dankie.

 :mumum:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kerriesult
« Reply #12 on: September 17, 2021, 04:27:58 AM »
Laat waai.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kerriesult
« Reply #13 on: November 12, 2021, 03:59:27 PM »
Hier moet julle nou bietjie geduld aan die dag lê. Ek is aan de trekke en erg besig om nog laaste paar houtwerkstukke klaar te maak anders moet dit saam trek. Hopelik gaan ek by nuwe plekkie meer tyd hê vir resepte. Ek wil darem ook van die resepte beproef voor ek en Assie dit plaas.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kerriesult
« Reply #14 on: November 12, 2021, 04:05:34 PM »
Naas, enigiets sodra ek nie nodig het om te help trek nie.  Ons wag geduldig hoor!
Om te weet is om te verstaan.