Bak en brou > Wenresepte

Kerriesult

(1/4) > >>

Assie:
Ouma Poppie maak KERRIESULT

3kg beesskenkels (jy kan ook 'n mengsel van vark-pootjies of Eisbeins en skaap-skenkels! Gebruik)
15ml swartpeper en sout gemeng
3 middelslag uie in ringe gesny
30ml sonneblomolie
30ml kerriepoeier
15ml borrie
375ml bruinasyn
30ml appelkooskonfyt of perskeblatjang
2ml gemaalde koljander

Bedek die vleis met koue water, geur met sout en peper en prut tot baie sag. Verhit die olie en soteer die uie, kerriepoeier en borrie daarin. Voeg die res van die bestanddele by die kerriemengsel, verhit stadig tot kookpunt en laat afkoel. Ontbeen die vleis en sny dit in klein stukkies op. Voeg die kerriemengsel by die vleis en prut dit 'n uur lank. Giet dit in 'n nat bak en laat afkoel.
Bedek die bak met kleefplastiek en plaas die sult in die yskas om te stol.
Hou in yskas vir tot 2 weke.

 :mumum:

Meraai vannie Baai:
 :icon_bigsmurf: Gou seker maak by Ouma Poppie, is kerriesult ook 'bron' in die volksmond Assie?

Assie:
Dis hoeka hy daai.
Oom Naas het vir my al Ouma Poppie se resepte in haar eie handskrif gestuur.
Ek is besig om die oor te tik. Gaan dit ook afneem sodat die nageslag dit verder kan bewaar. Ongelukkig bak en brou mense nie meer so gereeld nie want alles is mos klaargemaak volgens hedendaagse metodes en die oorspronklike proe is nog net hersinskimme op die tong.
Die sweet van jou aangesig is mos een spesery wat besig is om geheel en al te verdwyn.

 :mumum:

Meraai vannie Baai:
Outop gaan dink ons is terug op die delwerye en hou krismis tussen die kleimsgate met 'n boersemandjie vol bederwe as ek die ene probeer Assie! Sal ek wat gee om deur ouma Poppie se resepte te kon dwaal.

PM:
Dit sal wonderlik wees.  Ons kan 'n "topic' begin met Ouma Poppie se resepte. 

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version