Author Topic: Die komiese hel van hallusinasies  (Read 2100 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10654
  • Gender: Female
Re: Die komiese hel van hallusinasies
« Reply #75 on: November 11, 2021, 04:03:45 PM »
Party mense het maar 'n ou dun velletjie en ek kan maklik, sonder 'n bedoeling, op iemand se tone trap.   :nono:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Global Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3649
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die komiese hel van hallusinasies
« Reply #76 on: November 11, 2021, 10:47:26 PM »
Hoe ouer ons word hoe dunner word die velletjies. Die are skyn later so koninklike blou deur en die rimpels ... nou't ek vergeet wat ek dit mee wou vergelyk lol. O ja, die rimpels laat jou twyfel of dit jou hande of jou ma sin is. Die wagte voor ons monde/vingers het ook al die wyk geneem en word ons gedagtes ontbloot sonder sensuur op die flitsende skerms  :icon_biggrin:
« Last Edit: November 12, 2021, 03:04:34 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10654
  • Gender: Female
Re: Die komiese hel van hallusinasies
« Reply #77 on: November 12, 2021, 04:32:57 AM »
My hande verbeel hulle lankal dat hulle 'n liefdesverhouding het met my oumagroot.  "Never mind" my ma se hande.  :bootyshake:
Die laaste twee weke  verbeel my voete  hulle dat hulle partytjie ballonne is.  Dit is ongelooflik lastig. 
Hulle hallusineer!
Om te weet is om te verstaan.