Toe ek met die kursus ("Fundamentals of Neuroscience, part 3: The Brain") begin het, was my mikpunt om te soek na waar in die brein onstaan die probleem van hallusinasies wat nie ooreenstem met die meer algemeen bekende vorme nie. Die grootste leidraad was natuurlik die feit dat ek helder wakker is, dit kan beskryf terwyl ek dit sien en 'n nugter denke met normale redenasie vermoë.
Ironies genoeg kruis my pad in hierdie soektog weer met 'n oorbekende afkorting: PH. Maar hierdie keer beteken dit nie Pulmonary Hypertension nie! Ek het van die inligting vry vertaal.
Peduncular Hallucinosis / Pedunkulêre hallusinose (PH). Pedunkulêre hallusinose (PH) is 'n ongewone neurologiese simptoom wat gekenmerk word deur helder, goedgevormde visuele hallusinasies.
Persone wat gediagnoseer is met
Parkinson's disease, narcolepsy-cataplexy syndrome, delirium tremens, Lewy body dementia, and temporal lobe epilepsy is meer geneig tot komplekse visuele hallusinasies soos pedunkulêre hallusinose.
Geskiedenis:Die eerste gedokumenteerde geval van pedunkulêre hallusinose was deur die Franse neuroloog en neuropsigiater Jean Lhermitte, wat 'n 72-jarige vrou se visuele hallusinasies beskryf het. Die hallusinasies het tydens normale bewuste toestand plaasgevind en die pasiënt se neurologiese tekens is geassosieer met dié wat kenmerkend is van 'n letsel op die middelbrein en pons.
Von Bogaert, Lhermitte se kollega, het hierdie tipe hallusinasie "peduncular" genoem met verwysing na die ligging van breinletsels. In 1925 was Von Bogaert die eerste om die patofisiologie van pedunkulêre hallusinose deur middel van 'n lykskouing van 'n pasiënt te beskryf.
AGTERGROND: Pedunkulêre hallusinose (PH) verwys hoofsaaklik na visuele hallusinasies wat voorkom in die omgewing van 'n middelbrein- of thalamiese letsel. In die 90 jaar wat verloop het sedert Lhermitte se aanvanklike beskrywing, is die fenomenologie van hierdie versteuring in meer as honderd gepubliseerde gevalle aangeteken.
Die presiese anatomie van PH bly egter relatief swak nagevors. Nuwe-aanvang hallusinasies in 'n pasiënt met geen vorige psigiatriese geskiedenis wat veral presenteer met kommer vir beroerte, moet dokters aanspoor om pedunkulêre hallusinose as diagnose, sterk te oorweeg.
https://journals.lww.com/continuum/pages/videogallery.aspx?autoPlay=false&videoId=215Die video wys 'n 66-jarige man met skielike aanvang van helder visuele hallusinasies terwyl hy wakker was na bariatriese chirurgie. Behalwe dat hy die hallusinasies beskryf het, was hy helder wakker, oplettend en ten volle georiënteerd sonder enige verwarring.
Hy het beskryf hoe hy byvoorbeeld gesinchroniseerde swemmers in sy hospitaalkamer sien, slange wat tot by die bed kruip, getalle wat van die klok af smelt en rook by die verpleegstasie. DW-MRI het 'n beroerte gedemonstreer, wat ooreenstem met 'n diagnose van pedunkulêre hallusinose.
Visuele hallusinasies word veroorsaak deur verbygaande, verhoogde aktiwiteit in die visuele korteks. In die geval van visuele hallusinasies ontstaan die belangrikste vraag om die letsel in die brein te lokaliseer.
Daar is twee hooftipes visuele hallusinasies, gevorm en ongevorm. Ongevormde hallusinasies bestaan uit vlekke van kleur, geometriese vorms, flikkerende ligte of ander swak gedefinieerde beelde.
Gevormde hallusinasies, aan die ander kant, bestaan uit goed gedefinieerde voorwerpe, mense, diere of enigiets anders.
Dit is maklik om uit te vind watter tipe deur 'n pasiënt ervaar word, bloot uit hul beskrywing. 'n Oksipitale lob-fokus produseer ligte of kleure, terwyl temporale lob-fokus lei tot komplekse gevormde beelde.
Die oorsake van gevormde visuele hallusinasies sluit in:
1) okulêre patologie soos makulêre degenerasie, katarak
2) pedunkulêre oorsprong
3) cholinergies van aard soos gesien in Parkinsonisme/LBD.
Ons pasiënt het kenmerkend 'n pontine letsel gehad saam met visuele hallusinasie, wat die kenmerk van pedunkulêre hallusinose is.Verskille van ander visuele hallusinasiesAnder visuele hallusinasies is geneig om te spruit uit sielkundige versteurings. Terwyl 'n persoon met 'n sielkundige versteuring dink dat hul hallusinasies werklik is, weet mense met pedunkulêre hallusinose gewoonlik dat die visuele hallusinasies wat hulle sien nie werklik is nie.
Pedunkulêre hallusinasies is onafhanklik van aanvalle, anders as sommige ander visuele hallusinasies.
Gevalle studie:Alhoewel slaapversteuring algemeen voorkom in pedunkulêre hallusinose, is dit nie noodsaaklik nie. In ons geval het die pasiënt dag en nag visuele hallusinasies ervaar en geen slaapsiklus-disfunksie getoon nie.
Vaskulêre letsels is aangemeld as die mees algemene oorsaak van pedunkulêre hallusinose, met die talamus, middelbrein en breinstam wat die meeste aangetas is. Soortgelyk aan baie gerapporteerde gevalle het ons pasiënt pedunkulêre hallusinose ontwikkel as gevolg van 'n infarksie.
Die pasiënt se letsel was egter net tot die regter basale ganglia beperk met geen direkte betrokkenheid van die talamus of middelbrein nie.Alhoewel CT 'n leidraad kan gee oor die teenwoordigheid van 'n abnormaliteit in die aangetaste streke, is MRI die modaliteit van keuse om pasiënte met vermoedelike pedunkulêre hallusinose te assesseer.
*So duur die soektog na inligting wat betrekking kan hê op my eie ervaringe met hierdie probleem voort.
BRONNE:
Potcast BMJ talk medicine:
https://jnnp.bmj.com/content/91/5/512https://www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/articles/PMC4171807/https://n.neurology.org/content/80/7_Supplement/S18.004https://en.wikipedia.org/wiki/Peduncular_hallucinosishttps://creativecommons.org/licenses/by/4.0/