• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die komiese hel van hallusinasies

Started by Meraai vannie Baai, September 15, 2021, 06:15:01 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Liefde vir jou ook soos die Kaapse mis 'n mens kan bekruip en omsingel en jou toevou in sy wasigheid.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek kan die nie beter se nie.
(((((Ta Raaitjie)))))

:mumum: :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

#32
Ai julle ons is voorwaar geseend in oortreffende trap. Dankie vir elkeen se liefde en omgee deur so baie jare al. Wens ons kon almal saam om 'n tafel sit, maar ook so innig dankbaar vir die forum waar ons in die gees tussen lyne saam kuier, lag en drukkies kan gee in ons geliefde taal. Ek koester elke woord.


Meraai vannie Baai

#33
Die onderstaande inligting verklaar in 'n mate dalk die verergering wat ek ervaar het die afgelope twee weke na die Pfizer shot.

Hallucination is found among people who get Pfizer BioNTech Covid Vaccine, especially for people who are female, 60+ old, and in the first week of getting the vaccine.  :dontknow:

Hallucination is found among people with Pulmonary hypertension, especially for people who are female, 60+ old.
https://www.ehealthme.com/cs/pulmonary-hypertension/hallucination/

Naas

Dankie toggie vir negatiewe toets sover dit dimensie aangaan. Hopelik is dit dan maar die jab, soos ons dit hier noem, se nasleepsel wat weer sal beter word.
Die 60+ goggas is ongelukkig legio.
Ek het 'n dokter gehad wat gese het lewe na 60 is 'n daaglikse dobbelspel. (Nie my woorde nie of geloof nie)

  :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

#35
Stem saam Naas! Ek nou net gou die hospitaal gekontak om die echocardiogram te bespreek. Dinsdag middag 1 uur ons tyd en dan wag op uitslae. Jittte, so gehoop die gewag is verby, maar smaak my die dobbelspel met ouderdom is so half 'n naarheid wat mens mee moet vrede maak. Nou moet ek begin pak. Outop wil hak en pad vat as hy by die huis kom :icon_biggrin:

Antjie Patat

Dankie tog Raaitjie.
En ons is saam en sit links voor.
Al die pad. As jy om jou kyk, sit ons almal oopmond en wag dat jy klaarmaak, sodat ons jou kan OP kuier.
Ons dink aan jou, en love you lots
xxxx

Meraai vannie Baai

 :love7: Tonne liefde aan almal wat omgee. Julle is kosbaarder as al die goudspikkels in Outop se pannetjie  :love7:

Meraai vannie Baai

#38
Terugvoering: Ten spyte van verhoogde drukking (nou 70mmHg) kon die besoekende dokter geen verband vind  tussen pulmonale hipertensie en die hallusinasies . Die soektog van oorsprong duur dus voort. Goeie nuus - ons cope nog ouens en Outop se ek moet laat weet dat hy en die Doom ook nog by hou :toothy4: - kakiebos se moses.  :icon_bigsmurf:

Daar is ALTYD seeninge, wil graag met PM se gedig afsluit vanaand:

Gister se hartseer kleef aan 'n mens se vel,
jy snuif dit onwillekeurig op, jy duik en skud
maar jy kan dit nie ontwyk nie.

More se bekommernis hang ook stomend in die lug.
Intussen beleef ons ook vreugde en vrede,
al is dit net bietjies bietjies elke dag.
Dit      is die lewe.
© PM

Antjie Patat

N MAGIC gedig.
Bly Outop en die doom is nog by.
Lekker aand julle

PM

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#41
Ek doet voort dankie, al gaan dit soms holderstebolder-onderstebo. Alles is vir my nuut vanuit hierdie oogpunt waarop my heelal se as feitlik oornag begin stol het. Dit is wonderlik om jou gisters te beleef asof dit eers more sou gebeur. Hoe kan ek ooit depressief raak as ek weet hoe lyk 'n spinnekop met duisendpote wat hysbak op en af ry teen jou kamergordyn? In alle erns, die uwe verruil my uitkyk op hierdie 'heelal' vir niks nie, dit het gratis op my lewenspad gekom in die mees kreatiefste vorms ooit. Dalk sal dit nodig raak dat ek, en myself 'n hoekie soek waar ons kan kommunikeer op verstaanbare manier in die toekoms. Sal dit 'n belewenis wees  :icon_biggrin:
Sela.
  :notworthy: :headbang:

PM

Solank dit net nie met vrese gepaard gaan nie, kan ek my voorstel watter ervaring dit moet wees.  Sit liewers op die vensterbank waar jy darem nog die werklike wêreld onder oog kan hou.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#43
Daar was 'n paar scary nagte vir ons PM, maar genadiglik was en is die ander kreatiewe gedoentes tot dusver 'n bron van vermaak. Touch wood. Ek het gister oggend buite gaan staan en skielik vang my oog 'n klip wat ek nie kon onthou dat ek dit opgetel het nie.
(Waar ons ook al gaan, ek moet 'n klip saambring huistoe.)  :icon_bigsmurf:

Eers myself vergaap aan die mooiste mooiste pers spikkels op die klip en toe nader gestap en hom opgetel. In my hand verdwyn die skitterende pers spikkels na lewelose grys. In ongeloof het ek net hardop gesê: "Neeeee neee!" Met brand oge en 'n olifant op my borskas het ek eerder vir myself 'n troos-brekkie gaan maak.

Die vreugde toe die kleure op my vurk in die bord, dieselfde bly was onbeskryfbaar.  Ongelukkig sal 'n kamera nooit dit wat ek sien, kan weergee nie lol. Julle mis regtig egtig uit! Mind you, ek mis dit om gemaklik saam met gaste aan te sit en 'n vurk na jou mond toe te kan bring sonder dat jy onsigbare woefters voer, so ek verkies dit om sover moontlik, eerder alleen te eet omdat onwillekeurige bewing (tremors) in my hande die afgelope 2 weke vererger het in so mate dat ek vir myself giggel.

Hoekom pers so groot rol speel in hierdie hoofstuk van my lewe sal ek seker nooit weet nie. Die horlosie in ons kamer is swart en wit maar kom skemer, verander die wit syfers soms in die mooiste pers. Dink die Liewe Vader weet hoe die ouvrou kan verdrink in kleur en dit is 'n lewensgordel wat na my toe gegooi is in die kleurvolle see van illusie.


PM

Parkinsons veroorsaak ook hallusinasies, maar so doen 'n paar ander siektetoestande ook.  Ek dink maar net aan Parkinsons omdat jy praat van "tremmers" in jou hande.  Wat sê die dokter? 
Om te weet is om te verstaan.