Author Topic: Mengelmoes kardoes uit die forumgange  (Read 3555 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Mengelmoes kardoes uit die forumgange
« on: September 15, 2021, 01:47:58 AM »
Naas skryf 'as ons lekker gesels verdwaal onderwerpe in 'n mengelmoes kardoes'. En die uwe seg: "Amen:"  :hello2: :book1:

Ek het 'n boeppens woordmandjie wat trippel van opgewondenheid. Watter vreugde is dit nie om deur julle plasings te dwaal nie! Die unieke manier waarop elkeen se humorsin skitter tussen die lyne is 'n tonikum vir woordverslaafde ekke. Ons huil, lag en skerts met deernis.

Assie se Oupa:
"As jy hartseer bly oor gister, en heeltyd bekommerd is oor môre, dan steel jy vandag se vreugde."

"Ons kan terugkyk en die verlede sien. Ons kan stilstaan en nou beleef. Maar as ons nie nou werk aan die toekoms nie het ons more geen verlede om na terug te kyk nie."

*Die gemaklike manier waaroor ons selfs oor  :pottytrain5: kan skerts is verblydend en 'n liggie in die tonnel soos Naas dit beskryf: 'kouwit-vrese'.

Assie se Oupa  toiletpapier is net vir mense wat vol stront is.

Ons het vir jare lank koerantpapier gebruik. My aambeie kon voor my lees.

As die koerante op was het ons die blou papier gebruik waarin die appels destyds toegedraai is. Ongelukkig het dit die flennie onderkleure blou gevlek.

Wanneer die hoendermis die sifdraad tref kruip al die hoeders weg vir die stront. Dis dan wanneer die haan koring kraai en die hele boerdery oorneem en die plaas in sy peetjie in boer.

Is g'n wonder deesdae se mans dra broeke wat tussen hulle kniege pendulum nie. Dit lyk of hulle eergister se drolle kerk toe smokkel.

*Uit die tuin van Eden  :angel8:

Assie se Oupa: se altoos byt die slang voor hy jou pik.
As Eva maar geweet het slangvleis is lekkerder as appels dan kon ons nou nog in die Paradys vleis gebraai het.

Naas: As Adam en Eva Chinese was sou daai slang moes wegkruip instede daarvan om avos te adverteer. Hulle sou sushi maak van hom

PM: Ek seg vir Oom Hannes, daai appelstorie is 'n liegstorie, ek is seker dit was 'n avo.

O hallie ha, die lewe is 'n lied as ek myself in die ongekunstelde glip van die druiwekorrel bevind (of is dit die vrugwater van die lewe?

Ek het nou sommer so oor my eie skouer gelees toe ek die frikkieresep kom haal het.

Naas:
Ek wil nou nie persoonlik raak nie maar daai antie met die kopdoek op is darem maar aspris lelik.

Stofdom se ek julle. Stofdom en Satangskelm.

'n Vol hysbak ruik anders vir 'n dwergie...

*Natuurlik word die modes ook gefynkam:

Naas:  Suiwer Afrikaans vir "tights"
In Worcester, hier annerkant die berg, dra niemand ski-pants nie want die dowes lees lippetaal.

Dit is "mompelbroekie" Jy sien die lippe beweeg maar kan nie hoor wat sy sê nie.

Ons raak nie vet van dit wat ons tussen kersfees en nuwejaar eet nie, ons raak vet van dit wat ons tussen nuwejaar en kersfees eet.

Assie:

Daai veeartsie moet sy voet weer op die plaas sit.
Ek sal hom klap dat google hom nie weer kan kry nie...

Ek wag vir hom. Stryk solank my G-string vir die okasie.

Oom Naas het hom so opgewerk oorlat hy nie kon werk kry nie dat hy nou heeltemal opgehou werk het. Hy is nou 'n pensioenlosenaris.

Ons tv op die plaas is so oud, Haas Das lees nog die nuus.

Dit was laaank terug. Ek dink die dooie see was daai tyd nog kretiek in die hospitaal.

*Tot my groot vreugde was daar ook geboorte geskenk aan 'n nuwe woord/uitdrukking deur onse Assie:  :book1: :icon_biggrin:

Aristocracy is die latynse woord vir goeie regering en hooglui.
Die teenoorgestelde van aristocracy is kakistocracy. Dis waar ons lelike dubbel k middel a woord sy oorsprong het.

Ons regering wat huidiglik alles in die grond in regeer kan dus as 'n kakistocracy beskou word.

Die kakestokrasie van ons land steel tot die suiker uit ons koffie uit.

So sit ons nou covid-gelym in 2020 vas. Loer ons by die deur uit is ons jaar verby...

(Soms raak die mengelmoes kardoes onderwerpe heel vrugbaar  :headbang:)

PM:
Is 'n spermbank 'n babanes?

Assie:
Baba-inlegfabriek.
(spermbank)

 :book1: Iewers moet die woorddief ook 'n bydrae maak en het die woord Gatsakroof byval gevind toe die pryse van goedere op deesdae se kerkbasaars ter sprake kom.

Die humordeurspekte bydraes het my al so laat giggel en grinnik dat die uwe 'n nuwe aftrede beroep kan be-oefen as 'grinnikeloog'
 :headbang: :book1: :wave:


« Last Edit: September 20, 2021, 01:29:52 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Mengelmoes kardoes uit die forumgange
« Reply #1 on: September 15, 2021, 05:35:30 AM »
 :hello2: :hello2: :hello2: :hello2:
 :notworthy: :notworthy: :notworthy:

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Mengelmoes kardoes uit die forumgange
« Reply #2 on: September 15, 2021, 12:09:40 PM »
 :hello2:   Dankie Raaitjie, jy is kosbaar vir die forrum en vir ons.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Mengelmoes kardoes uit die forumgange
« Reply #3 on: September 15, 2021, 02:49:22 PM »
Geniet my gate uit hier....

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Mengelmoes kardoes uit die forumgange
« Reply #4 on: September 15, 2021, 02:55:24 PM »
Dit is die regte plek vir 'n ou wat lief is vir woorde, lief ook vir ons pragtige taal.   :wave:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Mengelmoes kardoes uit die forumgange
« Reply #5 on: September 17, 2021, 01:33:33 AM »
Antjie Patat, jy was 'n slagoffer van die woorddief  :notworthy: :headbang: Jou liefde vir almal is die mooiste voorbeeld vir my! Hierdie liefde hang soos 'n kosbare snoer om my hele menswees. Welkom terug matertjie! Jou gedagtes sprankel nou ook liefdevol in ons woordmandjie vandag.

...My gedagtes in twee uiterste pole, een pool wil jou gryp en so styf vashou en jou nooit laat bang word vir die onseker nie.
...My psige 'n aanhoudende weegskaal met voosgelees en gedinkte brein.

Dan het hierdie woorde van jou my van vooraf dankbaar gemaak dat ek kan sien:

Ek dra al bitter baie jare bril en my grootste vrees is om blind te word. Om nooit 'n sonsopkoms  of ondergang te sien nie, die bloue van branders, die sneeutoppe van berge, groene in hul honderde skakerings in bome, 'n sonneblom, kosmos. Om nooit die vorms van wolke te sien nie, kinders se ogies of die bly glimlag van 'n oumens en nooit weer 'n kwas op canvas te sit nie.

 :notworthy: :icon_salut:

Naas het die wysheid kwytgeraak wat legkaartpresies by die mandjie se inhoud vandag pas:
...ons krukke mos maar so op mekaar op die laaste opdraend.
...kla help nie, die kwakke raak net ryk uit my klagtes.
...kan niks daaraan doen nie so hou my bek en leef daardeur.

En met versteekte giggel en groot respek, haal ek PM aan:
...ek het probeer, maar weereens het die arme grysstof in die slag gebly.
...soms voel my brein stokstyf. Dit het dalk iets met masels te doen.

*om hierdie masels deel te verstaan moet 'n mens die grappie ken wat Naas gedeel het in 2018:
Hy vertel eendag van die vrou wat inbel na 'Vra vir Fanus'. Sy het 'n speenvarkie en wil weet hoe sy kan sien of die varkie masels het.
Ander boervrou bel in en sê wanneer varkie se ore en stert regop staan het varkie masels.Derde vrou bel baie benoud in. Sy sê haar man se ore staan nie regop nie maar sy is seker hy het masels.

Hier op het Assie die volgende kwytgeraak:
...ek soek 'n man met masels maar Oupa se dis aansteeklik.

PM:
... 'n Man met masels is regtig 'n steeklike gedoente, Oupa is heeltemal reg.
... ongelukkig het my man nie masels nie.

En Meraai sluit af met:
...masels humor bly 'n sterk kruk

 :bootyshake: :angel4:

« Last Edit: September 17, 2021, 02:52:39 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Mengelmoes kardoes uit die forumgange
« Reply #6 on: September 17, 2021, 04:38:59 AM »
Jy is 'n doring met satyn steekseltjies Raaitjie.  Dankie.  :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Mengelmoes kardoes uit die forumgange
« Reply #7 on: September 18, 2021, 03:07:44 AM »
 :icon_bigsmurf: :notworthy:

Daar was weer 'n paar slagoffers  :wave:

Adéle
...Eensaamspook in die grendelstaat.
...Dis minder swaar om tuis dood te gaan as daar waar jy eers ten gronde toe verniel word en dan aaklig doodgaan.
...Op die ou end kom net geloof saam met ons oor al die klippe, rotse en deur die 'potholes' en oor die woestyne van 2020-2021 en dalk verder, wie weet.
...niks is vir ewig nie, niks hou vir altyd stand nie.
...Die sterkste verwarmer is vriende se aanmoediging.
...Julle ondersteuning onder my arms is so gereeld voorop in my gedagtes.
...party mense vervolmaak die kuns om hul in ewige selfverwyt te koester, dit tot afgod te verhef.

Naas: Hoekom beteken dubbelsinnigheid altyd een ding?
PM: Omdat dit nie twee is nie.

*En kyk net hoe mooi het onse PM die volgende gestel in Maart 2011:

...In die dubbelsinnigheid van ons taal lê soveel humor opgesluit;  alhoewel daar 'n fyn lyn tussen "keurig" en "plat" lê, bou humor 'n stewige brug daaroor.
...Hierdie kant van die see wat daaikant lê, was die ark oop.
...Heitou!  Hou my vas of ek byt jou!

*Die humor tussen die forumgange is 'n bron van groot genot ewig deur:

PM se oupa:
...solank 'n ouman nog 'n lee sak kan sleep is hy ok.

Assie:
...Weet nie van sakke rondsleep nie maar deesdae se modes lyk mos of mans hangholle en kort bene sindroom het. Regte spul slapgatte.
...Miskien moet ek maar my waardes laat val. Ek soek 'n man op 'n trekker, nie 'n moffie op 'n stofsuier nie

Assie se oupa:
...as 'n man se onderstel die plaaspad skoonvee gaan hy nooit die lande geploeg kry nie.

*En ter afsluiting vermaak Antjie Patat se kommentaar daarop, die woorddief:

...My vriendin het my geseg mens laat nie jou kinners met 'n laaitie met so hangholbroek speel nie, hy het weke se onkruid daar binne, wat nie gewas word nie, en hulle leer wydsbeen loop vir aspris slegter lyk.

 :icon_biggrin: :book1: :notworthy:



« Last Edit: September 18, 2021, 03:20:07 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Mengelmoes kardoes uit die forumgange
« Reply #8 on: September 19, 2021, 11:52:50 PM »
Assie:

My oupa sê altyd: “As jy met ou koeie ploeg krap jy net laas jaar se stront oop.”
Vanoggend loop die koue weer op krukke oor die lande om die ryp op die grond te vermy.

Naas:
In hierdie lewe is daar net drie tipe mense... Die wat kan tel. En die wat nie kan tel nie.

PM:
Geplaas in my "om en dom" tyd.
Kennis is een ding, wysheid is heel iets anders.

*In Antjie se kommentaar het die kontras my opgeval en is ek dolverlief op hoe sy ons dawerende vingers op die sleutelbord as  'klompe' beskryf nie.

Antjie Patat:
Skrywers gaan soms na plekke
waar hulle kan kop skoonmaak,
dan bevlie die woorde hulle se vingers
soos 'n skuins-bemoerde-volstruismannetjie 'n indringer bevlie...
Dan dans daai klompe oor die sleutels hoor.

Maar soms gebeur dinge
wat die dros se deur oopruk,
en as hy te lank oop is,
wil die slotte
nie meer toemaak nie...

« Last Edit: September 20, 2021, 12:02:52 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Mengelmoes kardoes uit die forumgange
« Reply #9 on: October 19, 2021, 02:50:07 AM »
Op die forum het ons, ons eie doepa teen enige skeet of kwaal  :bootyshake: :headbang:

Naas en Galstene:
Ek moet vlak asem haal anders steek onsigbare skollies warm dolke agter my regterblad in.

Ek is so bang ek raak dalk in die oggend wakker sonder pyne en weet nie of ek dalk in my slaap dood is nie.

Ook bang ek land in die vleisfabriek waar moderne verpleegsters my gaan ignoreer.

Jou brein dink jy is nog Takuza maar jou liggaam skop vas en se nee, jy is nou Tak@&.

Hannes praat van setpille vir die pyn maar ek kan nie setpille gebruik nie. Het 'n padkaart nodig om my aambeie te sidestep.

Assie:
 OOM NAAS!!! Die moderne manier is om 'n gps te gebruik. Kaarte is uit die oude doos.

'n  Aambei met 'n GPS is deesdae vollop. Elke tweede poepol het een.

PM en heupvervanging:
Vandag toe ons die datum van die 5de November kry toe slaan die kerkklok. 

Of is dit die haan wat kraai aan die maspaal? 

O nee, dit is die vlag wat daar waai!  Dit is mos die haan wat op die kerktoring staan.



« Last Edit: October 19, 2021, 02:53:32 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Mengelmoes kardoes uit die forumgange
« Reply #10 on: October 19, 2021, 10:52:29 AM »
Hoor hoor, dit is mos nou 'n propperliese mengelmoes kardoes.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.