Author Topic: PM se Kontrasgedigstruktuur  (Read 2415 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
PM se Kontrasgedigstruktuur
« on: September 15, 2021, 01:19:02 AM »
Lief PM, as jy reeds iewers hierdie struktuur aangeteken het vra ek onverskoning. Het geloer maar kon nerens iets soortsgelyk vind nie. Jy het dit perfek vernoem en ek deel trots die voorbeelde wat jou hart (en myne) gesteel het.

Hier is ons geliefde mater adéle se puik kontrastrerende woordskets:

magrietjies

tot stof verpoeierde veldpaadjies
loop deur die afgebrande veld
‘n aasvoël draal daar rond
as dood se reuk in ‘n droë wind
opwarrel na die blou daarbo

dan vou wit magrietjies hul blare
wydoop tot ronde waaiertjies
skeppingsliefde van ons Vader
vir die mooi en kosbaar reine
as Hy sy Hand daaroor streel

©adéle theron

En ons eie Assie se pragskepping lyk so:

Agter tralies van goud
kruip ek weg
gebind deur liefde
goed... of sleg

ek dra die las
van 'n lewenslange eed
gebind deur liefde
soet... of wreed

aan een my hart vertrou
tot die dood ons kom haal
gebind deur liefde
armoedig... of in praal

'n lewenspad
van rustiger tot woester
gebind deur liefde
verwerp... of gekoester

'n lewenspad
deur self beheer
'n lewenspad
self geteer...
© Assie
« Last Edit: September 15, 2021, 01:21:16 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM se Kontrasgedigstruktuur
« Reply #1 on: September 15, 2021, 12:13:48 PM »
Ek het nie, dankie dat jy dit gedoen het.  Ek vertrou jou beter.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: PM se Kontrasgedigstruktuur
« Reply #2 on: September 15, 2021, 11:39:29 PM »
Verskuil tussen 'n kommentaar van PM, skitter hierdie kontrasskepping en het sommer self in die woordmandjie gespring toe ek verby stap...
 :hello2: :notworthy:  :book1:

Gister se hartseer kleef aan 'n mens se vel,
jy snuif dit onwillekeurig op, jy duik en skud
maar jy kan dit nie ontwyk nie.

More se bekommernis hang ook stomend in die lug. 
Intussen beleef ons ook vreugde en vrede,
al is dit net bietjies bietjies elke dag. 
Dit      is die lewe.
© PM

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM se Kontrasgedigstruktuur
« Reply #3 on: September 16, 2021, 04:52:08 PM »
My tyd, sien jy nou!   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: PM se Kontrasgedigstruktuur
« Reply #4 on: September 18, 2021, 02:48:59 AM »
soveel jare se alleen
het oor dekades heen
onooglike eelte
in my siel se teelaarde
geplant, gesaai

oseane vol trane is geween
oor dorre klip en steen
waar dikvoet en koesnaatjie
sonder murmel blom
na enkel druppels reen

duisend tye kruppelalleen
het jy in marteldae omgeskep,
elke een rondomgeskil
gekerf tot ragfyn skyfies
met sap so bittersuur gevul

maar suring en tjienkerintjee
steek lewensvreugde aan
tot elke aar
tintel en kartel
en moedverlore kruike
weer sonligvreugde skep
© Adéle

Ontdek ek ook hierdie versteekte voorbeeld van Louis:

Ek onttrek my uit die gewoel
van verlate se metropool
waar tyd verbysnel teen slak-spoed
nou bevind ek my hier
kort duskant nerensfontein
in die kleurryke grou distrik van elders
iewers op die atlas van erens
bykans n hanetree van doer
waar amper en naby se paaie kruis
daar waar die magtige stof rivier
so byna byna vloei
waar verlore nooit gevind is nie
en ontvang het niks gekry
nou...

nou het ek verdwaal!
© Louis

« Last Edit: September 18, 2021, 03:26:41 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: PM se Kontrasgedigstruktuur
« Reply #5 on: September 19, 2021, 11:58:16 PM »
In Antjie Patat se kommentaar by 'n plasing oor 'as woorde dros', het die kontras my opgeval:

Skrywers gaan soms na plekke
waar hulle kan kop skoonmaak,
dan bevlie die woorde hulle se vingers
soos 'n skuins-bemoerde-volstruismannetjie 'n indringer bevlie...
Dan dans daai klompe oor die sleutels hoor.

Maar soms gebeur dinge
wat die dros se deur oopruk,
en as hy te lank oop is,
wil die slotte
nie meer toemaak nie...
© Antjie Patat