Author Topic: Afrikaanse Terg Verse (ATV)  (Read 21714 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Afrikaanse Terg Verse (ATV)
« Reply #30 on: September 19, 2021, 06:36:13 PM »
My sussie lek prit
Om haar woorde vas te sit
My boetie rook se weetbix
Dit voer sy nagmerries
My Oupa snuif sy gom
As hy van die werk af kom
Maar ek sal my plig versuim
As ek my woorde pruim.

So miskien,
Net miskien,
Gaan ons nog van die versies sien.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Afrikaanse Terg Verse (ATV)
« Reply #31 on: September 19, 2021, 10:49:46 PM »
Lees ek deur die plasings en verlustig my van vooraf. Jinne julle, ons kan KUIER soos min ander. Ek giggel en grinnik myself in 'n aftrede beroep in: Grinnikeloog. Ek hoop saam jou vir nog versies Naas!!! Intussen het ek jou op die gevreetboek beroof en vir PM so pur-pur in die forumgang:

Nonet Deur Naas

Op die sirkel in Adderleystraat
Staan ou Jan en wys na die draad
Waar ’n seevoël sit en lag.
Ou Jan is briesend kwaad
Vir voël se gespot.
Want oor sy kop
Loop die strond
Na die
Grond.

PM:
Wat nog pla
van die ouderdom
is daardie gepur-pur 
soos my oom se ou Vespa help my trap

Soms, net soms as jy mense het,
dan pur-pur dit agterna
terwyl jy bloedrooi
vinnig stap om iets te gaan doen.

 :icon_bigsmurf: Sluip ek terug met hierdie Bybelse humor van Naas: 

Kain slaan vir Abel.
Josef skreeu hoera.
Moses gryp die roomyskar
en sit hom agterna.

Spring die ene van onse Naas ook in die woordmandjie:

Twee tarrentale en ‘n afkop haan.
Daar kommie duiwel innie appelboord aan.
Hy jaag sy dissipels dat die stof so staan.
Twee tarrentale en ‘n afkop haan.
« Last Edit: September 20, 2021, 01:32:39 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Afrikaanse Terg Verse (ATV)
« Reply #32 on: September 20, 2021, 03:40:30 PM »
Loop die strond
Na die
Grond. 


Gelukkig het jy die punt onthou Naas.   :sign10:
Om te weet is om te verstaan.