Author Topic: wanneer vernedering jou aan die hakskeen byt  (Read 1264 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
wanneer vernedering jou aan die hakskeen byt
« on: August 20, 2021, 03:47:22 PM »
wanneer vernedering jou aan die hakskeen byt

dit alles het jy al beleef-
soveel jare die pyn
van vernedering se byt
moes deurworstel,
selde sou dit wag
tot die son eers sak
tog sou die aand se stories
skaars talm tot by dagbreek verby;
tot - daardie dag het genade
emmersvol oor jou uitgestort
‘n nuwe lente aan jou belowe
onder die oorhangtakke van wilgers
in die wegsteekvlei vol varinggroen lewe

©adéle theron
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: wanneer vernedering jou aan die hakskeen byt
« Reply #1 on: September 12, 2021, 11:57:19 PM »
Werklik, baie mooi geskryf.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: wanneer vernedering jou aan die hakskeen byt
« Reply #2 on: September 13, 2021, 06:44:05 AM »
Ek het 'n probleem met jou skryfwerk...
Dis so goed dat mens voel jy kan niks meer daarop antwoord nie.
Dit se alles.  :hello2:

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: wanneer vernedering jou aan die hakskeen byt
« Reply #3 on: September 13, 2021, 07:09:49 AM »
 :book1: :notworthy: :icon_salut:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: wanneer vernedering jou aan die hakskeen byt
« Reply #4 on: September 13, 2021, 12:32:07 PM »
Naas, en my liefliewe twee naaste abc-vriendinne, dankie baie, ook vir alles wat ek by julle geleer het. Daardie jaar, 2007, toe ek by Woes ingestap het, onseker in die groot voorportaal gaan stilstaan het, oorweldig deur al die groot name en vriendelikheid, die talentvolles en hulp wat in mandjies oorgeloop het, was die beste besluit ooit in my hele lewe.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: wanneer vernedering jou aan die hakskeen byt
« Reply #5 on: September 13, 2021, 12:41:56 PM »
Tog, die liefde vir skryf en ons mooi taal is diep in jou ingewortel matertjie.  Ek dink dit lê in die gene.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: wanneer vernedering jou aan die hakskeen byt
« Reply #6 on: September 13, 2021, 01:23:50 PM »
My ma het baie goed geskilder, met olieverf, houtskool en pastelle ... maar woorde is goedkoper, dan hoef ek nie na doek en verf te gaan soek nie, want ek het ook nie haar talent nie. En ek kry skaars tyd vir skryf  :toothy4:
adéle  :grommit: