Author Topic: sou jou gedagte my wakker roep  (Read 1168 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
sou jou gedagte my wakker roep
« on: June 22, 2021, 08:45:15 PM »
sou jou gedagte my wakker roep

sou jy in droomgedagte
met maanlig, my wakker roep
sal ek huiswaarts draai,
in mineure my voetstappe
‘n sagte halftoon laer laat trap
en teen die suid-suid-weste in
na jou, my lief, gaan soek

sal ek met ligte polkatrappies
vir kameeldorings uitdraai
en waar gemsbokke
teen die rooi sandduin vries,
my lied vir jou weer sing

my verlang, in ‘n mandjie gepak,
uitstrooi sodat die wind
die geur daarvan optel -
verlange na jou, my lief,
en dit in sagte aandskemer
op jou kopkussing neer gaan lê

ek sal huiswaarts draai,
in walsmaat verder swaai
en teen die suid-suid-weste in
na jou, my lief, gaan soek -
sou jy in droomgedagte
my oor honderd jaar
met maanlig wakker roep

©adéle theron
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: sou jou gedagte my wakker roep
« Reply #1 on: June 29, 2021, 09:44:09 AM »
Dit is so hartseermooi. 


my verlang,
in ‘n mandjie gepak,
uitstrooi     sodat die wind
die geur daarvan optel -
Om te weet is om te verstaan.