• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

sou jou gedagte my wakker roep

Started by adele, June 22, 2021, 09:45:15 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

sou jou gedagte my wakker roep

sou jy in droomgedagte
met maanlig, my wakker roep
sal ek huiswaarts draai,
in mineure my voetstappe
'n sagte halftoon laer laat trap
en teen die suid-suid-weste in
na jou, my lief, gaan soek

sal ek met ligte polkatrappies
vir kameeldorings uitdraai
en waar gemsbokke
teen die rooi sandduin vries,
my lied vir jou weer sing

my verlang, in 'n mandjie gepak,
uitstrooi sodat die wind
die geur daarvan optel -
verlange na jou, my lief,
en dit in sagte aandskemer
op jou kopkussing neer gaan lê

ek sal huiswaarts draai,
in walsmaat verder swaai
en teen die suid-suid-weste in
na jou, my lief, gaan soek -
sou jy in droomgedagte
my oor honderd jaar
met maanlig wakker roep

©adéle theron
adéle  :grommit:

PM

Dit is so hartseermooi. 


my verlang,
in 'n mandjie gepak,
uitstrooi     sodat die wind
die geur daarvan optel -
Om te weet is om te verstaan.