Author Topic: Toekomsleeg  (Read 1211 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Toekomsleeg
« on: June 16, 2021, 10:29:55 PM »
Dis weer winter en dis toekomsleeg

Dis amper winter en met dom denke
loop ek aan en aan … songeel blare
windwaai af grond toe.
Ek soek na my stukkie oopte
gevul met genadestilte,
verder en verder na waar
duisende valleie en heuwels my lok
oortrek met spierwit sneeu,
meters dik en snydend koud.

My sinne wou rondomtalie
en soos ’n sneeubal
wat die steilte afspoed, swel
tot dit oor vuil rotsgrond breek;
‘n onsekerte van hart en gemoed.

Agter my weerkaats die sneeu
in herinnering van laas se mooi
waar veld en lewe mekaar
tot vrede-eenheid aangevul het.

Maar tans, in onsekerheid se worstelinge
oor uitkomste van dreigende storms,
roei ek deur vuil spoedwaters
in die Gariep se dongas,
smag ek na die strelend-genade
van stilte en oop ruimtes
waar geelbruin populiere my omhels;
ons mooi land se sonstrale my vasgebind hou.

En môre?
Môre se winter wat ons met kaal takke
en verflenterde vinkneste inwag?
Te laat gaan ons bymekaar kom
om die heuwels uit te klim.
Onder ons skoensole gaan die ryp kraak
en tussen die Eikebome
gaan die donker ons vasknel.

Dan bly net die spasie tussen ons knieë
en die droë, dorre aarde oor,
waar dit vir langer as drie jaar
nie gaan dou en reën nie.

Dan, leeg gehuil, leeg in ons binneste,
ons skuldbelydenis oor die Kruishout gehang,
sal God ons kom optel
en die leegtes binne ons
tot oorlopens toe met sy Genade
en sy Liefde vol skep.
Tussen duisende verledes
en ontelbare môres
wil ek nêrens anders wees nie.

©adéle theron
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Toekomsleeg
« Reply #1 on: June 29, 2021, 09:48:33 AM »
Na die winter kom die lente.  Ek hoop jou lente is aan die blom my lief vriendin. 
Om te weet is om te verstaan.