Author Topic: Mense sê...  (Read 2273 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Mense sê...
« on: March 03, 2021, 01:22:02 AM »
Die wêreld is rond. Hoe verder jy vaar, hoe nader is jy aan die huis.
TERRY PRATCHETT

Toe ek die eerste keer in die kerkkoor sing, het 200 mense van geloof verander.
FRED ALLEN

Dra altyd ‘n flessie whiskey saam met jou, net in geval van slangbyt. O ja, en dra altyd ’n slangetjie saam met jou.
WC FIELDS

Een van die lewe se groot plesiere is om iets te doen wanneer mense sê dit kan nie gedoen kan word nie.
WALTER BAGEHOT

Gesonde verstand en ’n sin vir humor is dieselfde ding wat teen verskillende snelhede beweeg. ’n Sin vir humor is net gesonde verstand wat dans.
WILLIAM JAMES

Jy moet baie versigtig wees as jy nie weet waarheen jy op pad is nie, want jy mag dalk nie daar uitkom nie.
YOGI BERRA

Mense sê baiekeer dat motivering nie lank hou nie. Wel, bad ook nie. Dit is hoekom ons aanbeveel dat dit daagliks moet gebeur.
ZIG ZIGLAR

’n Man wat verlief is, is onvolkome tot hy getrou het. Dan is hy klaar.
ZSA ZSA GABOR

Ek dink nie ek het al ooit iemand op pad bank toe sien lag nie.
RIC DUCOMMON

Ek wens ek was onnoseler sodat ek sekerder kan wees van my menings. Dit lyk prettig!
SCOTT ADAMS

NOG IETS
Watter een is die naaste – die Maan of Zimbabwe? Duh! Die Maan, natuurlik. Jy kan mos nie by jou venster uitkyk en Zimbabwe sien nie!

Die mooiste vier woorde? “Ek het mos gesê...”

Ek verkies om in die verlede te lewe. Die lewenskoste was soveel minder.

Militêre personeel moet betaal vir toerusting wat hulle verloor. Dit is hoekom ’n kaptein altyd saam met sy skip ondergaan.

As jy ’n ledige tydjie het, graveer “Kry ’n lewe” op 'n klop metaalstukkies en gaan begrawe dit op die strand.

Die moontlikheid dat jy iemand sal raakloop wat jy ken, neem honderdvoudig toe wanneer jy by iemand is saam met wie jy nie gesien wil word nie.

As ons maar net vir mense rekeninge kon gee vir al ons tyd wat hulle mors.

Ek is redelik goed met snert praat, maar ek luister graag na 'n kundige. Hou aan praat.

Ek is so bly jy het daardie vraag gevra, want ek wil oor iets heeltemal anders praat.

Hou styf vas aan jou drome, want die lewe se enigste doel is om hulle deurmekaar te krap.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Mense sê...
« Reply #1 on: May 21, 2021, 08:11:48 AM »
Waarhede in 'n goue raam. 
Om te weet is om te verstaan.