Author Topic: onthou-aande  (Read 1237 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
onthou-aande
« on: February 25, 2021, 11:52:07 AM »
onthou-aande

‘n kampvuur in die woestyn bly jou by …
musiek het haar meegesleur
en die woorde haar week gelaat,
jou stem het ‘n vuur in haar hart gelont
 
met die sterre-vonkel
het sy fyntreetjie-sirkels
rondom vlamme gedans,
teen jou deur die melkweg verdwaal

in jou soekende hart
verlig ‘n maanligstraal die kleipot
waar haar naam rus, geëts
in opgerolde perkament

trom jy weer daardie musiek
verkrummel jou lewe,
doof verlange die lont uit … 

©adéle theron
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: onthou-aande
« Reply #1 on: September 13, 2021, 12:12:22 AM »
Dat ek die klits kwyt is, is nie altemit nie, maar jou woorde laat my so aan Pieternella van die Kaap dink.  Jy het altyd hierdie gawe om met woorde, beelde in my gedagtes neer te lê.  Mag jy net nooit ophou skryf nie. 
Om te weet is om te verstaan.