Author Topic: Asjy nie lag nie is jy oorlede  (Read 4292 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Asjy nie lag nie is jy oorlede
« on: December 13, 2020, 04:59:23 PM »
 Egipteland was bewoon deur mummies en hulle het almal in hierdie griewe geskryf. Hulle het in die Sarah-woestyn gewoon. Die klimaat was só erg dat al die inwoners op ander plekke moes bly.
* Moses het die Hebreeuse slawe na die Rooi See gelei waar hulle ongesuurde brode gebak het, dit is brood wat sonder enige bestanddele gemaak is. Moses het die berg Sianied uitgeklim om die tien gebooie te kry. Hy is dood toe hy nog nie eens by Kanada kon uitgekom het nie.
* Salomo het driehonderd vroue en sewehonderd byekorwe gehad.
* Die Grieke was 'n hoogs gekulde veervolk en sonder hulle sou ons nie 'n geskiedenis gehad het nie. Die Grieke het ook mites gehad. 'n Mite is 'n motwyfie.
* Sokrates was 'n beroemde Griekse wydsheid wat rondgeloop en mense raad gegee het. Hy is dood aan 'n oordosis willekeur. Ná sy dood het sy loopbaan dramaties agteruitgegaan.
* In die ou Olimpiese Spele het die Grieke kaal resies gehardloop en disnis gegooi.
* Julius Caesar het homself op die slagvelde van Gallië onderskryf. Die Ides van Maart het hom vermoor omdat hulle gedink het hy gaan 'n koning gemaak word. Toe hy doodgaan, het hy gesê: "En toe, boetie?"
* Johanna van Arkel het van 'n stapel brandwonde gesterf.
* Koning Elizabeth was die "Maagdekoningin". As 'n koningin was sy 'n sukses. Sy het haar haar volk se probleme aangetrek en wanneer sy haar so aangetrek het voor haar soldate, het hulle almal geskree: "Hoera!"
* Dit was 'n tydperk van groot uitvindsels en ontdekkings . Gutenberg het die wynpers en die Bybel uitgevind. Nog 'n belangrike uitvindsel was die bloedsomloop. Peter Stuyvesant is 'n geskiedkundige figuur, want hy het sigarette uitgevind en begin rook.
* Die grootste skrywer van die Renaissance was William Shakespeare . Hy is in die jaar 1564 gebore en party mense dink dit was op sy verjaardag. Hy het nooit geld gemaak nie, en is net beroemd oor die toneelstukke wat hy geskryf het. Hy het tragedies, komedies en historektomieë geskryf. Romeo and Juliet is een voorbeeld.
* Abraham Lincoln het Amerika se grootste presedent geword. Lincoln se ma is dood toe sy nog 'n babatjie was en hy is gebore in 'n houthut wat hy met sy eie hande gebou het. Hy is later doodgeskiet deur John Wilkes Booth, wat hulle sê 'n mal akteur was. Dit het Booth se loopbaan heeltemal geruïneer.
* Johann Bach het baie musiekkomposisies geskryf en ook baie kinders. Hy is dood sedert 1750 tot vandag toe. Bach was die beroemdste komponis in die wêreld en Händel was ook. Händel was half-Duits, half-Italiaans en half-Engels. Hy was 'n baie groot man.
* Beethoven het musiek geskryf al was hy doof. Hy was só doof dat hy harde musiek geskryf het. Hy het ver in die woude gaan loop selfs al het almal na hom geroep. Beethoven het in 1827 opgehou bestaan en dis hoekom hy later dood is.
* Die negentiende eeu was 'n tyd van baie uitvindsels. Mense het opgehou om met die hand te reproduseer en met masjiene begin reproduseer. Die uitvinding van die stoomboot het 'n netwerk van riviere laat ontstaan. Louis Pasteur het 'n manier uitgevind om dol honde gesond te maak. Charles Darwin was 'n natuurkundige wat die Organ of the Species geskryf het.
* Die koekoek is 'n voël wat nie sy eie eiers lê nie.
* Parallelle lyne ontmoet mekaar nooit nie, tensy jy een of altwee van hulle buig.
* 'n Sirkel is 'n lyn wat sy ander end ontmoet sonder om te end.
* Die maan is 'n planeet net soos die aarde, maar dis selfs nog meer dood.
* Vegatiewe voortplanting is 'n proses waarin een individu per ongeluk 'n ander individu vervaardig.
* Bloed vloei in die een been af en in die ander been op.
* 'n Mens behoort een keer in die somer te bad en nie heeltemal so dikwels in die winter nie.
* As jy nie genoeg jodium in jou bloed het nie, kry jy 'n gletser.
* Hulp met beenbreuke : om te sien of die ledemaat gebreek is, wikkel dit saggies heen en weer.
* Raad vir neusbloeding : plaas die neus baie laer as die liggaam.
* Raad by verstikking: pas kunsmatige asemhaling toe totdat die pasiënt dood is.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Asjy nie lag nie is jy oorlede
« Reply #1 on: December 28, 2020, 11:22:20 PM »
Dit smaak my mos ons is almal half gedooi  :toothy4: Ek is die 150ste ene wat hier verby kom en gaan weg met 'n wye grinnik op my bakkies  :headbang:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Asjy nie lag nie is jy oorlede
« Reply #2 on: May 21, 2021, 08:07:40 AM »
. . . en 800 later is ek ook hier.   :icon_scratch:   My dag lyk ook sommer sonniger.   :love7:



Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Asjy nie lag nie is jy oorlede
« Reply #3 on: May 23, 2021, 08:51:55 AM »
957ste ene vanaand... dit bly vrek snaaks  :toothy4: en soooooo lekker om te weet ek lewe nog.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Asjy nie lag nie is jy oorlede
« Reply #4 on: May 23, 2021, 09:25:56 AM »
Dit lyk altyd of die forum dooi is, maar kyk na die aantal kere gelees dan besef 'n mens dat dit redelik woelig gaan hier in die gange. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Asjy nie lag nie is jy oorlede
« Reply #5 on: May 23, 2021, 09:46:53 AM »
Spoke wat lief is vir lees  :toothy4: