Author Topic: Wie saad wil saai  (Read 1790 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Wie saad wil saai
« on: October 22, 2020, 09:58:16 PM »
Lukas 8:8 En ’n ander deel het in die goeie grond geval en gegroei en honderdvoudige vrug opgelewer. Toe Hy dit gesê het, roep Hy uit: Wie ore het om te hoor, laat hom hoor!

Sondae was geblok, uit ons lewe uitgesny; selfvoldaan het satan sy hande saamgevryf, met sluwe oë sy tempeldeure oopgegooi … ‘n teater vir stories en vermaak met flikkerligte wat jou bedwelmende brein binnedring.

Soggens en saans vou ons ons Bybels oop, en met mening soek ons hulp vir die onbekende aanvalle van hierdie nuwe toekoms, onseker en grou. En ons gaan uit en saai saad, strooi handevol oor die naaste velde. Dan draai ons om na ons beskutte wonings, klipmure en deure wat ons met grendels sluit.

Môre stap ons regop en bekyk die wêreld om ons met ‘n reguit blik. Ons oë spoeg waarskuwings uit na elkeen wat nie die protokol van afstand navolg nie. Dan kom ons by die veld aan en soek na die nuwe plantjies. Sou ons kon droom dat daar geen sprietjie kan wees nie? Geskok, verstom … die laaste saadjies lê nog langs die pad, waar ‘n swerm vinke dit oppik. Met vol kroppies vlieg hulle nes toe; juig oor die oes waarvoor hulle nie gewerk het nie.

Later strooi ons nog saad uit oor die veld en draai dan terug na ons huise; forte met dik klipmure om, om ons af te sny van ons naaste langsaan. En gaan weer môre kyk hoe die nuwe plantjies lyk. Weer staan ons geskok, verstom … enkele groen sprietjies veg nog moedig voort, maar gou verdroog dit ook in die warm son, daar op die rotse waar amper geen grond is nie.

Ons strooi nog saad uit oor die veld en draai weer terug na ons huise; daar in die woonbuurt aan die hoër kant van die spoorlyn, met mooi tuine en groot skadubome. En môre loop ons om na die nuwe plantjies te gaan kyk. Die mat word onder ons uitgeruk; geskok, verstom … dorings, distels en kakiebos net waar ons kyk.

Uiteindelik dring die besef tot ons deur dat om net ligweg te weet dat Christus op aarde was, gekruisig is en ons sonde weggeneem het, alleen nie genoeg is as ons dit nie uitleef nie. Ons moet sy dissipels wees en uitgaan om die laaste saad in die sak te gaan saai. Dan sal ons môre met ligte tred en vreugde in ons harte, die groen plantjies vol bloeisels van die saad wat in goeie grond val, kan sien.

As ons nie in sy voetspore volg nie; nie sy liefde uitleef en oordra na ander nie; nie dissipels word wat vissers van mense is nie, dan gaan ons nie die nuwe Jerusalem binnegaan nie. Die hemelpoorte gaan vir ons nie oopgaan nie. Kortom, Jesus berei nie plek voor vir enige ander wat nie God se kinders is nie.

VaderHeer, ons smeek U om ons genadig te wees. Ons bly die sonde opsoek en doen wat ons nie wil nie, maar wat ons wil en moet doen, dit bly agterweë. Seën ons met nuwe moed en toerusting om dissipels te wees en aan almal naby ons, en die wat U na ons toe stuur, van U te vertel. Om Christus ontwil, amen amen Here.

adéle theron

Foto: Internet
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wie saad wil saai
« Reply #1 on: October 27, 2020, 12:20:29 AM »
Soos altyd, dankie baie baie vir die deel lief Adele.  :notworthy: :icon_salut:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Wie saad wil saai
« Reply #2 on: October 27, 2020, 10:34:42 PM »
 :love7:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wie saad wil saai
« Reply #3 on: November 17, 2020, 03:55:37 PM »
Dankie vir die deel Matertjie.   :hello:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Wie saad wil saai
« Reply #4 on: November 17, 2020, 06:00:56 PM »
 :love7: dankie vir al jou inloer liewe PM, heerlik om jou naam te sien.  :coffee2: 
adéle  :grommit: