Author Topic: waar kom dit vandaan?  (Read 13210 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
waar kom dit vandaan?
« on: May 27, 2011, 10:01:50 AM »
ek soek 'n plekkie om te vra waar kom hierdie uitdrukking vandaan. Naas, skuif dit seblief na waar dit moet wees.

hoekom praat ons van 'bitter'soet    :icon_scratch:
'bitter'koud
bitterlekker?

bittersoet is so teenstrydig.

en moet dit een of twee woorde wees?

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: waar kom dit vandaan?
« Reply #1 on: May 27, 2011, 11:20:12 AM »
Dit is nogal 'n bitter tamaletjie, die vraag van jou.
Daar is nie regtig 'n klinklare antwoord waar of hoekom die voorvoegsel "bitter" sy ontstaan gehad het nie. Wel die volgende bespiegeling. (julle moet onthou dat iemand gewoonlik die woord "skep" en omdat dit dan in die volksmond gaan lepelê word dit later algemene gebruik.)
Dit kan wees dat die "bitter" ingespan is om klem op die daaropvolgende woord te lê omdat bitter so 'n sterk "negatiewe" smaak is. Omdat dit so lekker saam met die oorspronklike woord gegaan het het dit later as voorvoegsel by ander woorde verskyn om dan dieselfde tipe klem op daardie woorde te lê. Heel waarskynlik is dit aanvanklik saam met soet as 'n teenstelling gebruik en het dit van daar na ander woorde gedwaal.
Dit is ongelukkig die enigste verduidelikking wat ek dusver kon opspoor maar ek sal aanhou soek vir nog.
Wanneer ons klaarheid gekry het oor die antwoord sal ons dit na die woordeboek verskuif.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: waar kom dit vandaan?
« Reply #2 on: May 27, 2011, 02:27:10 PM »
ek kan nie by "idiome" reply nie, so gooi ek die kruiwa hierso om.

 hy gaap soos 'n waenhuisdeur
eielof is uielof
die doodskleed het geen sakke nie

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: waar kom dit vandaan?
« Reply #3 on: May 29, 2011, 08:27:17 PM »
ek het ure lank gesukkel om te kan inlog. nou is ek hier maar kan nog steeds nie by Naas se idiome 'reply' nie. wou hierdie gesegdes soontoe skuif maar nou werk dit nie.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: waar kom dit vandaan?
« Reply #4 on: May 30, 2011, 06:34:47 AM »
Ons maak nog planne by die woordeboek. Dit sal 'n "net lees" affere bly maar ons sal op oop forum plek maak vir die idiome en nuwe woorde onder bespreking. Ek sal dit dan van daar skuif na woordeboek. Skiese vir aanvanklike padwerke en slaggate.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: waar kom dit vandaan?
« Reply #5 on: May 30, 2011, 10:04:44 AM »
Van my kant af sê ek ook skuus adéle.  Dit verg fyn beplanning om die goed mooi agtermekaar te kry om toekomstige hardewerk te bekamp.  Baie dankie vir julle geduld. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: waar kom dit vandaan?
« Reply #6 on: May 30, 2011, 06:54:07 PM »
niks te kommer nie,   :toothy4:   ek het net nie geweet of ek enige iets regdoen nie. laat dinge regkom op hulle tyd.   :wave: 

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: waar kom dit vandaan?
« Reply #7 on: May 30, 2011, 09:39:05 PM »
Stoffie is besig met 'n mooi program om alles glad te laat verloop.  Baie dankie vir julle geduld.  Ek is seker dat wanneer alles in plek is,  dinge glad sal verloop.  Dankie Stoffie vir al jou harde werk. 
Om te weet is om te verstaan.