Ai Meraaitjie
Ek kry net nie die toesluit sleutel van hierdie verdomde "vergeet heiden" nie. Die hoofstuk is soos meeste van my gebede...oop, nooit n "amen" nie, want ek begin soms sommer weer terwyl ek al opstaan en ander dinge doen.... my gesig gelig soms met n frons der fronse... my kleinheid in my verstaan oor die "alles" in die lewe...
As ek een wens in hierdie wereld gehad het, was dit om Alzheimers en Dimensie met wortel, tak en elke aangrensende luis daarop, uit te roei, af te vee soos die masker gedrog.
Hier is hoe ek dit ervaar..steeds... dis maar net ek, ek praat namens myself.... my gewaarwordinge..
Nie almal, en veral nie die ouer mense, het die voorreg om n ordentlike versorger or plek of selfs lewensmaat of kinders te he met die regte kennis, begrip en liefde nie...
Wanneer so mens in die gange van vergeet worstel om by lig en asem uit te kom, om iewers die verstrengeling van n liefdevolle man, met hope liefde en geduld te soek, en dan op te gee. Dan terug te sak in die donker deurmekaar, alleen, bang vreemde grotte en afgronde. Ek het gesien en gehoor,..
Ek het my liefste peetma sien terugkom uit die newels, die herken in haar sagte bruin oe, en mooi glimlag, haar man vasgryp en sy hand omklem. Vir n oomblik onthou iets is nie reg nie, onthou dis n vergeet siekte, wat hom van haar wegruk, sy kon haar kinders herkennend groet, gryp en almal dan met hemelse hoop en verligting amper hardop bid, "bly...bly...bly asb mamma bly...!" My oom wat diep in haar oe kyk, sy sien hulle troudag en probeer hom sag soen, ai...
Dan kom sluip die vergeet ondier ongenooid terug, sy vra my, of ek vir oupa (my peetpa) gegroet het, en se vir haar eie liefling dogter wat Fibro in sy ergste graad het, "haai jy lyk net soos my dogter..." Ek voel die koue in die vertrek, sien die oe van my oom...potblou oe.... wasig en desperaat....."wag, Manda wag... ek is mos hier..."
En dan is sy weg...iewers in n donker onbekende berg, op n onstuimige see, langs n ondier, waarin sy veg om weer by lig uit te kom... en almal wat amper wanhopig wag vir die gesig uitdrukking... maar sy laat haar kop op haar bors sak....
En so bly dit soms vir baie lank..... geen eet, geen begrip, geen glimlag, geen lewe...niks
Wanneer sy oefeninge moet doen, en my peetpa haar na die kombuis tafel lei, is daar geen begrip van waar die stoel begin of eindig nie, hy moet help. Wanneer sy wel vir n kort oomblik uit die newels wegbreek, met bomenslike krag haar geliefdes in n kort onthou kom soek, veiligheid en warmte kom soek, dan kan sy nie onthou hoe om op te staan, uit die bed te klim... aan te trek, uit te trek, badkamer toe te gaan. Haar lewensmaat met die blou oe, stort haar, trek haar aan, was haar hare, en bloudroog elke dag, en het selfs geleer om haar mooi gesig, die liefde van sy lewe, te grimeer... haar voer, wasgoed was, huis skoonmaak, en altyd naby is...
Die kinders en kleinkinders wat gou kom inloer ingeval sy terug is... die hope fotos..
Haar hartseer snikke soms as sy weer skielik uit die mistigheid ontsnap en besef dat sy in n oogwink gaan verdwyn...
My fotos, kleintyd by hulle in die berge.... vakansies by hulle, opskool nie koshuis toe nie, maar by hulle gebrly, vakansie werk by haar werk...
Hoe sy my altyd vertel hoe sy verlang, sy was maar eintlik my ma, my tweede ma.
Ek het geleer om die siekte te haat met n passie....
By "verkeerde" versorgers, wederhelftes of kinders, kan sulke mense eerder wil bly in die vergetelheid as om ongenaakbaar behandel te word, sonder begrip, as so persoon voor kuiermese nakend uit n kamer kom, of in die gang verdwaal en n glips kry, of twee uur in die oggend die stoof aansit om kos te maak, of die wasgoed wil was, of histeries te huil
WAARDIGHEID, kos niks, en dit maak almal rustig... dit is outomaties RESPEK, en dit is outomaties MENSLIKHEID.
Dit kan met enige van ons gebeur, waarom is party mense so walglik met sulke slagoffers..... ???
Jammer vir die lang relaas... dis die eerste keer wat ek hardop se wat in my borrel en bruis