Author Topic: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar  (Read 24443 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
« on: June 10, 2020, 05:27:51 AM »
*As jy enige kommerwekkende simptome ervaar - besoek jou geneesheer. Tussen hierdie lyne en ander plasing rakende gesondheid, teken ek net aan wat ons as familie/gesin (en ander gesinne) beleef. Ek het van my mediese plasings eers na my eie hoek verskuif sodat ek dit op hoogte kan bring.

In bodemlose rakke
pak sy die ure van haar skuifelgang
een-een weg...
Blink gepoetsde gisters
staar grootoog uitgestal
en die vreemdeling
noem haar Mamma.

© Meraai vannie baai

*Blink gepoetsde gisters verwys na die onvermoë van demensielyers om byvoorbeeld te onthou dat hulle wel ontbyt gehad het maar 'n ete van 20 jaar gelede saam ou vriende sal onthou word tot op die fynste detail en die storie herhaaldelike kere weer oorvertel asof dit gister plaasgevind het.

WAT IS DEMENSIE?

Seker een van die ongenadigste terminale siektes wat die mens kan tref en meer gevrees as die groot K op die oomblik.  :crybaby2:
Dimensie kan deur 'n wye verskeidenheid van siektes en toestande veroorsaak word soos o.a vaskulêre siektes, sklerose, motorneuronsiekte en Parkinsons terwyl Korsakoff-sindroom en MIV skaarser oorsake daarvan is. Die mees bekendste vorm is natuurlik Alzheimer's en tweede is die minder bekende vorm nl. Lewy Body Dementia (LBD).

Die persoon se brein krimp stelselmatig weg weens die vernietigingsproses van lewensbelangrike neurons en verbindings in die brein. Demensie simptome wissel afhangende van die oorsaak, maar algemene tekens en simptome sluit in:

Kognitiewe veranderinge

Korttermyn geheueverlies, wat gewoonlik deur 'n eggenoot of iemand anders opgemerk word.
Probleme met sekere woorde om funksioneel te kommunikeer.
Probleme met visuele en ruimtelike vermoëns, soos om te verdwaal.
Moeilike redenering of probleemoplossing.
Moeilikheid om komplekse take te hanteer.
Probleme met beplanning en organisering.
Probleme met koördinasie en motoriese funksies.
Verwarring en disoriëntasie.
Sielkundige veranderinge

Persoonlikheids veranderinge

Depressie.
Angs.
Onvanpaste gedrag.
Paranoia.
Opstandig.
Hallusinasies.

Bronne:
https://www.mayoclinic.org/diseases-conditions/dementia/symptoms-causes/syc-20352013
https://www.nia.nih.gov/health/what-happens-brain-alzheimers-disease

Feite wat ons moet onthou oor demensie:
1. Dit is 'n sambreel-terme vir baie soorte tipe gedragsprobleme en persoonlikheidsafwykings soos alzheimer byvoorbeeld. Daar is +- 90 vorme van demensie. Daar is selfs nou sprake van +- 200 soorte demensies.
 
2. Die siekte is kronies en word dus stelselmatig erger en tydsduur kan ook wissel van persoon tot persoon.

3. Dit is terminaal. Gemiddelde lewenstydperk na diagnose is gemiddeld 8 tot 12 jaar en selfs minder. Hierdie tydperke kan verskil van persoon tot persoon afhangende van gesondheid en sekere medikasie voordat die dementia gediagnoseer was. Daar is wel ander vorme van demensie, veral waar bloedtoevloei ter sprake is en persone enige tydperk van 3 tot 30 jaar kan leef met die siekte (Lewy dementia).

'n Blywende verandering in die persoon se algemene doen en late kan 'n aanduiding wees van die vroeë stadium van demensie en 'n behoorlike diagnose moet gemaak word sodat die regte behandeling vir verligting van simptome toegepas kan word.

Daar is nog geen kuur vir demensie op die oomblik nie alhoewel baie navorsing gedoen word.

Ek wil graag 'n nuwe onderwerp begin oor Demensie en hoop dat versorgers en pasiënte voordeel sal strek uit die deel van ons eie pad en verwysings na talle skakels/videos ens. Hierdie onderwerp lê teer in die holtes van my hart. Die volgende was 'n samestelling wat ons uit eie ervaring agtergekom het toe 'n geliefde se geaardheid en optredes al hoe meer kommerwekkend en soms selfs komies begin raak het.

Agterdog:
* Daar is iemand wat haar/sy goed 'steel'.
* Familie wou haar/hom 'vergiftig'.
* Neem self dinge en steek dit weg.

Emosionele verandering:
* Raak selfsugtig en uiters onsimpatiek.
* Jaloesie.
* Kritiserend uitgesproke teenoor versorger(s).

Higiëne verswak:
* Persoonlike higiëne verswak. Vergeet/weier om te bad of stort, skoon aan te trek.
* Raak 'verslons'.
* Herhaal dieselfde takies onophoudelik terwyl ander belangrike take agterweë gelaat word.
* Oortuig dat hulle nog elke dag alles netjies hou en skoon aantrek terwyl daar kommerwekkende agteruitgang bespeur word. 

Gedragsveranderinge:
* Eetgewoontes verander en ontstig mede familielede tydens ete.
* Vertel dieselfde gebeure/verhale oor en oor.
* Leef in 'n sekere tyd van die verlede en kan nie cope met die huidige nie.
* Korttermyngeheue veroorsaak spanning en kommer.

Versorgers leer gou dat die optredes van hulle geliefdes 'n taak is wat baie simpatie, Salomo se geduld en wysheid gaan verg. Dit is nie moontlik om die persoon met demensie te probeer oortuig dat hulle optredes verkeerd is nie. Dit gaan jou duur te staan kom as jy verwag dat hulle jou rasionele benadering gaan insien aangesien hulle in denkwyse totaal verward en irrasioneel is.

Drie dinge wat sielkundiges voorstel wat ons liefs nooit moet noem of doen vir mense met tekens van demensie nie:

1. Moenie probeer argumenteer nie. Hulle het die vermoë verloor om te kan redeneer en dinge uit te pluis soos normale persone. Ontlont situasies rustig en bly kalm.  Haal diep asem en blaas uit. Hierdie eenvoudige tegniek is BAIE belangrik want as jy gespanne raak haal jy vlakker asem en jou liggaam stel 'n hormoon vry wat jou nog meer gespanne en opstandig gaan maak het navorsing bewys.

Voorbeeld: As hulle jou beskuldig dat jy hulle besittings steel - stel dan rustig voor dat jy sal help soek en noem dat julle dit dalk sommer gou gaan opspoor. (Hulle aandagspan is heelwaarskynlik alreeds baie kort en sal tien-teen-een vergeet wat hulle soek).

Moenie verwyt wanneer die 'verlore' voorwerpe gevind word en jy weet dat die hele toneel homself weer gaan oorspeel nie.

Vermy die instinktiewe gevoel om jou humeur te laat opvlam en jy kwaad word vir die persoon, onthou - dit is die simptome van die breinsiekte wat tevoorskyn kom en is nie willekeurige optredes nie.

2. Moenie hulle in die rede val en korregeer nie. Stem saam en verander die rigting van gesprek. As jy 'go with the flow' is dit vir jouself, jou gesin en die pasient die beste oplossing. Sodra jy hulle verkeerd probeer bewys of uitwys raak hulle aggressief en kan baie onredelik optree en lelike beskuldigings gooi wat hulle binne 'n uur nie eers gaan onthou dat hulle dit gese of gedoen het nie!

Voorbeeld: As hulle voel iemand wil hulle leed aandoen, noem dat jy dit by die polisie aangegee het of sal aangee en hulle gaan die saak opvat. Weereens - trek die aandag af, bied koffietjie aan of se kom ons stap ek wil mamma 'n blommetjie in die tuin wys ens.

3. Moenie hulle probeer betrek in jou lewe en alledaagse gang nie. Hulle leef in hulle eie ruimte. Jy moet inskakel by dit en deel word van die tydperk wat hulle in die oomblik is. Dit gaan weer verander. Sommige pasiente (87 jaar oud) antwoord dat hulle 22 of 23 is wanneer hulle ouderdom gevra word! Vra uit oor wat hulle van gehou het of wat hulle geniet het om te doen soos byvoorbeeld vorige stokperdjies, ontspanning ensovoorts.

Witleuentjies om die dementia-vuur te blus is een van die magtigste wapens in 'n versorger se arsenaal!



« Last Edit: November 11, 2021, 10:59:01 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dementia - Sambreel van 'n breinmoordenaar
« Reply #1 on: June 10, 2020, 08:07:51 AM »
Ek het die volgende skets en samestelling gemaak na aanleiding van 'n opmerking dat die sterwende brein soos 'n gehekelde kantlappie is. Dat ons sal onthou om tussen die 'gate' nog die pragtige patroontjies raak te sien en waardeer. Dat die 'mens' nog daar is maar dat die vermoë om normale funksies (soos onthou wat 'n rukkie gelede gebeur het en nugter denke en optredes) verdwyn het in die openinge - 'n rak sonder bodem waarna ek verwys in my gedig in die eerste plasing...



Hier is die verskil tussen 'n normale brein (bo) en 'end of stage dementia' brein (onder) skokkend sigbaar.  Weens die siekte word die selle in die brein mettertyd vernietig en derhalwe krimp die brein.

Die gesonde menslike brein bevat tien biljoen neurone - gespesialiseerde selle wat inligting verwerk en oordra via elektriese en chemiese seine. Hulle stuur boodskappe tussen verskillende dele van die brein, en van die brein na die spiere en organe van die liggaam. Alzheimersiekte ontwrig hierdie kommunikasie tussen neurone, wat lei tot verlies aan funksie en seldood.

In die 1900's het dr Alzheimer die brein van sy pasiënt, mev Deter, ondersoek na haar dood. Hy het gevind dat die buitenste laag van die brein of korteks gekrimp het. Dit is die streek van die brein wat betrokke is by geheue, taal en oordeel. Neerslae is gevind in die breinselle wat bekend staan as “neurofibrillêre verstrengelings". Hierdie gedeeltes beïnvloed sinapse, sodat seine nie tussen breinselle kan deurgaan nie. Die verstrengels maak breinselle dood deur die normale vervoer van voedsel en energie deur die breinsel te voorkom.

Alzheimer ontwrig prosesse wat noodsaaklik is vir neurone en hul netwerke, insluitend kommunikasie, metabolisme en herstel. Afhangende van hoeveel selle in die onderskeie dele van brein reeds vernietig is, kan die simptome 'n aanduiding wees van hoe ver die siekte reeds gevorderd is.

Aanvanklik vernietig Alzheimersiekte neurone en hul verbindings in dele van die brein wat by die geheue betrokke is, insluitend die entorhinale korteks en hippokampus. Dit beïnvloed later gebiede in die serebrale korteks wat verantwoordelik is vir taal, redenasie en sosiale gedrag. Uiteindelik word baie ander dele van die brein beskadig. Met verloop van tyd verloor 'n persoon met Alzheimer geleidelik sy of haar vermoë om onafhanklik te leef en te funksioneer. Uiteindelik is die siekte fataal.

https://cureup.org/the-person-there/?fbclid=IwAR2CAnTeO-YO8nGGQ_YjzB3cCnm6ORp0uoOXn5pv9lVUAczgTnRXweabJMo

Wat gebeur in die brein met Alzheimer's?
https://www.youtube.com/watch?time_continue=2&v=0GXv3mHs9AU&feature=emb_logo
https://www.youtube.com/watch?v=dj3GGDuu15I

« Last Edit: July 29, 2020, 02:09:23 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dementia - Sambreel van 'n breinmoordenaar
« Reply #2 on: June 11, 2020, 05:35:13 AM »
Ek het vandag ingeskryf vir 'n kursus by die University of Tasmania - Understanding Dementia. Hopenlik sal ons dan nog 'n tikkie meer betroubare inligting kan deel. Kursus begin Julie 2020. Hou styf duim vas dat dit vlot sal verloop en ons 'n wyer veld sal kan dek vir ons lesers.

Hier is 'n klompie skakels wat vir ons as gesin ongelooflik baie beteken het:

https://www.youtube.com/watch?v=EpV83BVhXr4
Dementia 101

https://www.youtube.com/watch?v=t--mkzfHuIE
What is Dementia?

https://www.youtube.com/watch?v=pqmqC-702Yg&t=25s
Teepa Snow Discusses the Ten Early Signs of Dementia

https://www.youtube.com/watch?v=sbJvguaVp6Q
Dementia Toileting problems

https://www.youtube.com/watch?v=Lfm9R5c9Tho
Dementia Bathroom Tips: How to stop your loved one from having toileting accidents

https://www.youtube.com/watch?v=FiIbTDVKcH0
Traveling with someone who has dementia- 5 tips

https://www.youtube.com/watch?v=ycIgcdOKOoo
How to deal with Dementia and Family Conflict: 4 Tips to bring your family together in dementia care

https://www.youtube.com/watch?v=qawtq4q9twI
Why do people with dementia lie?

https://www.youtube.com/watch?v=YJLHgm1hLNE
Does your loved one with dementia resent you? Try this!

https://www.youtube.com/watch?v=OuCSkaXX7pQ
10 tips for responding to dementia anger

https://www.youtube.com/watch?v=y1YDut5uBcc
Dementia and Delusions, Hallucinations, & Illusions

https://www.youtube.com/watch?v=3ZuhqHK8wDE&t=2s
Top 3 signs your loved one with dementia needs nursing home care

https://www.youtube.com/watch?v=OSxKLowkCRc
How to reduce dementia caregiver stress- 2 tips

https://www.youtube.com/watch?v=GYb8ZOiT3BU
DENIAL AND DEMENTIA

https://www.youtube.com/watch?v=yycvLvwhdEs
Avoid the argument: Find answers that make sense to the person with dementia
« Last Edit: July 29, 2020, 01:00:50 AM by Meraai vannie Baai »

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Dementia - Sambreel van 'n breinmoordenaar
« Reply #3 on: June 11, 2020, 08:17:11 AM »
Vriendin, ek hoop jy geniet daardie kursus tonne baie en kom deel asb met ons. Hoeveel van ons het al van hierdie simptome by geliefdes beleef en nie verstaan nie ....
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dementia - Sambreel van 'n breinmoordenaar
« Reply #4 on: June 11, 2020, 10:00:21 AM »
Ek glo dat dit 'n verrykende ervaring gaan wees lief Adele. Die kursus dek 'n wye veld en ek is baie opgewonde.


« Last Edit: June 19, 2022, 05:21:45 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dementia - Sambreel van 'n breinmoordenaar
« Reply #5 on: June 11, 2020, 11:18:56 PM »
So baie versorgers van geliefdes het genoem dat die dood genadiger sou wees as demensie en dan leef met ongelooflike selfverwyt oor die gedagte. Om 'n geliefde te sien verander in 'n persoon wat jy nie ken of selfs sou WOU ken nie is 'n lydingsweg op sy eie. Die lang groet noem hulle dit...
 
https://www.youtube.com/watch?v=54Rs4ckp6hs
Alzheimer's: The Long Goodbye

https://www.psychologytoday.com/au/blog/trouble-in-mind/201203/the-long-goodbye-alzheimer-s-disease

https://www.homewatchcaregivers.com/resources-and-specialty-care/dementia/support-for-caregivers/the-long-goodbye/

https://www.youtube.com/watch?v=Q4niKCFltOM&t=57s
FEELING GUILTY FOR WISHING YOUR LOVED ONE WITH DEMENTIA WOULD DIE?
« Last Edit: July 08, 2020, 01:04:58 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dementia - Sambreel van 'n breinmoordenaar
« Reply #6 on: June 12, 2020, 10:26:08 AM »
Baie dankie vir hierdie insiggewende onderwerp Raaitjie.  Iemand wat nog nie hierdie situasie beleef het nie, besef nie hoe drasties dit die versorgers be-invloed nie.  Ek glo jy sal die kursus opslurp en dit met ons deel. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dementia - Sambreel van 'n breinmoordenaar
« Reply #7 on: June 14, 2020, 11:59:28 PM »
Dankbaar vir die voorreg om in hierdie tegnologiese eeu te leef waar inligting so vrylik beskikbaar is PM en dat ons kennis en ervaring kan deel met mekaar.  Ek besef al hoe meer dat die versorgers van demensie pasiënte ondersteuning en die nodige kennis beskik om te weet die optredes van geliefdes  is slegs 'symptoms of a dying brain'.

Soos jy genoem het, soms weet die familie nie eers dat die persoon 'n vorm van dementia gehad het nie en derhalwe die optredes, beskuldigings, verbale en fisieke mishandeling niks meer was as net simptome nie. Ons het dit self nie besef nie! Die toestand kon jare gelede al gediagnoseer geword het en onverstaanbare optredes sou soveel meer sin gemaak het.

Ongelukkig is dit nie altyd moontlik om pasiënte in 'n gevorderde stadium van die siekte, in betroubare versorgingsoorde te laat opneem weens die onkoste daaraan verbonde.

Nog 'n groot struikelblok wat tevoorskyn kom in soveel families is die seer feit dat die ouer wat drie/vier/vyf kinders grootgemaak het nou oorgelaat is aan die een wie ook al kans sien om die massiewe rol van versorger te vertolk. Diegene wat nie gereelde toegang het tot die dementia lyer,  kan twyfel aan die nodigheid van versorging en selfs ontkenning van die toestand. Die finansiële impak is nog 'n feit wat onderskat word en tot groot rusies in families  gelei het.

:crybaby2:

SUNDOWNER-SINDROOM:
'Choose your battles' - die dag is nog lank en kom 'sundown' voorspel dit nagmerries vir die versorger van persone met dementia want die een beteken beslis nie ontspan met 'n glasie wyn langs hardehoutvuurtjie terwyl jy die sonsondergang bewonder nie!

Vir diegene wat nie bewus is wat sundowner-sindroom is nie, dit is nie 'n siekte op sigself nie, maar eerder 'n duidelike verskynsel of simptome patroon wat voorkom by mense wat aan Alzheimersiekte of ander tipies van demensie ly. Diegene wat aan hierdie sindroom ly, ondervind gewoonlik simptome rondom sonsondergang of snags, wat die sindroom dus die naam gee. Simptome van die sononder-sindroom sluit in opwinding, rusteloosheid, prikkelbaarheid, verwarring, woede. Daar word soms ook van hallusinasies gerapporteer, tesame met skerp gemoedskommelings en tempo.

Wetenskaplikes het dit geassosieer met die ontwrigting van die sirkadiese ritme (ons biologiese klok) saam met verskillende omgewings- en sosiale faktore. Volgens die Mayo Clinic is faktore wat die gevolge van die sundowner-sindroom kan vererger, onder meer moegheid, lae beligting en verhoogde voorkoms van skaduwees.

https://www.youtube.com/watch?v=dGC7yWO-OJA
Sundowning Syndrome - What is it and why does this happen?

https://www.seniorlifestyle.com/resources/blog/understanding-sundowners-syndrome-people-dementia/

https://www.nursenextdoor.com/blog/how-to-ease-sundowners-syndrome-symptoms-4-ways/






« Last Edit: November 11, 2021, 01:34:26 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dementia - Sambreel van 'n breinmoordenaar
« Reply #8 on: June 15, 2020, 01:30:10 AM »
Badtyd  :`ip2:

'n Nagmerrie op sy eie. Daar is soveel dinge wat die weiering van bad/stort beinvloed. Kom ons loer na 'n paar wat Teepa Snow uitlig:

*Die tyd van die dag (onthou dat simptome vererger met sundowning syndrome.) Kies 'n tyd wat in die skedule van die versorger ook pas.
*Gemoedstoestand van versorger. 'n Stresvolle uitdrukking of handeling weerspieël!
*Pasiënt ervaar dalk verhoogde sensasies van hitte/koue van die water.
*Tekstuur verandering van klere teen lyf en skielik 'n klomp water wat oor die naakte liggaam spuit.
*Vrees vir nou spasies (engtevrees) byvoorbeeld in die stort.
*Gesondheidsprobleme soos artritus wat pynvoller kan wees tydens beweging.
*Persoon wat betrokke gaan wees met bad/stort sessie.
*Veiligheidstoerusting beskikbaar in bad/stort (handvatsels, badmatjies, 'n stoel om te kan sit ens. vir persone met balansprobleme)

Voorstelle om in gedagte te hou/probeer:

*Verstelbare stortkop vergemaklik die taak van versorgers.
*Indien die persoon nog self die stortkop kan hanteer gee dit hulle 'n gevoel van eie waarde en in beheer van die situasie.
*Oorweeg om die persoon na 'n salon te neem wanneer hulle aanhou weier om hare te was in die stort.
*Beskerming wanneeer 'n stoel gebruik word tydens 'n tuis-haarwas om te verseker dat die persoon se gesig/klere nie nat word nie.
*Manspersone wat weier om te skeer kan ook na 'n barber shop geneem word as 'n spesiale bederf.
*Dalk 'n ander familielid vra om te help met die badsessies veral wanneer daar reeds spanning tussen versorger en pasiënt is a.g.v konfrontasie.
*Neem die persoon se agtergrond/geskiedenis in ag. Het hulle voorheen gereeld hulle hare/skeer van baard ens. in salonne laat doen in plaas van tuis self versorg?
*Oorweeg die gebruik van droë sjampoo tussen haarwas-sessies.
*Gebruik babasjampoo/-reinigers wat nie persoon se oë sal brand nie.
*Gebruik nat waslappe in plaas van 'n stroom water. Plaas net 'n klein bietjie sjampoo op die een en konsentreer meer naby die kopvel waar haarwortels is.
*Goeie idee is om 'n klein bietjie massering vooraf toe te pas om die persone te kalmeer. Selfs net sagte borsel vooraf kan wondere verrig as die persoon  tas-sensitief is.
*Oorweeg om 'n opblaas-wasbakkie te gebruik vir persone wat nie meer kan opstaan nie. Dit is makliker as daar twee persone is in die geval om te help met die was en afspoel. Een persoon hou die wasbakkie en die ander was en spoel af. Die sagte wande van so hulpmiddel is van groot hulp vir persone met nekprobleme!

As jy nog voorbeelde het om bad/stort sessies te vergemaklik, kom deel asb.
 :book1: :notworthy:

https://hellocaremail.com.au/5-dementia-and-bathing-tips-for-carers/

https://www.youtube.com/watch?v=sl3Dc1kERto
Caregiver Training: Refusal to Bathe | UCLA Alzheimer's and Dementia Care

https://www.youtube.com/watch?v=lvQtjY3-bcE
Ch. 4: Bathing & Dressing (Caregiver College Video Series)

https://www.youtube.com/watch?v=g-KAjjHh78U
Bathing Suggestions for Dementia Patients





 
« Last Edit: October 15, 2020, 12:49:45 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dementia - Sambreel van 'n breinmoordenaar
« Reply #9 on: June 17, 2020, 03:47:54 AM »
Lagwekkend of kommerwekkend - het jy ook al spottenderwys genoem dat alzheimer's jou in die gesig staar wanneer jy soek na woorde of vergeet wat jy wou doen en meestal vergeet waar jy iets gebêre het sodat jy dit maklik sal kan opspoor?  Dit is algemeen in ons huishouding en nuuskierigheid het my gedwing om te gaan grawe na hoeveel keer ons as mens dieselfde bekommernis ervaar. Was glad nie verbaas oor die uitslag nie.
 :toothy4: :icon_biggrin: :bootyshake:

Terug na die werklikheid. Wanneer is dit net normale gang van ouer word en wanneer moet ons bekommerd raak oor hierdie voorkoms? Ek het 'n pragtige verduideliking raakgelees by die ondersteuningsgroep van dokter Natali en ander Demensie Versorgingsgroepe in die kuberruimte.   

Dit is nie demensie wanneer jy vergeet waar jy jou motorsleutels gebêre het nie. Demensie is wanneer jy jou sleutels vind maar nie 'n idee het wat jy dan daarmee moet maak nie.

Wanneer jy 'n bord kos voor jou het en die gebruik van eetgerei jou totaal ontgaan het, is daar beslis rede tot kommer en wanneer jy snags wegglip in jou nagklere om 'n afspraak na te kom en (dankbaarlik vir die versorgers) dan nie weet hoe om 'n deur oop te maak nie, is daar groot rede tot kommer.

As jy op 70 jarige ouderdom skielik nadat jy jou bene buite gaan strek het, rigting-bedinges begin soek na die huis waar jy 50 jaar gelede gebly het sal jy ook nie jou kind herken as hulle jou tot hulp snel nie want jy het op daardie stadium in jou lewe nog nie kind of kraai gehad nie.  Dit is wanneer ons of ons familie, rede het tot kommer.

Ek het ook by 'n plasing wat Elsabe gedeel het, die volgende raakgelees:

Neuroscientist Deborah Burke, of the Project on Cognition and Ageing at Pomona College in California: When older sixty-something adults find it difficult to retrieve individual words, this is a by-product of atrophy in the left insula of the brain. This is the region associated with the phonological form of the word.

What does this mean?

It means that at sixty-something, we don’t actually forget the word itself, just the sound of it. Burke says this is why it feels as if it’s there on the tip of our tongues. That’s why as soon as somebody says the word, we recognise it immediately – which means we have not forgotten the word. You wouldn’t recognise the word at all if you’d forgotten it.


Wanneer iemand jou reghelp en die woord klink asof dit in 'n vreemde taal is en jy nie 'n idee het wat dit beteken nie, is wanneer ons bekommerd moet raak.

:notworthy: :icon_salut:

« Last Edit: July 08, 2020, 01:05:53 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dementia - Sambreel van 'n breinmoordenaar
« Reply #10 on: June 17, 2020, 04:45:51 AM »
Hierdie pragtige uiteensetting van die 'Edelsteen Stadiums' van geliefdes met demensie van Teepa Snow is vir my kosbaar. Ek het dit vertaal maar die skakel na die Engelse weergawe is onderaan die plasing.

Sapphire:
Hierdie is 'n stadium van 'n brein wat normaal verouder, aanpasbaar en georganiseerd is en met al die ander 'edelstene' kan saamwerk. Mense in 'n Sapphire-staat is die ideale versorgerskandidaat vir iemand met demensie, omdat hulle die aanpasbaarheid het om mee te werk en die gepaste interaksie te hê met die edelsteen-staat van die persoon in hul sorg.

Opmerking: selfs as 'n gesonde brein ooreis word, kan dit uit hierdie 'Sapphire-toestand' gly. As dit gebeur, is die beste ding wat jy kan doen om diep asem te haal en (indien moontlik) 'n blaaskans te neem om jouself weer in 'n rustiger toestand te kry.

Diamond:
Mense in 'n diamantstaat se denkwyse is steeds helder en skerp, maar raak toenemend gespanne en is geneig om baie fasette daaraan te gee. Hulle is merkbaar onverdraagsaam (onbuigbaar) en kan jou kwets met woorde. Diamante vaar nie goed met verandering nie, maar kan nog steeds normaal voorkom. Dit kan die versorging bemoeilik want dit is moeilik om agter te kom of die persoon regtig met demensie leef, omdat hulle steeds weet wat hulle doen, maar toenemend hardkoppig voorkom en optree.

Emerald:
Anders as die diamant, is mense wat in die Emerald-stadium verkeer nie meer helder en skerp nie. Dit is gewoonlik die toestand waarin mense begin sukkel en ander besef dat daar iewers iets nie pluis is nie. Smaragde is nog aktief, maar kan verlore raak in tyd of plek en hul woorde is nie altyd so helder en skerp soos voorheen nie. Hulle is onbewus daarvan dat alles nie in orde is nie en sal dus iemand anders die skuld gee. In hierdie toestand sal versorgers waarskynlik die foutiewe optredes/handelinge opmerk. In plaas daarvan om die fout uit te wys, sal die versorgers waarskynlik baie groter sukses behaal deur saam met die stroom te werk. "Go with the flow".

Amber:
Mense wat in 'n Amberstaat verkeer is geneig om binne 'n oomblik vasgevang te word. Baie Ambers sal tas-sensitief wees (hoe iets voel). Hulle is dus nuuskieriger as versigtig en het nie 'n veiligheidsbewustheid nie. Persoonlike keuses sal sterk na vore tree maar kan ook baie sterk reageer op dinge waarvan hulle nie hou nie. Dus is dit die toestand waarin versorgers dikwels sukkel om nie self 'n diamant te word nie, aangesien die persoon se gedrag so strydig is met wie hy/sy voorheen was.

Ruby:
In hierdie toestand van demensie begin fynmotoriese vaardighede in die persoon se oë, vingers, mond en voete versleg. 'n Ruby kan dus probleme ondervind met visie en sukkel met spraakproduksie en soms kou en sluk. Terwyl fynmotoriese vaardighede verlore gaan, kan 'n Ruby nog sekere bewegings uitvoer soos hande klap of iets vashou. In hierdie toestand bly die persoon se sterkte taamlik onveranderd, sodat hulle jouself of items vas kan hou sonder om te weet hoe om te laat gaan. Hierdie stadium kan baie veeleisend vir die versorgers word!

Pearl:
Soortgelyk aan 'n oesterskulp, wat geneig is om lelik aan die buitekant te wees, maar 'n kosbare edelsteen aan die binnekant te huisves, kan versorgers 'n pêrel vind in hierdie laaste toestand van demensie as hulle net weet waar en hoe om te soek en dit te ontdek. In hierdie toestand het die brein verander sodat die reflekse van die persoon onophoudelik aangeskakel word, liggaamsisteme begin faal en groot motoriese vaardighede gaan verlore. Die persoon word vasgevang, maar met die regte sorg kan die pêrel kortstondig, weer bereik word . In hierdie toestand spandeer versorgers soms te veel energie aan die behoud van die skulp en vertroetel/bereik nie meer die pêrel wat nog verskuil is.

Bronne:
https://teepasnow.com/blog/6-gems-you-need-to-know-for-a-positive-approach-to-dementia-care/
https://www.youtube.com/watch?time_continue=4&v=4BobAOavh3k&feature=emb_logo
« Last Edit: July 08, 2020, 01:06:10 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dementia - Sambreel van 'n breinmoordenaar
« Reply #11 on: June 18, 2020, 07:39:20 AM »
Hierdie het my dadelik laat dink aan die laaste edelsteen-stadium van demensie: 'Gem stage - Pearl'

The person becomes trapped, but with the right care the shell relaxes just enough to produce the amazing Pearl that is still there. In this state care partners tend to spend way too much energy on preserving the shell, but miss the GEM that’s still residing inside.



*Canned by Joyce Careirra.
« Last Edit: July 08, 2020, 01:06:29 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dementia - Sambreel van 'n breinmoordenaar
« Reply #12 on: June 19, 2020, 12:08:39 AM »
Spesiale dank aan elke persoon wat geliefdes en ander se versorging waarneem.  Hierdie rol plaas 'n emosionele, finansiële en fisiese gewig op die skouers van die 'carer' wat 24/7 betrokke is met aantrek, bad, eet, medikasie voorsiening en die lys gaan aan. Versorgers is dikwels ook die slaansak (verbaal en fisies) van slagoffers wat die knie moes buig voor die breindief in al sy verskuilde vorme.

Dit is onstellend en kommerwekkend as jy daaraan dink dat ons soms in hierdie rolle geplaas word met geen kennis hoegenaamd van hoe om op te tree nie.

Daar is reeds soveel vordering gemaak in die hantering en versorging van demensie pasiënte. Ongelukkig het nie almal toegang tot hierdie kennis nie en is soms nie eers bewus dat daar ondersteuningsgroepe is waar hulle kan stoom af blaas en gesels met ander in dieselfde posisies nie. Daar is talle aanlyn-kursusse beskikbaar met teoretiese en praktiese opleiding vir versorgers maar weereens is dit vir baie ontoeganklik weens die onkostes verbonde aan genoegsame data.

Ek wil net 'n paar struikelblokke/onsekerheid noem op die pad van versorging:

Hoe kan ek suksesvol kommunikeer met my geliefde/pasiënt?
Hoekom tree hy/sy so buite die normale aard op?
Hoe kan ek hom of haar help om nog so ver moontlik onafhanklik te kan optree en menswaardig te bly voel?
Hoe kan ons etenstye meer genotvol maak?
Watter maatreëls kan toegepas word om die veiligheid van geliefdes te verseker?
Wat is die regte optredes wanneer die persoon se toiletgewoontes 'n verleentheid word?
Hoe kan ek my eie emosies beheer en spanning verlig?

Hierdie situasies word meestal almal breedvoerig bespreek in die kursusse. Die naasbeste vir diegene wat nie vrylik toegang het tot die internet nie is die uitreiking na iemand in die familie wat wel toegang het. Sodoende kan hulle 'n insiggewende deel bydra en navorsing doen. Te veel keer rus die verantwoordelikheid van versorging slegs op een persoon en die familie onttrek of weier om die werklikheid te aanvaar en wil nie betrokke raak nie.

Ontkenning weens onkunde is die oorsaak van twis in die families van baie pasiënte.

 :crybaby2:



https://www.caregiver.org/caregivers-guide-understanding-dementia-behaviors
« Last Edit: July 08, 2020, 01:07:03 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dementia - Sambreel van 'n breinmoordenaar
« Reply #13 on: June 19, 2020, 07:08:16 AM »
In een van die demensie-seminare wat ek gevolg het was daar voorgestel dat ons 'n lysie moet maak van ons eie voor- en afkeure en dit bewaar by jou persoonlike dokumentasie. Hoekom? Sodat die persone wat ons dalk eendag moet versorg as demensie sy kloue om ons eie grysmassas geslaan het 'n verwysing het om te kan uit reik op 'n vlak wat ons eie vlammetjie van 'ek is nog hier' weer helderder te laat brand.

'n Hele bekvol ne! Onwillekeurig het ek gedink in watter mate het ons onbewus reeds so lysie gedokumenteer op persoonlike 'blogs', Facebook en die talle ander kuberkamers met ons eie belangstellings, stokperdjies, familiefotos, ons geliefkoosde disse ens.

Ek het ook telke male gesien hoe belangrik dit is vir die versorgingsoorde/eenhede en personeel om 'n agtergrond te hê van die pasiënt.

Die voorkoms van demensie is skrikwekkend en persentasiegewys verhoog dit nog steeds! Dalk is dit 'n goeie idee om so 'n lysie te maak en bewaar? Ek weet diegene wat straks na my gaan omsien (as die asemdief tweede kom) het 'n groot voordeel - hierdie siel is 'n ope boek in volkleur (meestal tot verleentheid van my familie.)

Maak jou lysie! Ek gaan nou eers weer 'n paar snare pluk - dit is bewys dat musiek, voorlees van gedigte en kreatiewe talente nog steeds geniet en benut kan word selfs in gevorderde 'stages' van die siekte. So dankbaar ek het op 64 'n snaarinstrument ontdek en leer speel wat my kort vingers kan baasraak.

Hopenlik sal ek nog kan tokkel en diegene om my se trae voete saam laat tydhou, dat my liefde vir die geskrewe woord nog vir ander 'n liggie in die tonnel kan wees, sou demensie my verander na die vreemdeling in spieël.

https://www.sciencedirect.com/science/article/abs/pii/S0197455616301915
Song writing with clients who have dementia: A case study

https://www.theguardian.com/social-care-network/2018/mar/19/poetry-care-homes-dementia

https://www.nextavenue.org/turning-memories-poetry-dementia-care/

http://www.speckled.com.au/uploads/2/6/0/5/26056371/healing_words.pdf



« Last Edit: July 08, 2020, 01:09:50 AM by Meraai vannie Baai »

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Dementia - Sambreel van 'n breinmoordenaar
« Reply #14 on: June 19, 2020, 07:58:36 PM »
Ekke kom sit by jou voete en lees en luister, dankie dat jy dit deel lief vriendin  :toothy4:  :love7:
adéle  :grommit: