Die Biblioteek > Diere en hulle dinge

Fisante en hul vere

(1/2) > >>

PM:
Die laaste paar dae het ons vogeltjies wat dink hulle moet in die huis woon.  Die duifies kom sit sommer op die eetkamertafel en 'n rooibekneushoringvogel besluit  hy sal hom sommer self help aan die lemoene wat in die groenterak is. 


Ons het 'n paar fisante wat gereeld hier kuier.  As Hannes nie vroeg genoeg kos uitsit nie kom klop hulle aan die kamer se glasskuifdeur.  (Nogal baie lastig as jy 'n bietjie laat wil inlê.  'n paar dae gelede besluit een hy gaan kom kyk waar is die man wat die kos bring en hy loop tot in die eetkamer.  Net toe kom Hannes uit 'n ander vertrek en vogeltjie skrik hom boeglam.  Hy vlieg op en beland op die stoof waar ek besig is om kos te kook. 
Ons hou  mos al die vensters toe vir die "bobjane", so, "hoender", soos Hannes hulle noem, sit in die vensterbank, heel verskrik.  Ek dag ek sal hom gou vang en by die deur uitsit, maar was ek verbaas toe ek met 'n hele klomp klein veertjies opland.  Ek het skaars aan hom geraak!?  Ek kom nog elke dag 'n paar veertjies tee.   :icon_scratch:


Vandag sien ek op TV hoe 'n leeu in die lug opspring en 'n tarrentaal probeer vang.  Daardie hoeveelheid klein veertjies wat daardie tarrentaal "afgeskud" het was verbasend.  Nou wonder ek of dit 'n "ontvlugtings" metode is om hulle veilig te hou?




   

Meraai vannie Baai:
A unique kind of antipredator defense is the shedding of parts of the body (autotomy) as a means of escape.

Birds often lose feathers during predation attempts, and this ability has evolved as a means of escape. Because predators are more likely to grab feathers on the rump and the back than on the ventral side of an escaping bird, we predicted that the former feathers would have evolved to be relatively loosely attached as an antipredator strategy in species that frequently die from predation

Fright molt of feathers from rump, back, and tail in birds may allow avian prey to escape a predator when already caught or about to be caught because the predator loses its grip (Dathe 1955; Mester and Pünte 1959; Tautenhahn 1959; Berger 1960; Höglund 1964).

Assie:
Ja Ta Raaitjie en Tannie PM. Dis waar. Ek het al gesien hier oppie plaas as Ou Ta wyn gevat het en vir Ou Miena rondjaag, dan gooi sy ook al haar klere af uit selfverdediging.
Dit werk want sy hardloop vinniger sonder klere as wat Ou Ta met sy broek om sy enkels hardloop.

 :mumum:

Meraai vannie Baai:
As ek vanaand in my slaap giggel sal dit jou skuld wees Assie  :toothy4: :angel4:

PM:
Daardie "selfverdediging" kan vir haar diep in die moeilikheid bring, jy moet dit tog nie probeer nie kind.  :icon_scratch:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version