Author Topic: Die neushoringvoël  (Read 4492 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Die neushoringvoël
« on: April 01, 2020, 02:06:13 PM »
Die teelseisoen begin wanneer die eerste herfsreën val. Die broeiseisoen duur van September tot Maart met die piek van eierlê tussen Oktober en Desember. Eiers word gedurende die nat seisoen gelê, dus sal verskillende gebiede verskillende pieke hê volgens die plaaslike reënseisoen, wat saamval met die piekreënval van die jaar.
 
Jong voëls word seksueel volwasse wanneer hulle een jaar oud is. Voordat die werklike teling egter plaasvind, is daar die hofmakery van die wyfies, wedersydse verekammery, kopulasie en die uitsoek van geskikte nesplekke wat gedoen moet word.
 
Sodra die manlike geelbekneushoringvoël gepaar het, sal hy by sy maat bly en 'n grondgebied vestig wat hy ook sal verdedig. Die neste word tussen 1 en 12 meter van die grond in natuurlike holtes in bome, kranse of grondbanke gebou. Die mannetjie gaan dan voort om bas, blare en gras aan te dra wat op die bodem van die nes geplaas sal word. Gedurende hierdie tyd sal die wyfie haarself binne-in die nes verseël deur die ingang met 'n muur van haar uitskeidings, kosreste en modder toe te messel.  Die mannetjie sal help deur modder vir haar te bring om mee te werk.
 
Die enigste opening wat opgelaat bly, is 'n vertikale spleet van bo na onder. Die mannetjie gee die kos met sy bek aan deur die spleet. Die wyfie en kuikens se uitskeidings word ook deur die spleet uitgewerp. Die vertikale spleet sorg vir goeie lugsirkulasie deur konveksie en wanneer dit gepaard gaan met houtmure, bied dit goeie isolasie.
 
Neste bevat gewoonlik 2-6 eiers wat ongeveer 24 dae neem om uit te broei. Die eiers is wit, ovaal en het fyn ge-etsde skulpe. Die kuikens word naak gebore met 'n pienk vel. Hulle en die wyfie word gevoed deur die mannetjie wat kos terugbring en dit deur die spleet laat val. Die meeste neste het ook 'n lang vlugtonnel vir ingeval 'n roofdier in die nes inbreek om hulle te vreet.
 
Die wyfie benut die feit dat sy "in gevangenis" is deur al haar vlug- en stertvere gelyktydig af te skud, en dit weer terug te groei gedurende die tyd wat sy by die kuikens bly. Sodra die kuikens halfgroeid is, sal die wyfie uit die nes breek om meer ruimte te skep, en om die mannetjie te help. Die kuikens sal die muur self herbou en voortgaan om deur die spleet deur die ouers gevoed te word. Sodra die kuikens volgroeid is, sal hulle uit die nes breek en begin vlieg.
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die neushoringvoël
« Reply #1 on: April 01, 2020, 02:51:55 PM »
Ek het hierdie geplaas omdat 'n paartjie rooi neushoringvoels, in die nes wat ons opgerig het, begin broei het.
Hierdie twee was 'n nagmerrie.  Toe die twee besluit het dit is tyd om te begin broei, het al wat 'n venster of 'n glasdeur, die vlekvryestaal vullishouer, of enigiets wat 'n refleksie getoon het, deurgeloop.  Hulle eie beeld was hul grootste vyand. Die motors se vensters en spieels het ook nie gespaar gebly nie.
Die elfde Januarie het mevrou haarself in die nes toegemessel.  Pappa het haar dag vir dag versorg. Kos aangedra nes toe en al wat 'n "indringer" is probeer verjaag van die perseel af.  Laat in Februarie pik mamma die nes oop en help vir pappa om kos aan te dra.
As een van hulle met 'n gogga by die nes opdaag klink dit soos die oordeelsdag soos wat daardie twee te kere gaan.  (Ons sien net twee bekkies, want die gleufie is so klein 'n mens kan nie insien nie.
Dit is vandag die 1ste April en die kleingoed is nog in die nes.  Hannes wou al die gleuf gaan oopkap om te sien of hulle nie vasgekeer is nie.   :bootyshake:
Dit lyk darem of die ouers besig is om hulle te "speen".  Ons wag in spanning.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Die neushoringvoël
« Reply #2 on: April 02, 2020, 10:51:40 AM »
wowww, wat 'n wonderlike ervaring ...
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die neushoringvoël
« Reply #3 on: April 03, 2020, 12:20:29 PM »
Ja voorwaar.  Daar steek die eerste enetjie toe sy kop uit en bekyk die aarde op en af, heen en weer.  Sodra hy/sy jou gewaar word daar vinnig weggekruip.  Ons is baie opgewonde.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die neushoringvoël
« Reply #4 on: April 13, 2020, 09:47:42 AM »
Drie dae later is die nes leeg.  Nou ly ek aan leenessindroom.  :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.