Author Topic: 28.1.2018  (Read 2148 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
28.1.2018
« on: January 28, 2018, 10:03:07 PM »
Goeie môre Vriende,

Dis tennistyd in Australië. Tennisliefhebbers se eerste Grand Slam van die jaar. Gister was die dames-eindstryd en vanoggend gaan dit nog die mans se kampioen-wedstryd ook wees. Ek het die riller-wedstryd gister gevolg, ek dink dit was meer as twee ure. Die balle is met bomenslike spoed gemoker … in ondraaglike hitte. Emosies het wipplank gery. Ondersteuning vanuit die toeskouergeledere het baie gehelp om die vroue moed te gee.

Is dit nie sprekend van ons lewe nie? Elkeen van ons spoed op verskillende tye met verskillende spoedlesings deur die lewe, Soms wil ons ‘tyd’ vashou, dit ons eie maak en elke moment daarvan in ons lewe vaslê. Maar tyd laat hom nie vashou nie. Soos wat die lewe soms ‘n riller is en ons van alle moed stroop, so is dit vir die gelowige en Christen, makliker om op te staan en te arbei.

Die lewe is vol balle. Van hulle word na ons gegooi soos vir kinders, sag en maklik om raak te slaan en terug te slaan na waar dit vandaan kom. Maar ander kere moker die lewe ons met blitsballe … hard en ongenaakbaar.

Is ons gelukkig en voorspoedig, kan ons baie balle, skeef, te kort of te wyd,  verdra. Maar probleme kom ook op ons af, soos hitte bokant 35 grade Celsius en warmer wat elke greintjie krag uit die tennisspelers tap. Dan soek ons hulp. Soek ons (soms onbewus) rond na ons Afrigter se oogknip van goedkeuring, of sy handgebare wat wys dat ons dalk ‘n paar minute kan rus om af te koel, Ons vlug selfs weg van die drama wat om ons wil vou. Al kan dit ons kans gee om weer asem te skep, kan ons nie vir altyd wegvlug nie. Elkeen moet weer terugkom en die probleem in die oë kyk.

Ons emosies kan nooit net op een vlak lê nie. Soos wat ons ouer word, van kindsbeen tot stokoud (as ons so gelukkig is) het elkeen van ons seker al elke moontlike emosie wat in sielkunde beskryf word, ervaar. Daarmee saam het ons soms so breekbaar gevoel dat ons op geen manier weer kon opstaan nie.

Maar dis waar ons Skepper, ons lewende God inkom. Hy het ons gemaak met die belofte dat Hy alle balle en houe van ons sal wegweer, of ons sal help om dit baas te raak. So kom Genade dan in ons lewe, tesame met God se vrede, sy Liefde en vergifnis en die Ewige Lewe. Dit word nie in jou skoot gegooi nie, maar op ‘n skinkbord vir ons aangebied; in God se Hande na jou toe uitgehou. Vat dit net, gryp dit vas en leef in daardie arena waar God ons geplaas het, sodat ander wat ook daar rondom die baan sit, jou vreugde kan sien. Sodat hulle die goue beker vol genade, wat jou die Ewige Lewe bied, kan sien. Sodat hulle Christus kan ervaar en ook in sy voetspore wil volg.

Evangelie-groete met liefde.
adéle theron
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 28.1.2018
« Reply #1 on: January 29, 2018, 01:14:51 PM »
 Dit is so waar Adele.  :bootyshake:   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: 28.1.2018
« Reply #2 on: January 29, 2018, 03:15:46 PM »
Dis so pragtig geskryf. Sonder Hom kan ons nie die balle wat ons kant toe kom, afweer nie.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: 28.1.2018
« Reply #3 on: December 21, 2019, 12:01:47 PM »
Amper twee jaar gelede ... die volgende toernooi begin eersdaags, en die lewensballe het nie minder geword nie, is wel soms met minder krag afgestuur, maar steeds kon ek dit nie afweer sonder God se beskerming nie.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 28.1.2018
« Reply #4 on: March 25, 2020, 09:18:12 PM »
Tyd vlieg!  Kyk nou net waar trek ons nou.  Ek het net vandag gedink aan al my vriende wat jong kindertjies gehad het toe ons die forum begin het.  Hulle is vandag grootmense.   :read2:
Om te weet is om te verstaan.