Voorstelle en klagtes > Waar is jy?

Maters, waar IS julle?

(1/2) > >>

Meraai vannie Baai:
Meraai vannie baai is effe beswaard. Ouens die forum het julle nodig, op die oomblik is ek moeg om elke keer my eie naam by plasings te sien. Was dit nie vir Adele nie was ek stoksielsalig alleen aan't dwaal deur die forumgange. Daar MOET meer wees as net kwale en skete en etes waaroor ons kan skryf. Groot asb. kom neem weer deel sodat ek ander name kan raaklees en nie net twee lede sin nie :crybaby. Voel my ek hou die forum kunsmatig aan die lewe alhoewel ons rekord lesersgetal die teendeel spreek waaroor ek jubel en juig.

adele:
so het ek ook al gewonder, lief Raaitjie ....  :dontknow:

Meraai vannie Baai:
Spesiale drukkie vandag vir jou.  :love7: :hello2: :angel8:

Naas:
Hier by my gaan dit rof. Die groot K se sekel maai onder die familie. Eers my dogter se skoonpa. Hy was pas begrawe toe word my dogter se man gediagnoseer met Kanker. Hy wen sy eerste stryd teen die siekte net om 14 dae later te hoor dat daar 'n nuwe een posgevat het en behandeling van voor af. Terwyl hy behandeling ondergaan hoor ons sy ma het ook kanker. Sy is twee weke terug begrawe. My skoonseun baklei nog voort maar geen behandeling het enige effek op die kanker nie, dit tier maar lustig voort. Intussen is my vrou se jongste broer hospitaal in, hospitaal uit met kanker in sy rug wat besig is om al sy rugwerwels op te vreet.
Julle moet dus verskoon as ek bietjie asemloos is. Dis net werk hospitaal slaap werk... ens.
Gelukkig is dit amper vakansie maar vanjaar meer as ooit sien ek nie uit na die feesseisoen nie.
Vir persoonlike redes hoe ek niks van die tyd van die jaar nie maar nou le dit soos 'n berg voor my.

 :icon_bigsmurf:
 :mumum:

Meraai vannie Baai:
So bitter jammer om te hoor van al die nare nare gebeure rakende jou geliefdes Naas  :crybaby2: wat kan ek skryf? Die lewe is hard en wreed. Dankie dat jy ingeloer het om te laat weet. Vou jou toe met omgee en verstaan.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version