Die kuierstoep > Die Foltergrot

Soek dringend 'n nuwe wagwoord sebliefie PM

(1/3) > >>

Meraai vannie Baai:
HELP!  :toothy4: :notworthy: :`ip2:

O dierbaarheid die liewe tegnologie. Net gou laat weet dat as ek skielik stil raak geen rede tot kommer. Behalwe 'n paar nuwe aanpassings op die asemdiefpad het my rekenaar ook nou met streke begin. Ongelukkig het ek nie meer my wagwoord om van 'n ander device in te teken nie. As ons forummoeder dalk hier lees, matertjie ek het dringend 'n nuwe wagwoord nodig voor ek nie van my rekenaar af kan inkom waar ek permanent aangeteken is hier juis omdat ek nie die wagwoord kan onthou nie. My tikkertjie is op laaste bene en kan my enige oomblik in die steek laat. Ek het ook nie 'n wagwoord as admin om te loer of ek selfhelp kon toepas nie.
 :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
Het enige iemand dalk nog persoonlike kontak met PM? Ek het nou op drie maniere probeer kontak maak. Hou styf duime vas ek kry dit voor my tikker finaal groet  :bootyshake:

Naas:
Ons hoor ook min van PM. Blykbaar is ontvangs daar op Leeupoort nie baie betroubaar nie. Ek raak ook by tye bekommerd omdat sy en Hannes nie een sterk gesond is nie.

 :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
 :icon_salut: Die uwe kon die forumslot oopsluit. Dankie baie baie liefste PM. Dankie ook vir jou inloer Naas  :love7:

PM:
Na die eerste beroerte het dit beroerd gegaan.   :icon_biggrin: 
Daar was tye wat ek voor die rekenaar gesit het en nie geweet het hoe om my e-pos oop te maak nie. 


Of all the things I've lost in life,
I mis my brains the most!    :crybaby2:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version