Author Topic: Rituele gewoonte  (Read 4015 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Rituele gewoonte
« Reply #15 on: September 17, 2021, 07:25:00 AM »
Nee wat Ta PM, dan roer ek maar my eie pap.

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Rituele gewoonte
« Reply #16 on: September 17, 2021, 07:30:35 AM »
Jaaa wat!  Ek sal ook nou maar moet gaan pap roer, want soos dit  'n ritueel in hierdie huis is om gaste te onthaal, so sal ek die pap roer.  Gou onder die stort gaan rond dans en dan gaan inkopies doen.  Dit is die voordeel om weer terug te wees in die stad, waar die honde jou mal blaf en die sirenes die dooies opwek.  Ons is naby die winkels en kan gou 'n paar goedjies gaan koop.  In Leeupoort was die naaste winkels 100 km heen en terug. 
Nou moet ek keer om nie te vergeet dat ek more weer kan vars brood net om die hoek  kry nie. 
« Last Edit: September 17, 2021, 07:41:27 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Rituele gewoonte
« Reply #17 on: September 17, 2021, 02:59:20 PM »
Naas...hahahahahakamp 
Assie...... ek het my nou vrek gelag vir jou oupa en die hangholle.....
My vriendin het my geseg...mens laat nie jou kinners met n laaitie met so hanghol broek speel nie, hy het weke se onkruid daar binne, wat nie gewas word nie, en hulle leer wydsbeen loop vir aspris slegter lyk.... en jou kinders mag hulle nie bang maak nie... die reuk is gewaarborg jarre oud....daai p@epe kan mos nie iewers gaan nie, want dis noue pype....  dit maak soos n seep-bubble.... dit draai en draai en draai en word net meer of groter.... en stinker

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Rituele gewoonte
« Reply #18 on: September 17, 2021, 11:01:09 PM »
Ek het al my dae om die vraat van 'n woordmandjie te laat stilstaan. Die armpies wil sommer self die lyne steel  :headbang: :sign10:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Rituele gewoonte
« Reply #19 on: September 20, 2021, 10:35:46 PM »
Los dit maar Raaitjie, laat die ding maar steel.  Dit is 'n Suid-Afrika-Mandjie.  LĂȘ hy teel hy, staan hy steel hy!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.