Author Topic: Wat is in 'n naam?  (Read 5641 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Wat is in 'n naam?
« on: September 23, 2019, 06:52:34 AM »
Besigheidsname wat my bekommerd maak!

Sheet Street. Wie wil nou op 'n laken slaap wat vol sheet is?

Hier by ons is 'n voedselmaatskappy met die naam van 'Gastro foods' Wat verkoop hulle? Brooklax?

En dan... 'Virgin Active' Dit maak vir my glad geen sin nie. Is 'n aktiewe virgin nog 'n virgin?

 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wat is in 'n naam?
« Reply #1 on: September 23, 2019, 07:46:03 AM »
 :angel4: Hierdie pret met woorde is my kos Assie. Ons het mos Virgin Airlines diekant van die aardbol wat ook sorg vir groot vermaak.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wat is in 'n naam?
« Reply #2 on: November 12, 2019, 04:56:28 AM »
Verslind ek weer so paar geskrewe blaaie terwyl ons 'n bietjie weggeloop het en tussen die paragrawe skuil daar 'n van wat jy baie mooi van kies tot kies moet rol voor jy dit uitspreek vermaan die skrywer: Arsepong

 :nono: :bootyshake: :toothy4:

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Wat is in 'n naam?
« Reply #3 on: June 03, 2020, 09:54:08 AM »
So vertel Oom Naas se Tannie Elmarie van die man en vrou wat gereëld na die kliniek toe gekom het met hulle sewe kinders. Dan was dit altyd 'n gedoente want elkeen van die nege moes dan ondersoek en gesond verklaar word.
Die ma se van was Piel. Maar hulle spreek dit uit as peul. (Hollanders)
Een kliniek oggend was hulle baie besig by die kliniek toe die ma se kombi voor die deur stop met die hele gesin wat daar uitpeul.
'Aai!' Sug een van die verpleegsters. 'Dit is so besig en hier kom Meneer en Mevrou Piel met hulle broek vol klein Pieletjies ook nou nog aangetrippel.'

 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wat is in 'n naam?
« Reply #4 on: June 03, 2020, 10:47:28 AM »
Ek giggel myself in 'n trans in terwyl al die medikasie nog ewe vroom in 'n ry staan  :angel4:

Ons het so kompetisie-program hier in die vreemde waar jy 'n onderwerp kies wat jy nou 'n meester op die gebied is. Kies die een ou sport as onderwerp en die aanbieder vra die volgende: In watter afdeling het Fanny Chmelar uitgeblink - was dit ski, swem of ... ek het bietjie vergeet wat was die ander sportsoort want by die tyd kon die aanbieder nie meer sy lag inhou nie. Dit was choaties snaaks.  :icon_biggrin: :icon_bigsmurf:
« Last Edit: June 04, 2020, 07:13:52 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Wat is in 'n naam?
« Reply #5 on: June 03, 2020, 06:46:07 PM »
Ta Raatjie, nou wil ek graag weet of daai sportman 'n man of 'n vrou is want ek is nuuskierig of hybruikmen of sy stink...


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wat is in 'n naam?
« Reply #6 on: June 04, 2020, 07:00:55 AM »
Hiehieheiheie. Hier is die skakel:
https://www.youtube.com/watch?time_continue=4&v=nmwGFX5pgXw&feature=emb_logo

Back in 2011, a contestant was asked what sport Fanny Chmelar was famous for. It turned out she was a famous downhill skier, but the pronunciation of the German athlete’s name dominated the episode, with host Bradley Walsh descending into uncontrollable giggles. The clip has gone viral at poor Fanny’s expense, and six years later, it’s still a hot topic.


Read more: https://metro.co.uk/2017/07/31/bradley-walsh-finally-apologises-to-fanny-chmelar-for-that-episode-of-the-chase-6818070/?ito=cbshare

Twitter: https://twitter.com/MetroUK | Facebook: https://www.facebook.com/MetroUK/