Author Topic: By Babel het verdwasing en woede  (Read 490 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Bouspan
  • Hardebaard
  • Posts: 1908
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
By Babel het verdwasing en woede
« on: August 03, 2019, 01:53:18 PM »
By Babel het verdwasing en woede
dwars oor hul woorde gaan staan;
onbegrip en verleentheid
'n wig tussen vriende ingeslaan.
Huis en haard het hul op donkies gelaai
en voetgeslaan deur veld en vlei,
iewers weer met taal en kultuur
'n nuwe land en tuiste gekleim.

Kinderstemme het die aarde gevul
en honderde nageslagte
moes God se wil volbring.
Maar keer op keer het hul vergeet
hulle Skepper sou hul lei
en troos in al hul leed,
sou hul tog net getrou wou bly;
sy Woord en wense navolg,
sy groot genade
oor hulle en hul kinders koester.

Luister nou na sy Woord en leer,
om teen sy Wil te lewe
toon geen respek en bring geen eer.
Keer elke dag dat woede,
verdwasing of onbegrip
repe in jou wandel met ander skeur.
Gordel vas aan Sy liefde
en Sy genade;
die ewige vrede van Hom, ons Heer.

©adéle theron
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10654
  • Gender: Female
Re: By Babel het verdwasing en woede
« Reply #1 on: August 05, 2019, 01:35:03 PM »
Pragtig Adele. 


By Babel het verdwasing en woede 
dwars oor hul woorde gaan staan;
Om te weet is om te verstaan.