Author Topic: 17 januarie 2019  (Read 1617 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
17 januarie 2019
« on: February 16, 2019, 09:58:39 PM »
Goeie môre Versvriende

Ek googleloer nog steeds deur die Dooi See se grotte. Die inligting is eenvoudig te veel om in een stuk in te neem en dis baie interessant. Die bespiegelinge oor hoe die boekrolle daar in Qumran beland het en wie die werklike bewoners van daardie gebied was, lok nog baie bespiegelinge onder die navorsers uit.

Nietemin, om terug te keer na die boekrolle self … dit dateer uit die tydperk 100 jaar en langer voor Christus se koms na die aarde. Die bekende dele uit Jesaja is baie gewild, as ek dit so mag stel.

Dit bring my uit by die Bybel: die Woord van God, die Evangelie van Christus, die bron van ons geloof. Wonderlik om te lees, te bestudeer … ek wil amper sê om met die Bybel as middelpunt van ‘n geselskap voor die kaggelvuur te kuier, is ‘n heerlike ervaring.

Maar hoeveel van julle het al elke hoofstuk van elke Bybelboek deurgelees? Nog meer, hoe min mense kan werklik aanspraak maak daarop dat hulle die Bybel in geheel ken? Slegs hulle wat dit elke dag bestudeer, klink dit vir my. Ek lees hoe mense, voor die eerste drukkery onstaan het, die Bybel met die hand oorgeskryf het.

Dink net, met hoeveel moeite het dit gepaard gegaan? Daarom was Bybels baie duur. Watter “gewone mense” kon dit bekostig? Maar ek dink aan die bevrediging by voltooiing van elke Bybel. Monnike het maande en jare lank aan een Bybel gewerk. En nie sommerso nie. Hulle het kunswerke in skrif nagelaat.

Ek wonder hoe dit sou voel om nou dieselfde te doen … op goeie, mooi papier met goeie penne, elke vers neer te skryf, jou eie “papirus-weergawe” te skryf. Al wat ek weet is dat jy die stukke wat jy oorskryf, nooit sal vergeet nie.

Geniet julle Evangelie-kanse, moenie een laat verbygaan wanneer ‘n vreemdeling jou pad kruis nie.

Groete in Christus

©adéle theron
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 17 januarie 2019
« Reply #1 on: September 17, 2021, 04:59:00 AM »
Ek self het al baie gewonder oor die omstandighede waarin die mense geleef het.  As ek net dink hoe die tegnologie ontwikkel het vandat ek 'n kind was, dan wonder ek hoe daardie mense geleef het.
calligraphy  Dit is mos die skrif waarmee hulle die bybels oorgeskryf het, nie waar nie?
Om te weet is om te verstaan.