• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Jy en verkragting

Started by PM, November 20, 2018, 11:35:34 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Na aanleiding van ons aanneem-dogter se verkragting, plaas ek hierdie onderwerp hier. 
Twee swart mans het haar woning binnegedring, haar aangerand, verkrag en haar huis leeg gesteel.  Welkom in Suid Afrika!


Hier is 'n pragtige boek wat handel oor verkragting. 


https://rapecrisis.org.za/wp-content/uploads/2015/10/Afrikaans.pdf
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


PM

Jy weet dan wat se traumatiese ondervinding dit is.  'n Mens is stom geslaan en jou hande is afgekap. 
Ons het so pas die nuus ontvang dat hulle altwee mans gevang het. 
My hart is stukkend vir die arme vrou. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Dit is daar wat ek die tien gebooie heeltemal verloor. Jy moet jou naaste liefhê... SE MOER!!!!.
Ek is jammer maar sulke dinge in hierdie wêreld/land van ons verkrag alles wat ek in die sodagskool geleer het.  :crybaby2:  :crybaby2:


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Lankal by daardie punt gekom Naas. Vrae nie meer vra nie. My hart gaan uit na hierdie mensie. 

Naas

Die egste is dat die slagoffer die gebeure oor en oor in die hof moet herleef en dan kom die vark nog weg daarmee of kry net n ligte vonnis, net om dit weer aan iemand anders te doen.
Skuus, maar ek moenie meer sulke nuus lees nie...

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ja Naas, dit le nog vir haar voor.  Ons sal daar wees om haar by te staan, al wat 'n mens kan doen.  Daar gaan duisend dinge deur my brein, maar ek wil nie vra nie. 

Ons gesels gisteraand met Gerhard oor  "We chat" uit Shina.  Hy is natuurlik geweldig ontsteld.  Hy seg ook dat hierdie dinge nou baie "naby" kom.  'n Mens hoor altyd hoe ander mense deurloop.  Hy wil moor!  Ons wil almal moor! 

Sy is 'n opregte kind van die Here.  Om vrae te vra is om jou kop teen 'n boom te stamp. 


Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Agter os kom ook in die kraal.

Dan kry jy wat nooit enige iets se nie. Dra dit stil binne haar. Swaar maar dis waar.

Dit was altyd my grootste vrees naas, ontvoering, vir my kinders.

:angel12:

Naas

Ons het 'n familielid met daai siekte. Verskoon as ek nie verder verduidelik nie.
Ek kan en wil en sal nooit verstaan dat een mens willens en wetens 'n ander mens so liggaamlik en geestelik kan seermaak nie.
Ek se weer... Sulke gedrag sal my tot verby moord dryf...

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai


Assie

Dat daar sulke mense is klits my kreukelkamer...
Dat sulke mense vry rondloop maak glad geen sin nie...

:mumum: