Die Biblioteek > Hartversaking

Die aanpassing na diagnose van hartversaking.

(1/4) > >>

Meraai vannie Baai:
Enige verandering wat jou lewensgehalte beinvloed, is 'n uitdaging. Die enigste manier om dit te verbeter is met behandeling. Die hoofdoel van behandeling in die geval van 'n kroniese progressiewe toestand, is hoofsaaklik om jou lewensverwagting te verleng.

Ongelukkig is die kans dat hierdie behandeling newe effekte gaan inhou groot, soos met enige medikasie. Hierdie newe effekte is 'n uitdaging opsigself en die aanpassing kan weke tot maande duur.  In sommige gevalle selfs jare. Dit het my vier jaar geneem voordat ek vrede gemaak het met die gebruik van suurstof in die openbaar.

Die kere wat ek probeer byhou het sonder geleende asems was die nagevolge genoeg om my verleentheid in die sak te steek en dankbaar te wees vir hulpmiddels.

Behalwe die aanpassing van behandelinge en newe effekte is daar ook persoonlike, emosionele aanpassings.

Sonder om ondankbaar te klink is suurstofpypies nie die mees romantiese gesig nie  :icon_biggrin: Selfbewus het hierdie ou tannie meer aandag aan haar nagklere en persoonlike versorging begin gee saans sodat ek 'gesonder' voel en lyk as ons bed toe gaan. Vir my is dit belangrik. Dit mag dalk die laaste ding wees op jou lysie van aanpassings. Ek erken eerlik, dit is nie altyd maklik om na 'n lag dag van baklei teen die asemdief, nog sprankelend te lyk of voel nie. Asemnood, pyn en ongemak laat 'n merk al probeer jy hoe hard om braaf wees.

Wees kreatief as jou kragte kwyn....  :icon_biggrin:



Nie een van ons het hierdie toestand gekies nie en om aan te pas is al genade. Dit is geen skande om te erken dat jy hulp nodig het nie. Sommige prosedures kan angsvol wees...

 

Die hulp van ondersteuningsgroepe is vir sommige pasiente goud werd. As jy voorbereid en ingelig wil wees om te weet wanneer jou toestand drasties verswak, watter simptome aanduidings is dat dit wel gebeur, kan ander wat reeds in die omstandighede vasgevang is, van groot hulp wees en jy kan betyds jou dokter/spesialiste inlig dat jou simptome verander/vererger.

As jy twyfel, moet nie huiwer nie. Maak 'n afspraak.

Vir my persoonlik is hierdie kontak met mense wat in dieselfde oorlog veg, 'n bron van inligting en versekering dat ek nie alleen is met simptome wat jou soms onderkry nie. Die humor en omgee is 'n ware kruk vir my.

Maar - as jy eerder net kans sien op die oomblik om van dag tot dag te leef sonder om gedurig bewus gemaak te word op wat vorentoe DALK kan wag, kan hierdie groepe se openhartigheid oor wat hulle as pasiente ervaar, vir jou onstellend en te veel wees. Ons verskil elkeen. Vind 'n weg sodat die aanpassing vir jou die maklikste en hanteerbaarste is.



Brittany Foster het weereens 'n pragtige artikel saamgestel waarin sy verduidelik hoe uitputtend die aanpassing by nuwe medikasie en ingrypende behandelinge kan wees vir kroniese toestande soos o.a ook PH. Sy meld in haar laaste paragraaf: "I don’t have control over any of this. But I do have control over choosing to say “yes” to treatments, medications, and medical devices to live as well as I can."

Indien jy Brittany se bydrae wil lees oor haar aanpassing:
https://pulmonaryhypertensionnews.com/2018/11/16/pulmonary-hypertension-choosing-say-yes-treatments-not-easy-oxygen-therapy-noninvasive-ventilation-sleep-apnea/?utm_medium=desktop-push-notification&utm_source=Notifications&utm_campaign=OneSignal




























Anton Louw:
Hallo Meraai en dankie vie die skrywe.  Dit het my diep geraak en ek glo dit is in 'n mate eintlik van toepassing op ons almal!

Meraai vannie Baai:
Die voorreg om te deel as bewusmaking my voorreg Anton. Duisend dankies vir jou inloer.  :notworthy: :icon_salut:

Meraai vannie Baai:
MitraClip

'n Klein toestel toon belowende resultate om oorlewing in pasiënte met hartversaking met lekkende hartkleppe te verbeter.

Ongeveer 480 000 Australiese volwassenes het hartversaking, wat dikwels veroorsaak word deur koronêre hartsiektes, vorige hartaanvalle, hoë bloeddruk en kardiomyopatie.

"Hartversaking is 'n toenemende probleem soos ons bevolking verouder," het prof. David Muller, St Vincent's Hospital, gesê.

Mense met hartversaking kan 'n lekkende klep ontwikkel. Dit kom voor wanneer die linkerkamer van hul hart vergroot word en verhoed dat die dun kleppe van die mitrale klep behoorlik sluit.

Die klein toestel wat die MitraClip genoem word, word binne die kloppende hart geplaas om die terugvloei van bloed te stop.

BRON:
https://www.9news.com.au/2018/11/16/18/58/heart-failure-breakthrough-tiny-device-could-improve-patient-survival-rates?ocid=Social-9News&fbclid=IwAR0MBYGLi_xZdau85Bat-xtM3tXDKDuXmh8lSKXa9S6El1_vNC_RE8SH-Lg

Meraai vannie Baai:
Lief PM, sit ek nou en wonder of jy toe al die kardioloog gesien het? Hoe gaan dit met jou? Onthou asseblief dat ons hier is en omgee.   :love1: :love10:  :love7:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version