Die kuierstoep > Grappies

Die skoene

(1/2) > >>

PM:
Toe ek hierdie raak lees het ek gedink - onth het 'n plekkie nodig vir grappieth!  Dit het my so aan Naas se pragtige sin vir humor laat dink. 
Die seuntjie vra die juffrou om te help om sy skoene aan te trek. Sy probeer met 'n gedruk en getrek om die vellies aan die kind se voete te kry.
Teen die tyd wat sy by die tweede vellie kom, breek daar al 'n lagie sweet op haar voorkop uit en begin haar hare al slierte hang soos sy stoei om die vellies aan die kind se voetjies te kry.
Dis toe dat die mannetjie so tussen sy vier afwesige voortandjies sê: "Juffrou, hierie eerthte vellie ith aan die verkeerde voet."
Sy kyk en so wrintiewaar, die vellie ís aan die verkeerde voet. Die uittrek van die vellie aan die verkeerde voet gee nóg 'n gespook af. Die juffrou hou kop en begin maar weer om die vellies aan die régtevoete aan te trek, steeds met een helske gesukkel.
Amper klaar, kondig die mannetjie aan: "Juffrou hierie ith nie my vellieth nie."

Die juffrou ontplof byna, maar hou kop en sê kalm:
"Hoekom het jy nie vroëer gepraat nie?"
Die gestoei begin weer om die vellies uit tetrek. Pas is die vellies uit of meneertjie sê weer: "Dith my boetie the vellieth. My ma het gethê ek moet dit vandag dra want myne ith weg."Die juffrou sluk droog, skraap al haar moed bymekaar en begin weer stoei om die vellies aan die voetjies te sit. Uiteindelik is hulle weer aan die mannetjie se voetjies.Die mannetjie trek aan die juffrou se baadjie en vra verleë: "Juffrou,wat van my kouthe?"Juffrou skree: "Nou waar is jou kouse??!!
"Die knapie antwoord:
"Dith voor in my vellieth!"

Naas:
Laat dit vir Juffrou n les wees...


 :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
So lekker om al laggende wakker te word  :`ip2: :toothy4:

PM:
Dit is vir my skreeu snaaks.  Laat my ook aan die haasbek seuntjie dink wat voor in die kerk gesit het toe oom doom baie vroom en met handgebare vetel hoe die walvis vir Jona ingesluk het.
Hy vertel: en toe gly Jona so deur die derms en die gemors in die walvis se maag en hy sluk van die slym . . .
"Thieth jethith" seg die outjie en daar lag ek dat die trane rol.   :toothy4:

Assie:
In my sondagskoolklassie vertel ek die kinnertjies van Daniel en sy drie vriende wat innie leeukuil gegooi is. Spring een seuntjie op en se: Nou waar is die donnerse polisie as mens hulle nodig kry.



 :mumum:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version