Author Topic: Kan iemand dalk vir my se...  (Read 10309 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Kan iemand dalk vir my se...
« on: November 15, 2018, 12:06:04 PM »
Kan iemand dalk vir my se waar 'n meisie nog kan soek vir 'n ordentlike man.
Ek praat nou nie van die testosteroonbelaaide rugbyspelers en die uitgeboulde krieketspelers nie. Oupa se in sy dae het 'n man nie persoonlikheid gehad voordat hy nie sy eie wiele onder sy gat gehad het nie. Vandag kry hulle sommer wiele saam met hulle eerste nagmaal. Dis nou as hulle nog kerk bywoon.
Nou dink hulle blykbaar hulle het nie persoonlikheid voor 'n tatoo-artist hulle nie met 'n nat koerant oor die arm geslaan het nie. Ek gril my dood vir die ingekleurde wonders. Wat maak mens nou as jy daai koerant klaar gelees het. Ons gebruik koerantpapier in die doefpoef en as jy klaar gelees het maak jy die onderstel daarmee skoon. Dink nie hulle gaan baie daarvan hou as ek hulle arms vir dieselfde doel gebruik nie.
Ek is so jaloers op Ta Raaitjie en Antie PM wat sulke goeie mans gekry het maar hier rondom ons kweek hulle deesdae net slapgatte wie se denimbroeke tussen hulle knie penduleer. Meeste van die boerseuns hier rondom ons weet nie eers meer hoe om koei te melk nie.
Ek wil darem ten minste 'n man he wat beter is met speentrek as ekself.
Help vir Assie met raat asseblief.


 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kan iemand dalk vir my se...
« Reply #1 on: November 15, 2018, 12:12:17 PM »
Jongie, vandag se melkboere het mos masjiene om die speentrekwerk te doen.  Gan wonder die jongelinge daar ken nie die verskil nie.   :dontknow:


Eendag in die vol bus vra 'n vrou wat  vol inkleurwerk is vir 'n man:  staan jy dan nie op vir 'n dame nie?  Dame wat wo!
Nee, skilderye moet hang! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Kan iemand dalk vir my se...
« Reply #2 on: November 15, 2018, 12:18:44 PM »
Jammer Assie ek is klaar gevat  :angel8:
Kamp is koning!

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Kan iemand dalk vir my se...
« Reply #3 on: November 15, 2018, 12:26:25 PM »
Ai Anton, ek kyk die kiekies van jou en jou pragtige gesin en dan raak ek skoon jaloers omdat ek nog op die rak sit. maar jy is reg. Die goeie mans word vroeg gevat.
Het op 'n stadium gedink die veeartsie is die regte een maar het vry nou 'n koei oppie dorp.



 :icon_bigsmurf:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kan iemand dalk vir my se...
« Reply #4 on: November 15, 2018, 12:28:54 PM »
Assie, ek dink jy moet jou paspoort in orde kry dan soek ons hier vir jou 'n stoere Ausie boer wat nog weet hoe om 'n speen te trek. 

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kan iemand dalk vir my se...
« Reply #5 on: November 15, 2018, 12:37:58 PM »
Dit klink vir my na 'n goeie plan, hy moet net internet hê.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Kan iemand dalk vir my se...
« Reply #6 on: November 15, 2018, 12:45:29 PM »
Maar ek verstaan nie Ausies nie. Hoe gaan ons mekaar verstaan. Tannie moet onthou ek kan net Engels praat in selfverdediging.

 :icon_scratch:
 :icon_scratch:
 :icon_scratch:


Melk daai Ausie boere regting nog met die hand?


 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kan iemand dalk vir my se...
« Reply #7 on: November 15, 2018, 09:03:55 PM »
Daar is baie dinge wat jy kan doen sonder om 'n woord te praat Assie. Jou tante het eintlik so half skertsend gedink aan die kundigheid wat so boer het wat nog weet hoe om 'n koei te melk... is mos maar amper soos om 'n vrou te benader jy weet.
 
"First of all you will need to secure the cow so that the cow can’t wander off. You should tie the cow in a low-stress and quiet environment.

When moving near to clean the udder, speak in a low voice and gently pat her side so that she knows where you are.

Cows have a 300 degree range of vision, meaning they can see all around them without moving their heads, minus what is directly in front and behind of them.

Despite this great range of vision, their depth perception is pretty poor, which is why it is important to talk to the cow as you approach her from the side to let her know where you are and that you are getting closer

You should approach the cow slowly, because your cow can get afraid or be nervous if you move fast. And the milking process will be more difficult and unpleasant for both of you and your cow if the cow is anxious or afraid."

Then clean her udder. Dry the teats using a clean, soft cotton cloth.

As you dry them, don’t scratch or irritate the teats. They are sensitive, and the cow may jerk or try to kick you if you cause any pain.

Don't forget to lubricate before you begin milking."

Hulle beweer ook hoe meer 'n mens dit doen, hoe kundiger word jy. Ongelukkig het al die instruksies oorbodig geword met die outomatiese melkmasjiene  :dontknow: 


« Last Edit: November 15, 2018, 09:26:52 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Kan iemand dalk vir my se...
« Reply #8 on: November 16, 2018, 08:12:17 AM »
Dit klink vir my of die Ausies weet hoe om 'n dame te hanteer. Gebruik hulle goeie speensalf vir die lubrication. Sommige koeie se spene is baie sensitief.



 :mumum:
« Last Edit: November 16, 2018, 03:24:28 PM by Naas »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kan iemand dalk vir my se...
« Reply #9 on: November 16, 2018, 11:32:23 AM »
As iemand my ooit vra wat beteken dubbelsinnigheid, sal ek hulle na hier instruksies verwys.   :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Kan iemand dalk vir my se...
« Reply #10 on: November 16, 2018, 11:46:13 AM »
Antie is die een wat gese het , en ek haal aan "As iets dubbelsinning is beteken dit net een ding."

Ek onthou nog vir Tobie Cronje in daai sepie. Hy het altyd sy ma gebel en die eerste wat hy wou weet is "Hoe gaan dit met Trixie se spene Ma?"
Dan wou Oupa hom so dood lag.


 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kan iemand dalk vir my se...
« Reply #11 on: November 16, 2018, 12:52:23 PM »
Dit is waar een ding nou nie twee is nie.  Jy is so slim Assie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kan iemand dalk vir my se...
« Reply #12 on: December 02, 2020, 11:10:40 PM »
Lekker giggel ek nou weer vir wat ons nie skryf nie maar so helder soos daglig kan eien tussen die lyne  :toothy4: :headbang:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kan iemand dalk vir my se...
« Reply #13 on: December 07, 2020, 09:12:18 AM »
Ja-nee!  Is dit niu ja of is dit nou nee?   :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Kan iemand dalk vir my se...
« Reply #14 on: September 11, 2021, 02:19:42 AM »
Twee omies sit op die bank. Dan sug die een... Jaa...
Dan sug die ander een... Neeee...
So sit hulle maar.
Trek daar 'n nuwe omie in en hy kom sit daar by hulle.
Jaaa... Sug Oom Een
Neee... Sug Oom Twee
Ja-neee... Sug die nuwe Oom
Na so rukkie roep die nuwe Oom se vrou hom.
Toe hy weg is merk Oom Een op: "Die nuwe man praat darem baie."

 :mumum: