Die Klaskamer > Kan jy dalk vir my sĂȘ . . .

Kan iemand dalk vir my se...

(1/5) > >>

Assie:
Kan iemand dalk vir my se waar 'n meisie nog kan soek vir 'n ordentlike man.
Ek praat nou nie van die testosteroonbelaaide rugbyspelers en die uitgeboulde krieketspelers nie. Oupa se in sy dae het 'n man nie persoonlikheid gehad voordat hy nie sy eie wiele onder sy gat gehad het nie. Vandag kry hulle sommer wiele saam met hulle eerste nagmaal. Dis nou as hulle nog kerk bywoon.
Nou dink hulle blykbaar hulle het nie persoonlikheid voor 'n tatoo-artist hulle nie met 'n nat koerant oor die arm geslaan het nie. Ek gril my dood vir die ingekleurde wonders. Wat maak mens nou as jy daai koerant klaar gelees het. Ons gebruik koerantpapier in die doefpoef en as jy klaar gelees het maak jy die onderstel daarmee skoon. Dink nie hulle gaan baie daarvan hou as ek hulle arms vir dieselfde doel gebruik nie.
Ek is so jaloers op Ta Raaitjie en Antie PM wat sulke goeie mans gekry het maar hier rondom ons kweek hulle deesdae net slapgatte wie se denimbroeke tussen hulle knie penduleer. Meeste van die boerseuns hier rondom ons weet nie eers meer hoe om koei te melk nie.
Ek wil darem ten minste 'n man he wat beter is met speentrek as ekself.
Help vir Assie met raat asseblief.


 :mumum:

PM:
Jongie, vandag se melkboere het mos masjiene om die speentrekwerk te doen.  Gan wonder die jongelinge daar ken nie die verskil nie.   :dontknow:


Eendag in die vol bus vra 'n vrou wat  vol inkleurwerk is vir 'n man:  staan jy dan nie op vir 'n dame nie?  Dame wat wo!
Nee, skilderye moet hang! 

Anton Louw:
Jammer Assie ek is klaar gevat  :angel8:

Assie:
Ai Anton, ek kyk die kiekies van jou en jou pragtige gesin en dan raak ek skoon jaloers omdat ek nog op die rak sit. maar jy is reg. Die goeie mans word vroeg gevat.
Het op 'n stadium gedink die veeartsie is die regte een maar het vry nou 'n koei oppie dorp.



 :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
Assie, ek dink jy moet jou paspoort in orde kry dan soek ons hier vir jou 'n stoere Ausie boer wat nog weet hoe om 'n speen te trek. 

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version