Woordskuur > Woordmuseum: Liedjies & Verse uit toeka se dae

Jongeling liedjies

(1/2) > >>

PM:
Ek onthou die studentedae se "nog 'n dag is in sy moer"   :icon_biggrin:   Met die eindeksamen het ons gebulder:  nog 'n jaar is in sy moer


Gaudeamus, igitur,
juvenes dum sumus;
gaudeamus, igitur,
juvenes dum sumus;
post jucundam juventutem,
post molestam senectutem
nos habebit humus,
nos habebit humus.

Kom nou, kêrels, laat ons sing,
skuif die boeke nou opsy!
Kom nou, kêrels, laat ons sing,
skuif die boeke nou opsy!
Al die bitter jer'miades,
al die skandes en die skades
van die bloktyd is verby,
van die bloktyd is verby.

Meraai vannie Baai:
En nou is dit bewaar! PM jy is 'n ster  :love7:

PM:
Dit was darem baie jare gelede!
Die ander eksamenliedjie was  "Al die eksamens is nou klaar . . .

Meraai vannie Baai:
Was daar 'n reeltjie wat joegaai die, joegaai daai ingesluit het? Of vanwaar was dit deel van 'n liedjie uit die oude doos? Daardie woorde kom skielik ewe vrolik aangehuppel toe ek jou kommentaar lees  :icon_biggrin:

PM:
AL D'EKSAMENS IS NOU KLAAR
Woorde: HUGO GUTSCHE, na "Studio auf einer Reis"
Musiek: A. SCHÄFFER, 1849;
verwerk: D. HYMAN

Al d'eksamens is nou klaar, joe-gai-die, joe-gai-da!
Nou begin die pret voorwaar, joe-gai-die-hai-da!
Slenter aan deur dik en dun,
meisies volop om te min;
Joe-gai-die-hai-die-hai-da,
joe-gai-die, joe-gai-da!
Joe-gai-die-hai-die-hai-da,
joe-gai-die-hai-da!

Is die geld partykeer skraal,
joe-gai-die, joe-gai-da!
en die baadjie bietjie kaal,
joe-gai-die-hai-da!
Later kom 'n beter dag,
dan sal ons weer skaterlag!
Joe-gai-die-hai-die-hai-da,
joe-gai-die, joe-gai-da!
Joe-gai-die-hai-die-hai-da,
joe-gai-die-hai-da!

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version