Woordskuur > Pret met woorde
7 Klippies
Anton Louw:
Hoe mooi beskryf dit ons lewe...
7 Klippies
Daar's sewe klippies in jou sak
Deur die Here vir jou ingepak
Sodat jy ene weg kan gooi
Vir elke tiende jaar voltooi.
Eerste klippie, geen probleem
Die spel sal donkiejare neem,
Dink ons in ydel kinderwaan
Die lewe gaan vir ewig aan.
Op twintig waai die tweede klip,
Pragtig en rooi van lip,
Windmakerder kan jy nie kry,
Wat ek wil, skuld die wêreld my.
Klippie drie die laat jou dink,
Vir dertig jaar het jy rinkink,
Vier sewendes is daar nou oor,
Om op te maak vir tyd verloor.
As uit jou hand die vierde val,
Dan vlek die grys jou slape al,
En dit wat in die sak oorbly,
Te min om als gedoen te kry.
Dan kom jy by vyftig,
Nou galop die tyd te vlytig,
En na die bult-op lewenspad,
Beginne jy die afdraand vat.
Voorlaaste klippie nommer ses
Glip uit die sak voor jy sê mes
Die wat gewerk het vir n baas
Kry sy persent en groet vir laas.
O wee, o wee, nou klippie sewe,
Skriftuurlik het jy klaar gelewe,
Daar kom nou veel genade kort
Vir die wat dalk wil tagtig word.
Daar is natuurlik taai kalante,
Jy sien hul soms in die koerante,
Wat net nie wil die emmer skop
En eers na honderd om sal dop.
Of jy nou tot vervelens lewe,
Of tata sê hier rondom sewe,
By watter klip jy ookal stop,
Gaan sal ons, die tyd raak op.
Ek wens jou dus n sakvol klip,
Genoeg vir daardie honderd trip
En vreugde tot jou knië daar op
oudag knak.
Nou ja, ou maat, daar het jy dit,
Al wat ons nou kan doen is bid
Vir gesondheid, liefde en geluk,
Met voorspoed vir die oorblystuk!
(Skrywer onbekend)
PM:
Dit is regtig mooi, dankie vir die deel Anton. :hello:
Meraai vannie Baai:
Laat mens diep dink... ek is soooo lief vir klippe. Waar ons ook al kampeer neem ek altyd een of twee terug huistoe (soms meer as Outop nie loer nie :icon_biggrin:))
Meraai vannie Baai:
Kom ek weer hier verby vanaand en waardeer van vooraf. Dankie baie baie kampmater van ons. Ek wens julle elkeen 'n sak vol van die mooiste klippertjies toe. Oe, wens ek kon julle ons klipversameling wys. Die wieletjieshuis was gelaai en as dit die liewe Heer se wil is, gaan ons hom nog baie so laai. Gaan juis die naweek weer gratis kamp saam ons ou vrinne en dan gesels ons net in Afrikaans. Hoe geseend is ek nie! Dit beteken dat ek weer van more af to Sondag aand ons tyd, stil gaan wees. Daar waai die wind jou seine in nege-en-negentig windrigtings!
PM:
Hoop jy geniet dit 'n kat uit 'n boom uit Raaitjie. (Ons het nou genoeg honne.)
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
Go to full version