Die Biblioteek > Afrikaner kultuur en geskiedenis
Engelse wolwe in Afrikaanse skaapsklere
Meraai vannie Baai:
Ek het hierdie inligting ontdek toe ek navorsing gedoen het oor gepasde Afrikaanse beskrywings vir die Engelse uitdrukking 'taradiddle' (witleuentjie). Hierdie soektog het my gelei na 'n erf in die kuberruim (Kruispad 247) waar die skrywer gemaklik steun op Engelse woorde, i.p.v 'n bietjie moeite doen om eerder 'n kreatiewe Afrikaanse taal-os in te span. Let veral op na die titel.
50 Shades van ’n wit leuentjie
"Ek wonder waar op die kleurkaart sal ons ’n wit leuentjie kry. Sal dit nader aan wit wees of sal dit wit met ’n grys skynsel wees? Ek picture die prentjie waar ’n engel iemand se witleun kaartjie neem en dit vergelyk met die wit kaart om te kyk waar dit inpas. En in my geestesoog sien ek dat die engel sukkel om ’n kleur te kry wat match."
:book1: :icon_scratch: :dontknow:
Onderstaande bydrae is geleen vanuit die bron: http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512015000300014
Gaan ons sienderoë toelaat dat die invloed van Engels op Standaardafrikaans so groot word dat 'n mens werklik eers Engels moet ken voordat jy Afrikaans kan verstaan?
Woorde, uitdrukkings en segswyses kan help om die Engelse wolwe in die Afrikaanse skaapsklere uit die trop uit te keer. In hierdie opsig het die sprekers en/of kenners van die variëteite natuurlik 'n enorme rol te speel deur sulke woorde, uitdrukkings en segswyses meer algemeen te begin gebruik, ook in die skryftaal.
Of ons as Afrikaanssprekendes dus iets aan die kwale van Afrikaans kan doen, hang volkome van ons self af, nie van die staat of die owerhede nie. Die vraag is of die grootste gros Afrikaanssprekendes nog (of weer) gemotiveer kan word om te handhaaf en uit te bou wat in die verlede tot stand gebring is.
Hoe nader daardie woorde of uitdrukkings of segswyses aan Engels is, hoe beter. Dink maar aan lukraak gekose voorbeelde soos die volgende (al kan van hulle in sekere streke algemener wees as in ander):
'n Vragmotor het 'n lorrie of 'n trok geword, en bakkies word al hoe meer trokkies.
DNS en MIV is by voorkeur DNA en HIV, en raar het seldsaam geword en nie meer vreemd of eienaardig nie.
Brutaal het wreed geword, en is nie meer ongemanierd of onbeskof of vrypostig nie.
'n Sjabloon deug nie meer nie; dit moet 'n templaat wees.
'n Wekker het 'n alarm geword, en op die nuus word daar sommer teen ringleiers aksie geneem, in plaas daarvan dat teen voorbokke of belhamels stappe gedoen word.
In rugbykommentaar pop die koppe in die skrum op.
Die nuusbulletin "was met trots aangebied" deur maatskappy Sus en So, in plaas van "is" deur hom aangebied.
Aangesien word siende dat en laat slaap word inlê.
Daar was 'n tyd toe Afrikaans dikwels kreatief terme geskep het - dink maar aan woorde soos bromponie, kitskoffie, moltrein, duimry. Dit gebeur al hoe minder, want nader aan Engels is mos beter, en dan word 'n nuutskepping soos toep as onaanneemlik of bespotlik afgemaak en daarom word app eerder gebruik.
Toenemend beland iets nie meer êrens nie, maar eindig daar op of land selfs daar op.
En iets kom nie meer ter sprake nie, dit kom op, asof dit ontkiem het!
Luister maar hoe dikwels word 'n idiomaties korrekte bysin (veral dié wat met wat begin) verdring deur 'n om te-konstruksie, byvoorbeeld Sy was die eerste speler om in soveel toetse te speel in plaas van Sy was die eerste speler wat in soveel toetse gespeel het.
Niks gebeur deesdae meer op die ou end of op die ou einde nie, maar aan die einde van die dag en selfs aan/op die ou einde van die dag.
Die Afrikaans woordelys en spelreëls (AWS; Pharos 2009:556) definieer 'n anglisisme as "'n Engelse taalvorm (woord, uitspraakwyse of sinskonstruksie) wat in Afrikaans gebruik word, maar wat in stryd is met die Afrikaanse taalpatroon en 'n bestaande Afrikaanse vorm verdring, byvoorbeeld *ek myself was daar, in plaas van die korrekte ek was self daar; en *hy moes agter die kinders kyk, in plaas van die korrekte hy moes die kinders oppas of hy moes na die kinders kyk.
Nie alle gevalle van Engelse invloed is egter anglisisties nie, aangesien Afrikaans en Engels baie gemeenskaplike woorde bevat wat óf aan ander tale (bv. Latyn en Frans) ontleen is, soos garage of restaurant, óf uit die Germaanse voorgeskiedenis van beide tale afkomstig is, soos steak of Speaker."
:icon_biggrin: :bootyshake: Ek pleit natuurlik skuldig :icon_bigsmurf:
PM:
Hierdie onderwerp lê natuurlik baie na aan my hart, maar dit weet julle.
Raaitjie, ek glimlag vir die uitdrukking: die kwale van Afrikaans. Dit is die Engelse wolwe in die Afrikaanse vermomming . . . of is dit die Afrikaanse wolwe in die Engelse vermomming . . . nee ek weet nou nie so mooi nie. Wat sal ons hulle noem? Englikaanse of arige-engelse.
Vanoggend het ons 'n Engelssprekende vriend geluk gewens met sy verjaarsdag. Hy vertel toe dat hulle in Johannesburg is, hulle kyk agter die kleinkinders. Dit het my laat glimlag. Ek het ongelooflik baie respek vir Engelse persone wat probeer Afrikaans praat en vir hulle het ek baie deernis.
Ek self is gladnie so onskuldig as dit by die spreektaal kom nie, maar probeer my bes om die engelsegoggas dood te trap.
Meraai vannie Baai:
Ek giggel en lief jou 'arige-Engels'. Pardon die rangskikking van my woorde. Mater, ek dink ons ly almal aan die kwale van Afrikaans! :icon_bigsmurf:
Hierdie gedig is 'n sprekende voorbeeld (of is dit dalk eerder 'geskrewe voorbeeld') van ons Engelse wolwe in Afrikaanse skaapsklere-spreektaal dese dae :icon_biggrin:
Susarah kla
"Ekdink nie dis fair en square ..."
"Ja,Susarah,"vra Ma,
"en wat is dit wat dié keer pla?"
"Ekhet g'n -soos almal-'n au pair!"
"Dis hoekom ek tuis bly,Susarah."
"Ek dink Mamoet nou 'n regte job kry
en mindermet my en die molle stry.
Maar dis glad nie al wat pla ...
"Ek het ook g'n shauffeur wat my rondry
in 'n cute karretjie met 'n afslaankap.
Ek het nog nie in Parys of Milaan rondgestap
óf 'n outfit van Errol of Gert gekry.
"En hoekom is my naam Su-sa-rah
en nie Jacqui, Ruby of Shelainne?
My naam is lame, dit gee my 'n pyn,
ek gaan dadelik 'n nuwe ID vra!
"Ma weet, PG13 is so passé
en my baby fat maak my genuine stress,
ek móét net aansluit by Weigh-Less
en 'n sel mét kamera en internet kry!"
"Wat van die maan? Of Tom Cruise op Robbeneiland?
Jy kyk fliek, jy't Cell C en Bloubergstrand!
Wanneer sal Susarah ophou bla-bla kla?"
"Sjoe, Ma! Relax, Ma! Ek't maar net gevra!"
~Adri Troskie-Vivier
PM:
Jy is gepardon my sustertjie. Excused en vergewe. :angel12: Dit is net soos jy daar seg man, as iemand nie Engels verstaan nie is dit so goed soos Grieks. Ek sien die positiewe - 'n proefleser sal al die pad bank toe lag.
PM:
Ek het hierdie raakgelees en dink dit sal mooi aansluit by jou onderwerp Raaitjie.
So praat ons land en sand …
(Die Engelse lag vir ons:) – uit die pen van Cecilia Steinberg (2016)
Afrikaanse kinders verjaar nie meer nie
Maar het birthdays
Waar hulle cupcakes eet
Nie kolwyntjies nie
Hulle gly nie meer af van die klimraam se glyplank nie
Hulle slide – op die slide van die jungle gym
Hulle spring nie, maar jump
En swing in plaas van swaai
As iemand ‘n grappie maak is dit ‘n joke
Hulle glimlag nie – maar smile
Hulle eet nie meer springmielies nie,
Maar popcorn. Veral as hulle movies kyk.
Wie kyk dan nog stories?
Vir ontbyt is toast ‘n gunsteling
Niemand eet roosterbrood nie
Afrikaanse kinders speel nie meer by maats nie.
Daar word geplaydate
En gespeel met make-up
want wie dra dan grimering?
Hulle wil face paint hê soos superheroes
Nie gesigverf van superhelde nie
Dis craft
Nie kunsvlyt nie
Juffrou het ‘n stapler – nie ‘n krammasjientjie nie
En glitter is aan die orde van die dag
Definitief nie blinkertjies nie
In die kerk
Word daar testimony gewitness gejourney gechallenge geworship accountability gevra
Nie getuig gereis uitgedaag aanbid rekenskap van gegee nie.
Alles is awesome
Niks is asemrowend nie
Op kampus word daar vuisgeslaan oor Afrikaans
Sê een student
Actually
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
Go to full version