Digkuns > Diguitdaging
'n Gedig oor diere
PM:
Kom skryf 'n gedig oor diere. Enige dier. Afrikaans of Engels. Net so lank as wat jy wil. Enige struktuur. Kom speel saam. :hello2:
:wav:
adele:
klipplate se dassies
toegewaai deur dik lae stof,
skarrel spoortjies
kruis en dwars
al agter dassies aan
tot waar hulle verdwyn
agter klip en bos.
©adéle theron
Anton Louw:
'n Vark
is 'n vark
Meraai vannie Baai:
Pragtig Adele! Anton jou weergawe van 'n diere gedig het my lekker laat giggel en onwillekeurig aan Jan Verwey se vark laat dink:
Jan Verwey het ’n vark gekry,
Hy’s nie klein nie,
Hy’s nie groot nie
Hy’s lewendig
en nie dood nie
Hy snork en snork sê Jan Verwey
Hy’s die regte vark vir my.
adele:
giggellll mal oor Jan Verwey se varkstorie
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
Go to full version