Author Topic: Die vlakvark en sy dige  (Read 3743 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Die vlakvark en sy dige
« on: October 02, 2018, 12:55:20 PM »
Het jy geweet dat ‘n vlakvarksog soveel spene ontwikkel as wat sy kleintjies gaan hê?
Die vlakvark (Phacochoerus arikanus) is ‘n wilde wark wat in Afrika voorkom.  Die vlakvark het ‘n gemiddelde hoogte van 75 cm en weeg tussen 70 en 100 kg.  Vlakvarke het ‘n kenmerkende voorkoms met twee slagtande wat oor 40cm lank kan word.  Vratagtige uitgroeisels is sigbaar op die gesig.
Vlakvarke kan vinnig hardloop met ‘n snelheid tussen 30 en 50 km.  Wanneer hulle hardloop lyk die sterte soos antennas in die lug.
Die sog is drie maande dragtig waarna sy tot ses kleintjies kan baar.  Die kleintjies word normaalweg in November of Desember gebore.
Vlakvarke kan tot plus minus 20 jaar oud word. 
Die varke staan op hulle knieë wanneer hulle vreet.  Hulle baklei dikwels, met ‘n groot lawaai, oor kos en dan sien jy net stof trek.  Die rand van die neus is baie hard, want hulle dolwe die grond om daarmee vir bossies en wortels.
As jy nog feite het, deel dit asseblief met ons.

‘n Grapppie deur https://www.sapromo.com/vlakvark-en-die-leeu-grap/7103
Vlakvark kom by die 3 leeu welpies aan en sê vir hulle: “Vanaand Spyker ek julle ma!”
Met die wat die 3 welpies in trane uitbars as gevolg van die opmerking van Vlakvark, vang sy oog mamma Leeu wat oor die verte aangestorm kom.
Mamma Leeu kom by die welpies wat almal in trane is, vra : “Waaroor huil julle?”
Welpies vertel toe wat Vlakvark gesê het, en voor hulle kon klaar maak met die storie is mamma Leeu daar weg in een moerawiese stofwolk!
Nou kyk, Vlakvark lê daar naby sy gat en sien mamma Leeu wat aangestorm kom . . .
Vlakvark is eintlik ‘n slim bliksem, want kyk hy het ‘n “main entrance” en ‘n “emergency exit” by sy gat. Soos mamma Leeu aangestorm kom kry sy nie haar briek nie en donner kop eerste in die gat in!
Vlakvark klim uit by sy nooduitgang en stap om na mamma Leeu wat kop eerste in die gat vassit. Vlakvark klap haar so met sy linker poot op die gat en sê: “Mevrou ek’s miskien ‘n vark, maar ek lieg nie vir kinners nie.”

« Last Edit: October 02, 2018, 12:57:33 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die vlakvark en sy dige
« Reply #1 on: October 03, 2018, 01:48:10 AM »
Die feite en die grappie ewe veel geniet! Baie dankie vir deel matertjie. :bootyshake: :headbang: :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die vlakvark en sy dige
« Reply #2 on: October 05, 2018, 02:27:17 PM »
Dankie Raaitjie.  Ek wens net die ouens wil ophou om so te klets, hulle praat my ore van my kop af!   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.