Die quokka is soortgelyk in voorkoms as die van 'n wallaby of kangaroo, met kenmerkende kort bruin, growwe hare en 'n ligter borskant. Die liggaamsbou is stewig en die postuur effens inmekaargetrek en hulle het merkwaardige kort sterte.
Dit het 'n klein koppie met 'n donker streep op die voorkop, kort geronde ore en 'n haarlose neus. Die quokka het sterk agterbene ontwikkel wat dit moontlik maak om te hop, asook bome tot 1.5 meter hoog te kan klim. Dit is ongewoon in sy vermoë om te oorleef in 'n omgewing wat amper heeltemal sonder vars water is as gevolg van fassinerende voedings- en spysverteringskanale. Die Quokka is sy eienaardige naam gegee deur die Aboriginale mense wat in Wes-Australië woon, waar hierdie spesie vandag nog gevind kan word.
Quokkas oorleef op blare en gras, maar hulle kou nie eintlik hulle kos kou nie - hulle pluk net die plantegroei uit, steek dit in hulle monde en sluk heel in. Dit is nie 'n goeie manier om voedsel af te breek nie, en ook nie 'n doeltreffende manier om voedingstowwe daaruit te kry nie. So, quokkas het 'n unieke oplossing - hulle herkou soos 'n bees.
Hierdie diertjies is absoluut vreeslose wesentjies en is juis daarom kwesbaar teen roofdiere soos veral die dingo's. Baie mense vind hulle onweerstaanbaar maar moet nie probeer om van hulle troeteldiere te maak nie. Jy mag nie eers aan hulle raak nie! Daar is 'n $2 000 boete en vervolging indien jy uitgevang sou word dat jy aan 'n quokka raak.
Hulle is ook baie uitgeslape en het geleer dat mense hulle geniet en hulle gedy op die aandag, in die proses word hulle gevoer (verbode maar nou ja...)
Na 'n kort swangerskap van 4 weke, sal die mamma quokka geboorte gee aan 'n enkele jongeling wat bekend staan as 'n "joey" wat sy tot 30 weke in haar buidel dra en soog. Teen hierdie stadium het die 'joey' te groot geword vir die buidel maar sal nog steeds 8 tot 10 weke lank aan die mamma drink, volwassenheid word bereik op ongeveer een jaar oud en 'n quokka leef gemiddeld tot 5 jaar.
Perhaps the most disturbing of our quokka facts has to do with their maternal instincts. ... of their pouches and throw them on the ground, where they'll squeal. The sound attracts the predators, who then eat the babies, giving the mothers time to get away.BRONNE:
https://www.arkive.org/quokka/setonix-brachyurus/http://facts.net/quokka/