Die Biblioteek > Diere en hulle dinge

Diere en hulle dinge.

(1/1)

PM:
Ek sal dit waardeer as julle 'n bietjie help en foto's en inligting van diere of vogels in julle area hier kom  plaas.

Raaitjie, julle het die mooiste vogels en dit sal wonderlik wees as jy dit met ons deel. 

Begin 'n nuwe onderwerp asseblief. 


Meraai vannie Baai:
Ek sukkel my alie af met die laai van fotos PM. Het gister probeer en die wieletjie steek vas op 90% afgelaai sniksnik. Die kookaburra's het hulle baba kom leer bad/visvang in ons watergaatjie. Ek het net Outop se pilletjie (tablet) by my gehad en moes wegkruip om hulle af te neem. Dit was sooooooo kosbaar. Kleinding amper homself versuip hahahhaha maar hy het gebad. Of hy 'n vissie kon aas weet ek nie. Gee ook nie om nie. Die groot wit visdief het in alle gevalle alreeds 28 van my goudvisse in sy pens. Ek het al moordgedagtes diekant van die aardbol.

PM:
Ek is so jammer.  Sal jy later weer probeer?  Hier by ons was dit langnaweek en Gerhard verjaar die 25ste, so, ons het 'n geweldige besige naweek agter die rug.  Ons kry nog mense die naweek en ek is al raadop met die spyskaart. 

Meraai vannie Baai:
Ek het toe gelaai gekry einde ten laaste PM.

http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=4382.0

Navigation

[0] Message Index

Go to full version