Die Biblioteek > Kampstories

Tietiesbaai

(1/4) > >>

Anton Louw:
"As jy my vrou vra wat is haar gunsteling kampplek kan jy net een antwoord verwag:  Tietiesbaai!"


Meraai vannie Baai:
Trippel WOW!!! Ek stem saam, kamp is koning en as dit nog gedeel word met woord en beeld straal die oumens van oor tot toon
 :headbang: :hello2: :icon_salut: :`ip2:

PM:
Ek het nou heerlik saamgekuier op Tietiesbaai.  Dit is voorwaar 'n juweel van die Weskus.
Ons het in Paternoster gekuier toe daar nog net kleurlinghuisies en visvangerskuite op die strand was.  Die hotel en die winkeltjie "oep vir koep". 
Die Weskus roep my altyd.  Hoe verlang ek nou! 

Dankie vir die deel Anton.  Baie dankie. 
Was julle al by Tsitsikamma?

Assie:
Ek onthou vir Tietiesbaai. Het een keer saam met Oom Naas daar gekamp. Dit was laaank terug. Ek dink die dooie see was daai tyd nog kretiek in die hospitaal.
Ek onthou die kreef. Dit was springgety die Saterdag oggend. Die water het so ver teruggetrek dat selfs ek, wat nie kan swem nie, op die rotse kon le en kreef uithaal met net my g-string en 'n duikbril aan.
Op die wal het 'n paar vissermanne oop bek gesit. Ek dink hulle het gewonder waar die water heen verdwyn het.

 :mumum:

Meraai vannie Baai:
Verstik ek amper myself die dooie see in Assie  :toothy4: Glo nie hulle het na die water gekyk nie  :icon_biggrin:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version