Author Topic: Wat is bipolêre versteuring?  (Read 6255 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Elizabeth Kungl

  • Moderator
  • Suigeling
  • Posts: 9
  • Passievol Afrikaans!
Wat is bipolêre versteuring?
« on: September 21, 2018, 11:18:21 AM »
Meeste mense het al van bipolêr gehoor en selfs mense wat iemand ken wat bipolêr is, verstaan dit nie.
Alle mense ervaar gemoedskommelinge of veranderinge in hul gemoedstoestand. Dit is normaal en deel van menswees. Soms is ‘n mens byvoorbeeld ekstaties gelukkig, en dan is daar ook tye in die meeste mense se lewe wat hulle baie donker en “af” kan voel.
Die verskil is egter dat die persoon wat aan bipolêre versteuring ly, uitgelewer is aan chemiese skommelinge wat baie meer intensief as die gemiddelde persoon s’n is. Die simptome kan soms so intensief raak dat die persoon met bipolêre versteuring selfs kontak met die werklikheid kan verloor. Die gemoedswisselinge kan dramaties en skielik plaasvind, in ander gevalle vind 'n geleidelike oorgang plaas. Daar is geen duidelike patroon in gemoedswisselinge nie, daarom kan dit jare neem om iemand korrek te diagnoseer.

Is dit 'n moderene siekte?
Nee dit is nie 'n moderene siekte nie, dis net 'n moderene naam vir manies-depressief.
Die woord bipolêr beteken twee pole, (soos die Noord pool en Suid pool), in die geestesiekte is die een pool manies en die ander een depressief.
Mense soos: Michelangelo, Leonardo da Vinci, Van Gogh en meer onlangs Robin Williams was manies-depressief (bipolêr). Dis is nog baie, te veel om op te noem. Vandag deur middel van die media hoor mens net meer van die siektetoestand, ook is die stigma wat daaraan gekleef het nie meer so erg vandag nie en mense praat meer openlik daaroor.

Volgende keer sal ek meer hieroor uitbrei.
EK
« Last Edit: September 21, 2018, 02:24:29 PM by PM »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat is bipolêre versteuring?
« Reply #1 on: September 21, 2018, 11:38:02 AM »
Baie dankie Elizabeth.  Ek glo jy sal nog baie inligting forum toe bring.  Ek reken dat daar nog baie mense is wat totaal oningelig is oor hierdie versteuring. 
« Last Edit: September 21, 2018, 02:23:41 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wat is bipolêre versteuring?
« Reply #2 on: September 21, 2018, 01:30:14 PM »
Geen kennis hoegenaamd van hierdie versteuring nie.
« Last Edit: September 21, 2018, 02:22:48 PM by PM »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat is bipolêre versteuring?
« Reply #3 on: September 21, 2018, 02:26:05 PM »
Ek sit net hier en wag vir nog inligting. 
Om te weet is om te verstaan.