• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

As 'n regering siek is...

Started by Meraai vannie Baai, August 31, 2018, 04:23:37 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai



*geskep uit 'n kunswerk van ons oudste seun Adriaan Lock na aanleiding van 'n kommentaar deur Mariana van Zyl op 'n FB artikel oor grondbesetting. As jou regering terminaal siek is, ly die hele land daar onder. Ons kan net magteloos toekyk.

Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

#2
Dankie vir waardering en inloer Naas.  Daar is 'n baie insiggewende plasing wat ek vandag op FB gedeel het. Ongelukkig dink 'n groot deel van die wereld nog steeds dat die barbaarse optredes nie werklik plaas vind nie of nog erger dat ons as blankes dit verdien.

Verkragting, verminking, vermoor is aan die orde van die dag en die cANCer regering in Suid Afrika ontken dat dit gemik is teen die blankes terwyl slagspreuke in die lug gehou word: Kill all whites! Die wereld verwag dat ons moet swyg en verduur. Die blanke volk is so bang om selfs kommentaar te lewer op berigte oor die gruwelike wandade wat gedeel word uit vrees vir vervolging.

https://www.facebook.com/ExperienceMattersCRTV/videos/291339844930591/UzpfSTYzMjE5NTIyMToxMDE1NTcxNzEyMTkxNTIyMg/

adele

Vanoggend wil ek iets hier deel, nee net 'n koppie koffie in stilte skink en julle saam nooi ... om stil te raak voor ons Vader oor hierdie siek wêreld. Om hande te vat en - sonder woorde, want ons is stom - te bid. Ja, om die woordgedeelte oor te laat aan die Heilige Gees wat beter weet as ons, om namens ons in te tree by God. Maar ''siek'' kry 'n nuwe betekenis in hierdie wêreld van aanvalle en wreedheid.
op ons wit mense, wat soos Raaitjie gesê het, ander dink ons dit ''verdien'' maar vanoggend wil ek 'n swart vrou se storie deel....
verlede week is 'n man en sy vrou en seun, eienaars van 'n troppie beeste daar buite die lokasie, wreed aangerand! hulle het vroeër die dag van die beeste verkoop. Daardie aand het paar jong mans hulle voordeur oopgebreek, die pa aangerand en die seun byna doodgeslaan en weggekom met hul kontant van R11 000 (Wat hul gekry het vir die diere) en die pensioengeld van die twee ou mense.
Die vrou wat my hiervan vertel, sluit af met ''Ek bly saam met my 4 kleinkinders (tussen 5 en 12 jaar oud) en ons skuif elke aand, voor die son sak, 'n baie swaar kas en tafel teen die voordeur, want hulle kom sommer in en maak dood en rape die meisiekinders. Nooi, hoekom kan dit nie meer wees soos in die ou tyd nie?" vra sy my. EK sluk aan die knop in my keel, het nie woorde om haar te antwoord nie.
adéle  :grommit:

Assie

Aristocracy is die latynse woord vir goeie regering en hooglui.
Die teenoorgestelde van aristocracy is kakistocracy. Dis waar ons lelike dubbel k middel a woord sy oorsprong het.
Ons regering wat huidiglik alles in die grond in regeer kan dus as 'n kakistocracy beskou word.

:mumum:

Meraai vannie Baai

#5
Ek lag met 'n snik en 'n traan. Ons pragtige gewese land is in sy moer en jy slaan die spyker op sy kop Assie! Lief Adele, ek huil na binne en buite as ek lees wat aangaan  :crybaby2:

PM

Dit is 'n feit dat hierdie barbare niemand ontsien nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Stofdom se ek julle. Stofdom en Satangskelm.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Stofom en satangskelm inderdaad Naas. Wraggentagtag.   :notworthy: :icon_salut: