Author Topic: Geselsverse (Praatpoësie)  (Read 14813 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Geselsverse (Praatpoësie)
« Reply #15 on: July 22, 2020, 11:43:11 AM »
Ek tel my lief vrinne.  Ek tel.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Geselsverse (Praatpoësie)
« Reply #16 on: October 19, 2021, 12:24:50 AM »
Ek tel saam PM  :love7: waar anders kry jy hierdie soort liefde, ondersteuning en omgee tussen maters se lyne? Adele jou kommentaar is een van die kosbaarste wat die woorddief nóg in versvorm ook bewaar het:

Wat 'n voorreg, dink ek weer
wanneer iemand met respek
in haar wese ingevleg jou help en leer,
jou woorde waardeer, saam met jou kan lag
en jou toelaat om saam met haar te huil,
 
haar asempies soms te kort
soos wat jou arms te kort raak
vir ordentlik siene in die noteboek
waar die lewe se emosies opgeteken is
en die orrelstoeltjie al hoe verder
agtertoe geskuif moet word,

en wanneer jou vingers nie meer
die note kan bykom nie,
 jy 'n artsie moet gaan sien
(al kan die oge dan reeds nie meer sien)
vir van daai glasies wat jou weer
nader kan laat sien,
 
ja so is haar asempie te kort,
moet sy ook 'n artsie gereeld gaan sien
om (soos glasies) iets te kry
om beter te kan asem,

ja vir haar wil ek dankies pluk in my roostuin
en in 'n boksie pak en dit oor die water sein
want dankies het nie kleur of geur (wat sleg is vir asem)
maar is vol emosie van waardering
vir hulp en ondersteuning oor baie jare reeds
in ons onthou-mandjies ingepak.

© adele

 :love7: :notworthy:
« Last Edit: October 19, 2021, 12:43:18 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Geselsverse (Praatpoësie)
« Reply #17 on: October 19, 2021, 01:36:49 AM »
Net hier Raaitjie, net hier my dier.   :icon_salut:


Ek het eintlik net gou iets kom sê, maar betrap myself spoeglekker (lippe-aflek-lekker) sit en lees.
Skuus dat ek dit weer sê Raaitjie, maar ek moet net:  Jou gawe om praatverse agtermekaar te kry is 'n groot gawe.
Ek het nou Adele se skrywe (en al die ander verse) met oorgawe weer geniet.

Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Geselsverse (Praatpoësie)
« Reply #18 on: October 19, 2021, 02:25:05 AM »
Hoekom ek dit soms doen, is een van die vrae wat die woorddief deesdae teister PM. Verslaaf aan woorde en die drang om ons alledaagse skryftaal te bewaar, prop ek ander se unieke kommentare agter tralies in versvorm en voel dit is nou veilig bewaar.  :icon_bigsmurf: Ek het letterlik jare gemors in die verlede by Woes met die bewaring van julle kosbare woordskeppingse in aparte vorm en danksy jou kon ons 'n handjievol herwin en weer uitstal.

Ek het eintlik net gou iets kom sê, maar betrap myself spoeglekker (lippe-aflek-lekker) sit en lees.
 :notworthy: :icon_salut:
« Last Edit: October 19, 2021, 02:26:44 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Geselsverse (Praatpoësie)
« Reply #19 on: October 19, 2021, 02:28:34 AM »
Dit is beslis jou liefde vir kuns en vir ons mooi taal.  Koester dit Raaitjie.  Sonder dit sal hierdie forum baie baie arm wees. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Geselsverse (Praatpoësie)
« Reply #20 on: October 19, 2021, 03:23:33 AM »
Dink ek sal armer wees PM want dan het Naas se humoristiese ontboeseming nie hier ook kom pronk nie  :headbang:

Ek moet my lelike geraamte
goed pleister om dit mooi te hou.
Die reine waarheid is dat die vroumense
my soveel probleme gegee het toe ek
nog 'n sixpack en stywe boude gehad het
dat ek nou maar die sixpack verbloem
met 'n papsak, kraantjie en al,
en die boude in 'n winkelsak dra.
Ek doen dit onder dwang
ter wille van my huwelik.

© Naas
« Last Edit: October 19, 2021, 03:25:31 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Geselsverse (Praatpoësie)
« Reply #21 on: October 19, 2021, 10:42:41 AM »
Doet so voort matertjie.  Ek geniet jou aandeel. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Geselsverse (Praatpoësie)
« Reply #22 on: November 04, 2021, 12:01:53 AM »
alles kort nie n bak hand nie...

Die wat die oorsaak van al die ellende is,
is die wat bakhand by 'n robot staan
terwyl jy hom 'n randjie of 'n eetdingetjie gee,
bewerk hy die draai-rigting van die dolk in jou rug.
Die kyke deesdae na die lotery hier by ons,
die kyke uit die oog van die moordenaar,
die verwoester, die een wat hom die reg los gedans het
by 'n opstoker en propaganda byeenkoms,
dis hy met sy kyke, wat die vuurhoutjie trek.
Vra ek op my kniee asseblief vergewe my,
dan sien ek die vlamme en voel die hitte teen my wange gloei...

© Antjie Patat

« Last Edit: November 04, 2021, 12:11:02 AM by Meraai vannie Baai »