Ek tel saam PM
waar anders kry jy hierdie soort liefde, ondersteuning en omgee tussen maters se lyne? Adele jou kommentaar is een van die kosbaarste wat die woorddief nóg in versvorm ook bewaar het:
Wat 'n voorreg, dink ek weer
wanneer iemand met respek
in haar wese ingevleg jou help en leer,
jou woorde waardeer, saam met jou kan lag
en jou toelaat om saam met haar te huil,
haar asempies soms te kort
soos wat jou arms te kort raak
vir ordentlik siene in die noteboek
waar die lewe se emosies opgeteken is
en die orrelstoeltjie al hoe verder
agtertoe geskuif moet word,
en wanneer jou vingers nie meer
die note kan bykom nie,
jy 'n artsie moet gaan sien
(al kan die oge dan reeds nie meer sien)
vir van daai glasies wat jou weer
nader kan laat sien,
ja so is haar asempie te kort,
moet sy ook 'n artsie gereeld gaan sien
om (soos glasies) iets te kry
om beter te kan asem,
ja vir haar wil ek dankies pluk in my roostuin
en in 'n boksie pak en dit oor die water sein
want dankies het nie kleur of geur (wat sleg is vir asem)
maar is vol emosie van waardering
vir hulp en ondersteuning oor baie jare reeds
in ons onthou-mandjies ingepak.
© adele