Author Topic: Biekôs she wrote about de wrong subject  (Read 5700 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Biekôs she wrote about de wrong subject
« Reply #15 on: October 17, 2021, 10:48:12 AM »
Dis waar Assie. Alhoewel hy nooit sou weet nie.
Juffrou DuToit het darem die kindertjies vir wie ek klas gegee het 'n guns gedoen.
Enigste wat nul gekry het was die wat soos Oom Naas verkies het om niks in te gee nie.
Ek het die take gerangskik van slegste na die beste. Die slegste een het nooit minder as slaagsyfer plus 5% gekry nie en die beste het so na as moontlik aan 100% gekry.
Aan die einde van die jaar, as iemand punte nodig het om my vak deur te kom het ek na sy taak gegaan en die punte daar bygevoeg.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Biekôs she wrote about de wrong subject
« Reply #16 on: October 17, 2021, 11:15:58 AM »
Ek sluk, en ek sluk. Dit is onnies soos jy wat ouens soos ek, daarin laat slaag het om duskant 70 nog die onuitblusbare smagting na kennis het, al vat dit alles en 'n biekie om te onhou wat ek nou net geleer het Naas. Lig my hoed. Knak my knieg.
 :love7: :notworthy:
« Last Edit: October 17, 2021, 11:19:25 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Biekôs she wrote about de wrong subject
« Reply #17 on: October 18, 2021, 02:36:11 PM »
"Miss Masiepa: “No, not det kind of beds – bêds det FLAAI.” (birds)"

Ek het my slap gelag deur al die inskrywings.
Weet julle, jy kan in geen ander taal, verwoord wat ons so blindelings direk vertaal, en nog met skrif en taal en spelling kan aanwend, sodat elke een wat dit lees, presies weet wat aangaan.?? Het julle dit geweet?
Probeer nou dieselfde verhale in engels of enige ander taal oververtel?


En ons leef elke dag hiermee, ons is net so gewoond daaraan dat ons nie eers agterkom nie.


Ek kan my ure besig hou met hieride tipe ...hoekom?  Biekos whee understand de langwitch upside down and saaidways and rite about iet in manners ounlie us will understand!


Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Biekôs she wrote about de wrong subject
« Reply #18 on: October 18, 2021, 03:44:02 PM »
Dis sooo waar Ta Antjie.

 :mumum:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Biekôs she wrote about de wrong subject
« Reply #19 on: October 18, 2021, 04:47:30 PM »
  :coffee2: Soos die tannie wat van AWA ka doe praat ipv advokado.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Biekôs she wrote about de wrong subject
« Reply #20 on: October 18, 2021, 11:51:51 PM »
 :toothy4: Ek lag myself gereeld kreupel in die forumgang en het nog nooit die behoefte gehad om enige anti-dit of anti-dat te sluk nie. Die forum het die beste doepa. Erken weer blosende, die ouvrou is woordverslaaf en sluip soms selfs skelm weg na die forum toe. Hoekom? Antjie Patat het die antwoord:

Biekos whee understand de langwitch upside down and saaidways and rite about iet in manners ounlie us will understand!

 :bootyshake: :love7: :hello2: :headbang:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Biekôs she wrote about de wrong subject
« Reply #21 on: October 19, 2021, 01:13:14 AM »
Kostelik!  As dit nie vir ons sin vir humor was nie sou ons lankal die emmer geskop het.  Miss Masiepa is een e van 'n vloekwoord af. 
Om te weet is om te verstaan.