Die kuierstoep > Bekgeveg

Keffer

<< < (2/6) > >>

PM:
NOU  weet ek wat ek sal doen as ek die lotto wen. 

Naas:
Herinner my aan my man wat in grooooot moeilikheid gekom het:  omdat hy in 'n gemengde Afr/Eng klas in Geografie van 'verskaffers' gepraat het by primêre en sekondêre nywerhede.  Dit het kort duskant die hof gedraai.
Ek dink nie mense verstaan hoe blootgestel 'n blanke onderwyser/dosent in die klas is nie. Jy loop nie net op eiers nie... Net een verkeerde opmerking, net een ondeurdenkte woord en jy is by afdank se stoep. En as een leerder/student eers dit in sy kop kry dat jy hom/haar te na gekom het staan al die ander agter hom/haar en sal hulle openlik lieg en bedrieg om dit so erg as moontlik te laat klink. Dit is ALTYD jou woord teen die klas s'n.
Onderrig en lewenslesse is daarmee heen want jy moet te alle tye net by jou lesplan hou. Jy kan nie eers meer vrae vra om kennis te toets nie dan tas jy hulle regte en menswaardigheid aan.


 :icon_bigsmurf:

PM:
Hartseer verby. 

Anastasia:
Jy is so reg, Naas.  Wreed was my ontnugtering.  Ek was uit die onderwys vanaf 2002 tot weer 2009.  En toe weer vanaf 2011 heeltemal uit sirkulasie, wat nog te praat van onderwys.  Toe ek die jaar weer 'n pos by 'n klein skooltjie kry, het ek so opgewonde gewees, ek het soos 'n rock ster gevoel wat 'n reunie konsert gaan hou.  Dit het presies 6 weke geduur.  Onderwys is nou 'n onherkenbare beroep.  En ek was seker DIE mees passievolle onnie

Trapsoetjie:
O Jinne, en Samantha gaan volgende jaar haar studies begin. Sy gaan die klein kindertjies help om nie so moeilik te wees as hulle by julle klasse kom nie.   :icon_scratch:
:laughing4:

 :angel12:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version