Algemene sake > Hoe werk die program?

Hoeveel lesers is aanlyn?

<< < (2/4) > >>

Anastasia:
Naas, ek is op 'n stadium in my lewe dat so min mense van my hou, ek gaan maar eerder veras word.  Daar is te min moontlike kisdraers!  En kyk hoe gee ek glad nie om nie!  Ha ha  :pottytrain2:

Naas:
Hulle moet my as op die winkelsentrum se dak gooi dan weet ek te minste my familie kom kuier een keer n maand by my.




 :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
Hahahahaha, ek soek 'n mandjie-prentjie  :book1: :notworthy: :`ip2:

Naas:
My buurman se hond blaf nou weer vannag in my slaap. As ek Gatkantland toe trek sal dit wees om van die hond af weg te kom.
Ek besef deesdae dat ek op my lekkerste slaap wanneer ek bestuur. Dis hoekom ek niks slaap meer kry nie. in die nag blaf die hond vir die springbokspan en as ek bestuur moet ek wakker bly om die stukkies teer tussen die slaggate te vermy. Mens kan net nie wen nie.



 :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
Hahahaha, nou-nou net gelees wat PM geskryf het oor die toestand van paaie en nou sien ek hoe dit jou wakker hou agter die stuur Naas. Hier by ons ry die ouens hulle eie paaie weerskante van die teerslangetjie uit. Tussen klein dorpies het ons 'deelpaaie'. Jy moet links hou en aankomende verkeer hou regs terwyl elkeen darem een voorwiel en een agterwiel op stukkie teer kan hou AS daar nie 'n monster van vooraf aankom en 'n paaltjie of twee jou in jou vierwielspore stop nie.





Soms is daar so ekstra hupstootjie nodig vir die uwe om die bult uit te kom lol.
Swaerie sleep die geleende asems en Sussa stoot van agter.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version