Die Klaskamer > Taalhulp

Is Afrikaans 'n nice taal?

(1/3) > >>

Anton Louw:
Ek kom klop nou maar hier aan om opinies en moontlik ook hulp te vra.   Ook maar 'n jong lat wat nie baie lus was vir voornaam woorde en byvoegsels en afrikaans op skool nie, het ek later my verdere studies in Engels gedoen (bietjie grieks ook geleer).  Daarna vir 15 jaar internationaal gewerk waar alle kommunikasie en voorleggings altyd in Engels voorberei was.

Dit was eers 7 jaar gelede toe ek my vroulief ontmoet het, boeremeisie van Warmbad, toe ek weer begin het om Afrikaanse kultuur in my bloed in te pomp, sommer musiek ook!  :color:

Inelkgeval, nou met die onstaan van kampforum.co.za waar ek die rol moet vervul van hoof redakteur en skrywer van artikels en nuusbriewe , :sign10:   het 'n nuwe episode en uitdaging in my lewe begin, en gedurendfe die laaste 18 maande het my afrikaanse woordeskat en skrywe weer begin lewe kry.

Kom tot 'n punt :dontknow:-  Met die alledaagse skrywe op die kampforum, skryf ek sommer maar soos ek dit laaik.  As iets nice is dan noem ek dit nice, en as die Afrikaanse woord my verbygaan of nog in std. 8 vassteek, dan gooi ek sommer 'n Ingelse ene in "hakkies" tussen in.   Bring nou my kaapse agtergrond in die mix in en dan kan jy 'n hele mengelmoes van woorde en tale in een sin kry!

Is ek besig om my taal skade aan te doen en moet ek daarna streef om idees en opinies in 'n meer "suiwer" afrikaanse form neer te skryf?
Ek meen, deesdae met die internet en al die nuwe tegnologiese woorde is 'n mens seker nie altyd bewus van hoe om 'n ding te skryf nie en dan val ons maar gemaklik terug op "onsuiwer" woorde?

Ek kom deel dit hier en vra opinies en moontlik raad ook. Hoe moet ek hierdie uitdaging aanpak?

Naas:
Ek persoonlik gebruik ook nou en dan 'n ingels woord wanneer ek praat. My werkstaal is ingels.
Ek voel egter wanneer ek skryf het ek genoeg tyd om die regte Afrikaanse woorde en terminologie te gebruik. Daarom probeer ek my skryftaal suiwer hou.
Ek het egter heeltemal 'n broertjie dood aan veral die manier waarop afrikaanse kunstenaars ons taal vermoor.

Meraai vannie Baai:
Baie welkom! Ek moet blosend erken dat daar by my ook 'n lui woord of twee deurglip  :icon_bigsmurf: maar ek het soos Naas, ook 'n broertjie-dood aan die nuwe neiging om te maak soos jy smaak met ons mooie taal. Reeds 18 jaar omring met Engels span ek die taal-osse soms agterstevoor in, geen verskoning - ek weet  :icon_biggrin:

Anton Louw:
Ek het nou regtig gehoop ek gaan hier ook so 'n bietjie raad kry oor hoe om my Afrikaans te verbeter en meer "aantreklik" te maak vir die moderne afrikaans sprekendes?     Wat sal die beste metodes wees?

PS.  bestaan daar 'n woord soos "eerbaarlik"?  soek die internet maar kry niks nie.   Ek glo dit kan 'n nuwe woord wees? (-:

Naas:
Ek kan eerbaarlik nie se dat ek al van so 'n woord gehoor het nie maar in die regte sin kan dit nogal 'n openbaring wees.
Glo my, jou taal gaan verbeter op hierdie forum maar dit gaan nie opslag gebeur nie. Jy sal ongelukkig gereeld moet lees en deelneem aan die besprekings en woerts warts, voor jy weet is jou gebruik van die taal weer mooi blink gepoets.


 :icon_bigsmurf:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version