Die kuierstoep > Die Gorrel plek

Foefenjol

<< < (2/3) > >>

Naas:
Ek is doodseker daarvan dat daai ingelsman wat foefenjol so ernstig en diep verduidelik verstaan nie mooi Afrikaans nie. Ek dink sy intuisie het hom so in sy eensaamheid in die steek gelaat dat hy skoon met sy foefenjolletjie gedink het.

Soos Assie se Oupa tereg sou se: "Hy is so toe, as hy poep blaas sy sokkies op." miskien moet ons meer ordentlik wees en se 'as hy deur sy foefenjol uitasem blaas sy sokkies op'



 :icon_bigsmurf:

Anastasia:
Lag ek nou dat dit soos 'n treinsinjaal klink!  Laat my dink aan die ou wat 'n merske hakneus het.  Hy het swaar gesterwe:  elke keer as hy sy laaste asem uitblaas, blaas dit nuwe lewe by die mond in!  Galgehumor, ek weet!  Maar jy en jou sokkies!  Weereens, ek sien die movie daarvan en dis vreksnaaks!

Meraai vannie Baai:
Ek kuier vanaand eers weer hier tussen die treinsinjaal-skaterlagte en hakneuse. Met my oordosis lagpilletjies gesluk, is ek reg vir die uitdagings wat die nag bring. Lief julle!!

PM:
Hoop jy slaap 'n bars hou Raaitjie.  Ek lag altyd weer en weer en geniet die pret. 

Assie:
Ons voormalige staatsleier met die broodkop se verstand en persoonlikheid het in sy foefenjol gesit.

  :mumum:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version